S v Motshwaedi (539/1993) [1994] ZASCA 171 (24 November 1994)


Saak nr 539/93

/MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SMDAFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI APPELLANT

-en-

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. VERHOOR: 22 NOVEMBER 1994.

GELEWER: 24 NOVEMBER 1994.

UITSPRAAK

VIVIER AR/

2

VIVIER AR:

Die appellant is in die Westelike Rondgaande Plaaslike Afdeling deur Van der Merwe R en assessore aan twee aanklagte van moord (aanklagte 1 en 2) en een aanklag van verkragting (aanklag 3) skuldig bevind. Op 'n verdere aanklag van verkragting (aanklag 4) is hy onskuldig bevind en op 'n aanklag van roof (aanklag 5) is hy aan diefstal skuldig bevind. Op elk van aanklagte 1 en 2 is hy die doodstraf opgelê en op aanklagte 3 en 5 is hy tot onderskeidelik vyftien jaar en twee jaar gevangenisstraf gevonnis. Ingevolge art 316 A van Wet 51 van 1977 appelleer hy teen sy skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 1 en 2. Daar is geen appèl teen enige van die ander skuldigbevindings of vonnisse nie.

Die oorledene in aanklag 2 was die 45-jarige Margaret Voyiatzis ("Voyiatzis") wat in Buffeldoringlaan, Rustenburg,

3

gewoon het. Die oorledene in aanklag 1, die 55-jarige Monica Mogopodi ("Mogopodi"), was Voyiatzis se huishulp. Die appellant was Voyiatzis se tuinier.

Die staatsaak was dat om ongeveer twaalfuur Woensdagoggend 14 Oktober 1992 die appellant vir Mogopodi in haar werkgeefster se huis aangeval, verkrag en daama doodgemaak het deur haar met 'n koord wat hy met 'n stuk yster om haar nek vasgedraai het, te verwurg. Daama het die appellant doodluiters met sy tuinwerk aangegaan totdat Voyiatzis kort na eenuur die middag van haar werk by haar huis aangekom het. Hy het haar gevolg toe sy by die huis ingaan en haar oorrompel en daarna doodgemaak deur 'n koord styf om haar nek met 'n snoeiskêr vas te draai, Hy het daama kontant en 'n vuurwapen uit Voyiatzis se drasak geneem en die huis verlaat. Hy is drie dae later gearresteer.

Die appellant se verweer by die verhoor was dat, alhoewel

4

hy vanaf sewe-uur die betrokke oggend in Voyiatzis se tuin en ook binne haar huis gewerk het, hy niks van die misdade af weet nie en ook niks verdags gehoor het nie. Sy getuienis was dat toe sy werkgeefster om ongeveer kwart oor een die middag van die werk af kom, sy hom sy loon vir die dag betaal het en dat hy daarna huis toe is.

Die staatsaak teen die appellant berus op omstandigheidsgetuienis sowel as 'n bekentenis wat hy die dag van sy arrestasie aan 'n landdros gemaak het. Mev Venter, wat op die aangrensende erf woon, het getuig dat sy om ongeveer twaalfuur die oggend by haar swembad was toe sy iemand vanuit Voyiatzis se huis hoor skree. Tussen eenuur en haiftwee die middag het Voyiatzis in haar motor by haar huis aangekom en mev Venter het gehoor dat sy drie keer na haar bediende roep en dat sy 'n bietjie later op 'n verbaasde wyse uitroep. Volgens mev Venter het sy

5

gedurende die betrokke oggend en ook nadat sy Voyiatzis se verbaasde uitroep gehoor het, 'n arbeider, klaarblyklik die appellant, in Voyiatzis se tuin gesien werk. Die verhoorhof het mev Venter se getuienis aanvaar en daar is nie voor ons betoog dat die verhoorhof in hierdie opsig fouteer het nie. Mev Venter se getuienis van die skreegeluid wat sy om ongeveer twaalfuur gehoor het, werp sterk twyfel op die appellant se getuienis dat hy dit nie gehoor het nie, en haar getuienis dat sy die tuinier in die tuin gesien het nadat sy Voyiatzis op 'n verbaasde wyse hoor uitroep het, is onversoenbaar met die appellant se getuienis dat hy sy loon betaal is en huis toe is nog voordat Voyiatzis haar huis binnegegaan het. Die ander omstandigheidsgetuienis wat deur die staat aangevoer is, het na my mening geen bewyswaarde nie. Eerstens is by 'n forensiese ondersoek van die hemp wat die appellant die betrokke dag aangehad het, blanke hoofhare gevind wat

6

ooreengekom het met 'n hoofhaarmonster van Voyiatzis. In die afwesigheid van enige ander getuienis wat daarop dui dat die hoofhare wat op die appellant se hemp gevind is, wel dié van Voyiatzis is, regverdig hierdie getuienis geen afleiding teen die appellant nie. Dieselfde geld vir die getuienis dat 'n wit hempsknoop met 'n stukkie garing daarin deur die polisie op die mat van die een slaapkamer gevind is waar daar duidelike tekens van 'n worsteling was. Toe die polisie op die appellant se hemp beslag lê, was daar twee knope weg. Forensiese toetse het getoon dat die knoop en garing wat op die mat opgetel is, dieselfde oorsprong as dié op die appellant se hemp kan hê. Derdens was daar getuienis dat 'n vingerafdruk van die appellant op die deurkosyn van die hoofslaapkamer se badkamer gevind is. Mev Van Vuuren, Voyiatzis se werknemer vir wie die appellant sommige dae van die week gewerk het, het wel getuig dat die appellant slegs in die tuin

7

gewerk het en geen reg gehad het om in die huis in te gaan nie, maar dit was nie duidelik waarop sy hierdie síelling gegrond het nie. Haar getuienis is na my mening onvoldoende om die redelike moontlikheid uit te skakel dat die appellant in die loop van sy werksaamhede wel in die huis gekom het. Laastens, in hierdie verband, is die feit dat die appellant nie die dag na die moorde na sy werk teruggekeer het nie, onvoldoende om 'n nadelige afleiding teen hom te regverdig.

Die appellant se bekentenis is na 'n binneverhoor toegelaat en die Hof a quo sê in sy uitspraak hieromtrent dat selfs indien die bewyslas om die toelaatbaarheid daarvan te bewys op die staat sou gerus het, hy sou bevind het dat die staat hom van daardie bewyslas gekwyt het. Die appellant het by die binneverhoor aangevoer dat na sy arrestasie in die vroeë oggendure van 17 Oktober 1992 en totdat hy later daardie dag die bekentenis afgelê

8

het, hy deur die polisie aangerand, gedreig en voorgesê is wat hy aan die landdros moet sê. Alles wat in die bekentenis staan, is of aan hom voorgesê deur die polisie of het die landdros self van die polisie gekry. Die Hof a quo het die getuienis wat die appellant by die binneverhoor afgelê het, verwerp en daar is niks voor ons aangevoer wat inmenging met hierdie bevinding sou regverdig nie.

In die bekentenis vertel die appellant in besonderhede hoe hy die moorde gepleeg het. Volledigheidshalwe noem ek dat hy nie erken dat hy vir Voyiatzis verkrag het nie, en hy is tereg op hierdie aanklag (aanklag 4) onskuldig bevind. In die lig van sy bekentenis dat hy die moorde gepleeg het en die getuienis van mev Venter wat hom op die toneel plaas, is hy tereg skuldig bevind en die appèl teen die skuldigbevindings kan nie slaag nie.

Dit laat die appèl teen die doodvonnis wat op elk van die twee moordaanklagte opgelê is. Die appellant was 33 jaar oud ten

9

tyde van die pleging van die misdade. Hy is die vader van twee minderjarige kinders. Hy is ongeletterd en het swaar grootgeword as een van elf kinders. Die appellant het verskeie vorige veroordelings vir geweldsmisdade: twee vir verkragting, een vir poging tot verkragting en een vir roof. Hy is klaarblyklik 'n geharde misdadiger en 'n gevaar vir die samelewing.

Soos die Verhoorhof kan ek geen strafversagtende faktore vind nie. Strafverswarende faktore is daar baie. Die appellant se optrede was voorbedag, berekend en koelbloedig. Die moorde is met die direkte opset om te dood gepleeg, en was genadeloos en wreedaardig. Verder is die moontlikheid van rehabilitasie baie skraal. Onder al die omstandighede meen ek dat die doodsvonnis die enigste gepaste vonnis is op beide aanklagte van moord. Ek sou gevolglik beide doodvonnisse bekragtig. 'n Beslissing word egter tans afgewag van die Konstitnsionele Hof oor die vraag of die

10

doodsvonnis teenstrydig is met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993, en dit is gevolglik wenslik datdie appèl teen die doodvonnisse uitgestel word totdat die Konstitusionele Hof 'n uitspraak oor die geldigheid daarvan in gevalle soos hierdie gegee het. 'n Bevel soortgelyk aan dié in S v Makwanyane en 'n Ander 1994(2) SASV 158 is dus gepas. Die volgende bevel word uitgereik :

  1. Die appèl teen die skuldigbevindings op aanklagte 1 en 2 word afgewys.

  2. Die afhandeling van die appél teen die doodvonnisse op aanklagte 1 en 2 word uitgestel tot 'n datum wat deur die Griffier in oorleg met die Hoofregter bepaal sal word.

W, VIVIER AR,

E M GROSSKOPF AR) HARMS AR ) Stem saam.

▲ To the top