Theron, Van Der Poel, Brink, Roos v Simonsig Landgoed en 'n Ander (125/1992) [1994] ZASCA 22 (22 Maart 1994)


NIE RAPPORTEERBAAR NIE SAAKNOMMER 125/92

EB

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

THERON, VAN DER POEL, BRINK, ROOS APPELLANT

en

SIMONSIG LANDGOED EN 'N ANDER RESPONDENTE

CORAM: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF, GOLDSTONE,

VAN DEN HEEVER et HARMS, ARR

VERHOORDATUM: 21, 22 en 23 FEBRUARIE 1994 LEWERINGSDATUM: 22 Maart 1994

UITSPRAAK

HARMS, AR

Hierdie appèl is teen 'n toekenning van skadevergoeding op grond van die beweerde professionele nalatigheid van die appellant, 'n firma van geoktrooieerde rekenmeesters, gerig. Kowie R het in die Kaapse Provinsiale Afdeling skadevergoeding van R1 074 627,68 aan

2 die eerste respondent en R967 185,59 aan die tweede

respondent toegeken. Die appèl dien met sy verlof.

Mnr Frans Malan senior ("Malan"), 'n bekende in die wynbedryf van die Stellenbosch-omgewing, het oor die jare heen die wynlandgoed Simonsig gevestig. Gedurende 1983 het hy, meb die oog op boedelbeplanning, die bedryf aan sy drie seuns oorgedra. Met daardie oogmerk is 'n vennootskap genaamd Simonsig Landgoed, die eerste eiser ("Simonsig"), terugwerkend vanaf 1 April 1982 op 17 Maart 1983 gestig. Die vennote was die Malan-broers: Pieter was die administrateur, Johan die keldermeester en Francois die wingerdboer. (Ek sal na hulle by hulle voorname verwys.) Coastal Wines (Edms) Bpk, die tweede eiser ("Coastal"), was 'n bemarkingsmaatskappy en die aandele daarvan is deur die Malan-seuns in gelyke dele gehou. Hoewel Malan geen scacus in die vennootskap gehad het nie, het hy de facto gehandel asof hy die senior vennoot en nog baas van die plaas was.

Die verweerder ("Theron van der Poel") het sy oorsprong in die samevoeging van 'n aantal firmas o a

3 Vosloo Meintjies en Vermooten gehad. Die naam en

samestelling van die firma het van tyd tot tyd verander.

Die besonderhede daarvan is nie vir doeleindes van hierdie

uitspraak ter sake nie. Al wat tans van belang is, is dat

mnr Van der Vyver, 'n senior vennoot, van vroeg af namens

sy firma Malan se sake behartig het en dat na die stigting

van Simonsig hy voortgegaan het om wesenlik dieselfde diens

aan Simonsig te lewer totdat 'n jonger vennoot, mnr Bosman,

vanaf 1984 geleidelik sy taak oorgeneem het. Van die

boekhoukundige werk is deur 'n senior klerk, mnr Junius,

verrig. Daaroor later meer.

Op 1 Februarie 1983 het Malan vir ene Van der

Westhuizen as sekretaris/rekenmeester van Simonsig

aangestel. Hy het dieselfde funksies namens Coastal

behartig omdat Simonsig, Coastal en die Malans se ander

belange vervleg was. Van der Westhuizen het die eisers

vanaf 1984 tot 1988 besteel: byna R2 m van Simonsig en die

toegekende R967 185,59 van Coastal. Sy bedrog is op 31 Mei

1988 ontdek. Die eisers se saak is dat indien Theron van

4 der Poel hul kontraktuele professionele verpligtinge

teenoor hulle nagekom het, sou dle onreëlmatighede

gedurende middel 1986 geblyk het en dat alle skade wat na

daardie datum gely is, voor die deur van Theron van der

Poel gelê kan word.

Aan die begin van 1984 het Simonsig aansienlike

laste gehad, was die plaaslike rentekoerse besonder hoog

(ongeveer 20%), was die buitelandse rentekoerse in

verhouding laag (ongeveer 11%) en was die rand 'n relatief

stabiele geldeenheid. Simonsig het toe onder leiding van

Pieter en Van der Westhuizen 'n dollarlening van VSA s 2

m aangegaan om daarmee Simonsig se skulde te konsolideer.

Dit was 'n onwyse besluit en Simonsig het algaande

wesenlike verliese op hierdie valutalening begin ly. Van

der Westhuizen het dit uitgebuit en van sy diefstalle het

hy as so 'n verlies verbloem. Hy het egter ook op ander

wyses geld gesteel deur bv tjeks aan sy eie beslote

korporasie uit te maak en voor te gee dat dit betaling aan

'n kontrakteur is. Aangesien die diefstaltjeks byna almal

5 weg is, is dit nie moontlik om presies vas te stel wat

sy werkswyse was nie. Vir hierdie uitspraak maak dit ook

nie saak nie.

Die eisers se eis is noodwendig op kontrakbreuk gebaseer en in hierdie verband het hulle op drie ooreenkomste gesteun wat na bewering verbreek is. Na die ooreenkomste is verwys as die oorkoepelende opdrag, die Junius-opdrag en die "checks and balances"-opdrag wat hierna in daardie volgorde behandel word. Howie R het in die eisers se guns op grond van die Junius-opdrag beslis en dit onnodig geag om bevindings t a v die ander twee gronde te maak. In hierdie hof het die eisers met aldrie gedingsoorsake volhard. DIE OORKOEPELENDE OPDRAG

Die eisers het as hulle hoof-skuldoorsaak op die algemene ooreenkoms om professionele rekenkundige dienste te lewer, staatgemaak en beweer dat Theron van der Poel die voortspruitende verpligtinge verbreek het toe hulle nie Van der Westhuizen se bedrog in die gewone loop van sake

6 gedurende Augustus 1986 tydens die voorbereiding van die

31 Maart 1986- jaarstate opgespoor het nie.

Dit is gemeensaak dat daar 'n kontraktuele

professionele verhouding tussen die partye bestaan het.

Die inhoud daarvan is egter in geskil. Tans nog ter sake

is die volgende terme waarop die eisers hulle in die

besonderhede van vordering beroep het:

"7.1 Die eerste eiser het die verweerder aangestel as sy ouditeur, rekenmeester en finansiele adviseur, en die drie vennote van die eerste eiser het die verweerder se aanstelling as ouditeur, rekenmeester en finansiële adviseur van die maatskappye [insluitend Coastal] vermeld in paragraaf 4.2 hierbo bekragtig. 7.2 Die verweerder se verpligtinge met betrekking tot die eerste eiser en elk van die gemelde maatskappye ("die kliënte") het die volgende ingesluit:

7

7.2.3 Die verweerder was verplig om aan die

einde van elke boekjaar die rekenkundige boeke van die kliënte te oudit.

7.2.4 Die verweerder was verplig om aan die
einde van elke boekjaar finansiële
state op te stel...; die scace moes
'n ware en getroue weergawe van die
eerste eiser en die voormelde
maacskappye se finansiële toestand en
van die resultate van hulle
bedrywighede weergee.

7.5 Die verweerder sou nie nalatig optree in die uitvoering van sy mandaat nie.

7.7 Die verweerder sou sy verpligtinge mct nougesetheid en ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk en algemeen aanvaarde

8

ouditstandaarde uitvoer en in ooreenstemming met

die relevante bepalings van die Wet op Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs, 1951, die Maatskappyewet, 1973, en ooreenkomstig professionele riglyne neergelê in verklarings oor rekenkundige standaarde en ouditstandaarde soos van tyd tot tyd gepubliseer deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters."

Wat Coastal betref, het Theron van der Poel 'n verpligting om 'n statutêre oudit te verrig, gehad. Maar Coastal se eis op grond van die verbreking van hierdie verpligting kon van meet af nie slaag nie omdat dit nie bewys kon word dat Theron van der Poel enige kontrakbreuk teenoor Coastal gepleeg het nie. Die diefstal van Coastal se geld het vanaf Mei 1987 plaasgevind en die ouditering vir die betrokke finansiële jaar het eers nadat die bedrog in Mei 1988 blootgelê is, plaasgevind. Dit is nie voorgehou dat 'n oudit vroeër gedoen moes word nie.

9 Ten opsigte van Simonsig kan aanvaar word dat

as Theron van der Poel 'n ouditverpligting gehad het, en

hulle dit sou nagekom het, hulle die bedrog tydens die opstel van die Maart 1986-state sou vasgestel het. Vervolgens word die vraag oorweeg of daar so 'n verpligting bestaan het. Malan se getuienis was in hierdie verband noodsaaklik vir die sukses van die eis. Sy weergawe was dat toe hy nog in eie naam geboer het, Theron van der Poel sy boeke geoudit het en dat toe Simonsig gestig is, hulle die verpligting op hulle geneem het om dieselfde diens aan Simonsig te lewer as wat voorheen aan hom gelewer was. Malan se veronderstelling dat Theron van der Poel sy boeke geoudit het, was egter verkeerd. Nie alleen is dit hoegenaamd nie gebruiklik dat die boeke van 'n individu geoudit word nie, maar blyk dit ook uit Malan se inkomste-en balansstate dat geen ouditmening uitgespreek is nie en dat hulle op die gebruiklike wyse gekwalifiseer is met die stelling dat hulle "deur ons opgestel [is] van die boeke en inligting verskaf deur Meneer F J Malan."

10 Dit was deel van die eisers se saak dat Theron

van der Poel uitdruklik onderneem het om 'n oudit vir

Simonsig te doen. Die beginpunt hiervan is dat die

vennootskapsooreenkoms 'n bepaling bevat het dat die

vennootskapsboeke geoudit moes word. Omdat Van der Vyver

bewus was van die bepaling, is veronderstel dat hy homself

daaraan gebonde geag het. Die probleem is egter dat Van

der Vyver getuig het dat hy 'n aanbeveling aan Simonsig by

name van Malan en Pieter gemaak het dat die boeke nie

geoudit moes word nie en dat hulle toe sy aanbeveling

aanvaar het. Malan het dit betwis en Pieter het nie getuig

nie. Het die eisers op 'n oorwig van waarskynlikhede

aangetoon dat Van der Vyver nie die waarheid praat nie? M

i nie vanweë die redes wat volg. Die heel eerste state van

Simonsig (vir die jaar eindigende op 31 Maart 1983) wat

deur Theron van der Poel opgestel is, is deur hulle, net

bokant die handtekening van die drie vennote, gekwalifiseer

met die stelling dat hulle "sonder oudit of verifikasie

[opgestel is] , van die inligting deur mnr P J Malan

11 verskaf." 'n Soortgelyke (hoewel minder elegant bewoorde)

verduideliking het op die 1984 staat verskyn. Bosman heb

toe hy by Van der Vyver die verantwoordelikheid vir

Simonsig se state oorgeneem het, tydens die nagaan van die

lêer bewus geword van die oudit-bepaling in die

vennootskapsooreenkoms. Hy het met Van der Vyver daaroor

gepraat en dié het hom van die mondelinge reëling vertel.

Hy het toe voortgegaan om die state soos voorheen te

kwalifiseer en sy begeleidende briewe in 1985, 1986 en 1987

het die volgende uitgespel:

"Trimalan (Eiendoms) Beperk (en filiale) en Coastal

Wines (Ziendoms) Beperk is volgens die statutêre

vereistes deur ons geoudit. Alhoewel u

vennootskapsooreenkoms bepaal dat Simonsig ook

jaarliks geoudit moet word, doen ons nie 'n

volwaardige oudit volgens algemene aanvaarde

oudicstandaacde nie, aangesien die vennootskap nie 'n

statutêre oudit benodig nie. Die vernaamste

beperkings op ons ondersoek is die volgende:

12

1. Ons het geen breedvoerige ondersoek gedoen na

die geldigheid, korrektheid en volledigheid van tjekbetalings,aankoopfakture,kontantontvangste en verkope nie. Ons aanvaar dat u self op 'n deurlopende grondslag beheer uitoefen om te verseker dat alle verkope ke boek gestel word, alle voorraad verantwoord word en dat daar slegs vir geldige uitgawes betaal word.

2. Ons het nie die fisiese bestaan van vaste bates

(keldertoerusting, voertuie ens) of hul waarde nagegaan nie.

Die eisers het die state in daardie vorm aanvaar. Die enigste beskikbare objektiewe maatstaf - die kontrakspartye se gedrag - staaf dus nie die eisers se weergawe nie.

Namens eisers is verder betoog dat Malan sou getuig het dat daar 'n stilswyende bepaling van die

1 3 ooreenkoms tussen die partye was dat die syfers in die

state korrek sou wees, m a w dat daar 'n sg

syferbetroubaarheid sou bestaan. Ek is van oordeel dat

Malan se getuienis in hierdie verband verkeerd aangeslaan

is. Al wat hy gesê het in die passasie waarop die eisers

staatmaak, is dat "(h)ulle moes ook dan nou ons sal maar

sê "check" dat alles reg is in die state." Om hieruit af

te lei dat Theron van der Poel vir syferbetroubaarheid

ingestaan het, is m i vergesog. 'n Stilswyende bepaling

word uit die omstandighede afgelei en Malan het geen feite

voorgehou waaruit hy sy afleiding gemaak het nie. Die

getuienis weerspieel moontlik Malan se verwagting, maar

verwagtinge skep nie kontrakte nie. Daarby,

syferbetroubaarheid is nie iets waarvoor 'n ouditeur wat

moet oudit normaalweg instaan nie. Dic impliseer ook iets

veel meer as 'n ouditpiig. Namens eisers is betoog dat

dit iets minder is - hoeveel minder is hoegenaamd nie

duidelik nie. Indien 'n party wil aanvoer dat 'n

ooreenkoms nie die gebruiklike stilswyende bepalings het

14 nie, moet hy feite wat 'n gemeenskaplike bedoeling aantoon,

bewys. Vir daardie doeleinde is op Theron du Toit se

werkswyse staatgemaak: hulle het naamlik sekere tipiese

oudittoetse verrig. Hierdie getuienis help die eisers

nie. Die feit dat beperkte oudittoetse vir balansstaat-

doeleindes gedoen is, regverdig nie die afleiding dat die

kontrak geverg het dat al die syfers juis is nie. Sulke

toetse is algemeen in die professie ten einde die

rekenmeester tevrede te stel dat die state 'n basis het en

in die woorde van die eisers se deskundige getuie, mnr

Wainer('n geoktrooieerde rekenmeester), dat hulle nie "any

obvious errors or anomalies" bevat nie (my onderstreping).

Die geoktrooieerde rekenmeester moet, waar daar nie 'n

ouditplig is nie, 'n diskresie hê om te besluit watter

balansstaattoetse hy nodig ag om state wat onder sy

handtekening die wêrcld ingaan, sin te gee. Maar selfs al

word veronderstel dat Theron van der Poel 'n

syferbetroubaarheidsplig teenoor Malan gehad het in die dae

toe hulle al sy boeke opgeskryf het, het die plig nie

15 staties gebly nie veral sedert Malan in die laat sewentiger

jare al hoe meer van inberne boekhouers gebruik gemaak het.

Wat Simonsig self betref, is die aangehaalde briewe van

Bosman, waarmee die vennote genoee geneem het, ook nie

versoenbaar met 'n gemeenskaplike bedoeling om in te staan

vir die betroubaarheid van die syfers wat in die state

voorkom nie.

Gevolglik is ek van oordeel dab Simonsig nie

bewys het dat Theron van der Poel 'n oudit- of 'n

syferbetroubaarheidsplig gehad het nie maar dat hulle slegs

verplig was om ooreenkomsbig algemeen aanvaarde

rekeningkundige praktyk en ooreenkomstig professionele

riglyne dié werk t a v die finansiële state te verrig wab

normaalweg vir individue of vennootskappe gedoen word;

anders gestel, die opdrag was 'n opstelopdrag. Vir so 'n

opdrag geld volgens die getuienis (in algemene terme) die

volgende uitbreksels uit die riglyne wat deur die

Internabional Auditing Pracbices Committee van die

International Federation of Accounbants in Oktober 1990

16 uitgereik is:

"In a compilation engagement, the auditor is engaged

to use his accounting expertise as opposed to his

auditing expertise to collect, classify and summarize

financial information. This usually entails reducing

detailed data to a manageable and understandable form

without a requirement to test the assertions

underlying that information. The procedures employed

are not designed and are not sufficient to enable the

auditor to express any assurance on the financial

information. However, users of the compiled

financial information may derive some assurance as a

result of the auditor's involvement because the

service has been performed with due professional

skill and care."

"A compilation engagement would normally include the

preparation of financial statements (which may or may

not be a complete set of financial statements) but

may also include the collection, classification and

17 summarization of other financial information."

"An engagement to compile financial information

should be performed and the report prepared with due

professional care by persons who have adequate

training, experience and competence in accounting.

When work is delegated to assistants, the accountant

should carefully direct, supervise and review their

work."

"Compilation Procedures

  1. The accountant should obtain a general knowledge of the business and operations of the client and should be familiar with the accounting principles and practices of the industry in which the client operates and with the form and content of the financial information that is appropriate in the circumstances.

  2. To compile financial information, the accountant should possess a general understanding of the nature of the entity's business transactions,

18 the form of its accounting records, and the

accounting basis on which the financial

information is to be presented. The accountant

ordinarily obtains knowledge of these matters

through experience wiLh the client or inguiry of

the client's personnel.

11. Other than those procedures described in

paragraphs 9-10 and 14, the accountant is

normally not reguired:

to make any inguiries of management or the

owners to assess the reliability of the

information provided;

to assess internal controls;

to verify any matters; or

to verify any explanations. However, if the accountant becomes aware that information supplied by management is incorrect, incomplete, or otherwise unsatisfactory, the accountant should consider the above procedures

19 and request management to provide additional

information. If management refuses to provide

additional information, the accountant should

withdraw from the compilation engagement,

informing bhe client of the reasons for his

withdrawal.

12. The accounbant should read the compiled

information and consider whether it appears to

be appropriate in form and free from obvious

material misstabements. In this sense,

misstabement includes:

mistakes in the application of the basis of

accounting;

nondisclosure of the basis of accounting

and any known deparkures therefrom; and

nondisclosure of any other significant

mabters of which the accountant has become

aware.

Known departures from the disclosed basis of

20 accounting should be disclosed in notes to the

financial statement though their effect need not

be quantified."

Aan die hand hiervan moet die vraag of Theron van der Poel tydens die verrigting van hierdie mandaat nalatig was, beoordeel word. Hierdie ondersoek hou verband met die verliese wat op die buitelandse lening gely is.

Die balansstaat van Simonsig van 31 Maart 1985 toon 'n buitelandse lening van R3 551 000 en die inkomstestaat 'n wisselkoersverlies van R938 000. (Hierdie asook die syfers hiena gemeld, is afgerond.) Hiervan was R46 000 nie 'n wisselkoersverlies nie maar geld wat Van der Westhuizen gesteel het en aan hierdie pos toegedeel het. Die staat van 31 Maart 1986 wys die stand van die buitelandse lening as R2 725 000 en die wisselkoersverlies vir daardie jaar as Rl 713 000. Die ware verlies was egter R1 330 000 wat beteken dat Van der Westhuizen die gesteelde R383 000 onder dié item verbloem het. In die 31 Maart 1987 state is die lening Rl 340 000 en die verlies

21 Rl 114 000 waarvan slegs R546 000 'n ware verlies was.

Wainer het hierdie aspek namens die eisers behandel en homself die vraag gevra of 'n redelike geoktrooieerde rekenmeester met 'n opstelopdrag 'n probleem sou bespeur het. Hy het die mening uitgespreek dat so 'n rekenmeester die 1986- en 1987-syfers (maar nie dié van 1985 nie) vir wisselkoersverliese se betroubaarheid sou bevraagteken het, ondersoek sou ingestel het en die bedrog vasgestel het. Alvorens die redes vir sy opinie behandel word, moet verdere agtergrond verskaf word.

Dit was Van der Westhuizen se werk om Simonsig se boekhouding tot en met die posboekstadium te behartig. Die posboek is aan Theron van der Poel verskaf en die klerklike personeel het die inligting in 'n rekenaar ingepons. Kwartaalliks het die rekenaar outomaties 'n staat voorberei en die state is deur die vennote tydens hulle bestuursvergaderings oorweeg. Die staat vir die vierde kwartaal het die finansiële jaar se resultate gereflekteer. Pieter en Van der Westhuizen het die

22

buitelandse lening gemoniteer en besprekings met die bank

daaroor gevoer. Die leningsposisie het op 'n gereelde basis tydens bestuursvergadering te berde gekom. Die verliese daarop was die grootste enkele item op die uitgawestaat.

Die wisselkoersverlies wat inderdaad gely is, is deur meerdere faktore veroorsaak en het onder meerdere hoofde geval. (Simonsig het ook nie net verliese gely nie maar somtyds winste gemaak.) Ten eerste kon enige beweging van die rand teen die dollar, hetsy op of af, tot 'n verlies ly. Die lening is driemaandeliks gerol en hierdie tipe verlies is dan veroorsaak. (Soms is 'n wins in die proses gemaak.) Daarbenewens het Simonsig in vooruitdekkings gespekuleer - weereens met of sonder sukses. Verder is dekking in 'n derde geldeenheid geneem en dit het die risiko by tye verdubbel. Ten slotte is op onwettige wyse valuta kort verkoop. Hieruit volg dit dat daar geen verband tussen die omvang van die verliese en die grootte van die lening hoef te gewees het nie. So ook nie

23

met die feit dat die rand van jaareinde tot jaareinde

reiatief stabiel was of selfs gestyg het nie. Om te illustreer: tydens die 1987-boekjaar is slegs een dekkingstransaksie gedoen en het die rand van jaar-einde tot jaar-einde gestyg. Nogtans is op 'n lening van Rl,3 m 'n daadwerklike verlies van R546 000 gely. In 1986 het die rand met 13% gedaal. As mens aan die hand daarvan alleen 'n beraming moes doen van die verwagte valutaverlies, sou dit R460 000 wees terwyl die egte verlies driemaal die verwagte bedrag was - R1 330 000.

Om dan na Wainer se redes te keer. Dit blyk uit para 4.37 van sy deskundige opsomming (wat hy as juis bevestig het) dat sy mening oor die opvallend suspisieuse aard van die aangegewe 1986 wisselkoersverlies wesenlik beïnvloed is deur die feit dat - soos hy geglo het - Theron van der Poel gedurende Junie 1986 meegedeel is dat diefstal vermoed word. Ek sal later aantoon dat daardie aanname verkeerd was. Die tweede rede wat hy gegee het, was dat die aangeduide verlies nie in verhouding met die 13%

24 verswakking van die rand oor daardie jaar verband gehou het

nie. Daar is reeds daarop gewys dat die vergelyking wat

hy getref het, ondeugdelik was. Ten slotte het hy hom op

die "sheer magnitude of the item" beroep. Hierdie stuk

getuienis is m i nie aanvaarbaar nie. Nie alleen het die

eisers se ander deskundige (van wie se bestaan tydens

betoog vergeet is), nie saamgestem nie maar het dit geblyk

dat Mainer se opinie 'n oningeligte een was. Hy het nie

geweet dat Simonsig valuta kort verkoop het nie of hoe die

verlies saamgestel is nie. Hy was ook in 'n mate onkundig

oor die meganismes betrokke omdat hy nie besef het dat

dekking in 'n derde geldeenheid die risiko kon verdubbel

nie. Hoewel sy volharding in sy onverdedigbare standpunt

nie bygedra het om die beeld van 'n onbevange deskundige

te skep nie, dien dit tog tot sy eer dat hy die volgende

vraag bevestigend beantwoord het:

"Your surprise, Mr Wainer, is just a function of your ignorance of what they, of how they actually traded and how they suffered that loss, isn't that so?"

25 Wat Wainer se mening verder ondergrawe, is die feit dat

Pieter, wat in beheer van die valutatransaksies was, die

valutaposisie gemoniteer het en op hoogte van die finansies

van Simonsig was, nooit die grootte van die verlies

bevraagteken het nie. Dit verbaas nie dat Pieter, as een

van die eisers, nie getuig het nie. Van verdere belang is

dat Pieter op gereelde grondslag die omvang van die verlies

met die bank bespreek het en dat selfs tydens daardie

besoeke geen gevaartekens bemerk is nie.

Wainer het aanvullende redes vir sy mening dat

Theron van der Poel die wisselkoersverlies moes

bevraagteken het, gegee. Die eerste gaan oor navrae wat

die Ontvanger van Inkomste daaroor gerig het. So 'n

navraag, sê hy, sou die redelike rekenmeester op sy hoede

geplaas het. Die eerste navraag het oor die 1985-jaar

gegaan - 'n jaar waartydens volgens hom Theron van der Poel

die aangegewe verliessyfer kon aanvaar het. Die navraag

oor die 1986-jaar was 25 Februarie 1937 gedateer. Dit is

aan Theron van der Poel gepos wat dit aan Simonsig gestuur

26

het. Van der Westhuizen het die Ontvanger op 12 Mei 1987

direk sonder die tussenkoms van Theron van der Poel geantwoord. Die Ontvanger het hom daarby berus. Waarom, in die lig daarvan, hulle hulself moes verknies oor die navraag, verstaan ek nie. Ten besluite het hy die verliese wat 'n sindikaat waarvan Simonsig lid was, gely het en wat Theron van der Poel onder oë gehad het, vergelyk met Simonsig s'n. Die sindikaat het, persentasiegewys, aansienlik kleiner verliese gely as Simonsig. Aangesien daar egter nie getuienis is oor hoe die sindikaat sy lening bestuur het nie, help die vergelyking nie veel nie. Dit was ook algemene kennis dat nie alleen van Stellenbosch se boere nie maar ook ander groot maatskappye gedurende daardie jare enorme verliese op buitelandse ienings gely het.

Oor die 1987-boekjaar het Wainer niks by sy mening gevoeg nie en verdien dit nie aparte oorweging nie. Daar moet net daarop gewys word dat Theron van der Poel se onafhanklike deskundige getuie, Mnr Hultzer, Wainer se

27 opinie weerspreek het. So ook vennote van Theron van der

Poel. Dit is nie nodig om hulle getuienis te ontleed nie

omdat Wainer se mening, wat alleen staan, selfs sonder

teenspraak, geen vaste fondament het nie. Die eisers se

beroep op die oorkoepelende opdrag kan dus nie slaag nie.

DIE JUNIUS-OPDRAG

Op 9 Junie 1986 het Malan vir Van der Vyver 'n

opdrag gegee om, vaagweg gestel, 'n ondersoek na Simonsig

se oortrokke bankrekening in te stel. Van der Vyver het

die opdrag aan Junius gedelegeer en hy het op 10 Junie

bankstate van Simonsig onder oë geneem, 'n rapport aan die

Malans gemaak oor wat hy gevind het en 'n soortgelyke

verslag aan Van der Vyver gelewer. As Junius tydens

hierdie ondersoek Simonsig se kasboek vir April en Mei 1986

ook nagegaan het, sou hy waarskynlik op wat as vreemde

inskrywings bestempcl kan word, afgekom het. As hy hulle

sou nagespeur het, sou hy spore van Van der Westhuizen se

bedrog gevind het. Dit is dan aan die hand van hierdie

opdrag en sy verbreking dat Howie R die eisers gelyk gegee

28 het. Die kern van die geskil tussen die partye rondom die

Junius-opdrag handel oor die terme van die opdrag en oor

wat 'n redelike geoktrooieerde rekenmeester na aanleiding

daarvan sou gedoen het.

Hoewel beide pleitbesorgers se weergawes

wysigings ondergaan het en sonder om 'n letterknegtige

benadering voor te staan, is die uiteensettings soos

gepleit 'n gepaste beginpunt aangesien die partye volhard

dat hulle onderskeie sake soos gepleit, bewys is. Die

besonderhede van vordering lui so:

"10.1 Op 9 Junie 1986 en te Stellenbosch het die

eisers (verteenwoordig deur Mnr. FJ MALAN

SNR) verder mondeling aan die verweerder

(verteenwoordig deur mnr VAN DER VYVER)

opdrag gegee binne die raamwerk van die

bestaande ooreenkomste soos voormeld om die

oorsake vas te stel van 'n buitensporige

verhoging van die eerste eiser en die

SIMONSIG-GROEP VAN MAATSKAPPYE se oortrokke

29

lopende bankrekening. Mnr. Malan het Mnr.

VAN DER VYVER mondeling by hierdie geleentheid versoek om ondersoek te laat doen na 'n moontlike lekkasie wat aanleiding kon gee tot die verhoging.

  1. Die Verweecder (verteenwoordig deur die genoemde VAN DER VYVER) het die opdrag aanvaar.

  2. Dieselfde opdrag is op 9 Junie 1986 te De Hoop, Koelenhof deur mnr F J Malan (Jnr) namens die eisers aan Mnr G Junius namens die verweerder gegee, wat die opdrag stilswyend namens die verweerder aanvaar het.

  3. Op 10 Junie 1986 te De Hoop het Mnr JUNIUS aan die eisers voorgehou dat dit uitgevoer is."

Die "raamwerk van die bestaande ooreenkomste" waarna verwys is, is 'n verwysing na die sg oorkoepelende

30 opdrag. In nadere besonderhede is gesê dat die

"buitensporige verhoging" ongeveer R600 000 was en dat dit

gedurende die periode van ongeveer 6 maande wat 9 Junie

1986 voorafgegaan het, plaasgevind het. Die pleit in

antwoord is dit:

"AD PARAGRAAF 10

14.1 Die verweerders erken dat, in 'n gesprek op 9
Junie 1986 tussen mnr Malan snr en mnr Van der
Vyver wat namens die firma opgetree het,

  1. mnr Malan snr gevra het dat die firma iemand uitstuur om te help vasstel waarom die oortrokke saldo op die eerste eiser se lopende bankrekening skielik met sowat R600 000,00 toegeneem het en

  2. mnr Van der Vyver onderneem het om dit te doen.

14.2 Op 10 Junie 1986, is die oorsaak van die gemelde
verhoging deur mnr Junlus namens die firma

31 ondersoek en tot eerste eiser en mnr Malan snr

se bevrediging vasgestel.

14.3 Behoudens die voorgaande ontken die verweerders

elke bewering in hierdie paragraaf." Hieruit, en uit die getuienis, blyk dat dit gemeensaak is dat daar 'n opdrag van Malan aan Van der Vyver was; dat dit 'n ondersoek na Simonsig se oortrokke rekening se saldo geverg het; en dat die styging in die negatiewe saldo ongeveer R600 000 bedra het. Wat in geskil is, is of:

  1. die styging "skielik" was of oor 'n periode van ongeveer 6 maande plaasgevind het;

  2. die moontlikheid van 'n lekkasie ondersoek moes word;

  3. Francois 'n soortgelyke opdrag aan Junius gegee het.

Die verhoorhof het bevind dat, op die waarskynlikhede, Malan nie rede gehad het om die verhoging as "skielik" te beskryf nie, dat Van der Vyver gedwaal het

32 deur te glo dat die styging onlangs was en dat Malan se

opdrag was om "'n buitensporige verhoging van R600 000 te

ondersoek." Die uitspraak swyg oor die vraag of die

styging oor 'n tydperk van ongeveer 6 maande ondersoek moes

word, maar dit kom voor asof so 'n bevinding by implikasie

gemaak is omdat dit Junius verkwalik is dat hy nie die

kasboek tot Januarie 1986 nagegaan het nie. Malan se

getuienis dat die moontlikheid van 'n lekkasie ondersoek

moes word, was (volgens die uitspraak) 'n eerlike maar

foutiewe rekonstruksie. Francois se getuienis oor sý

opdrag aan Junius (is bevind) was waarskynlik 'n verdigsel.

Die milieu waarteen Malan die opdrag aan Van der

Vyver gegee het, was die volgende. Sowel Pieter as Van der

Westhuizen was oorsee met vakansie. Op 9 Junie het

Simonsig se bankbestuurder, mnr Perold, 'n gesprek met

Malan oor die stand van Simonsig se verpligtinge teenoor

die bank gehad. Dit het Malan genoop om Van der Vyver om

bystand te vra. Aangesien Perold nie getuig het nie en

aangesien Malan se weergawe oor wat Perold hom vertel het

33 nie altyd klop nie, is dit nodig om aan die hand van die

objektiewe feite te probeer vasstel oor watter styging van

R600 000 Perold hom bekla het.

Simonsig het 'n totale bankfasiliteit van R6,6m gehad. Die fasiliteit is deur Simonsig, Coastal en Trimalan (Edms) Bpk gedeel. Die fasiliteit het verskeie komponente gehad, o a die buitelandse valuta-rekening, bankaksepte en oortrokke rekenings. Op 15 Mei 1986 is die perk van R6,6m vir die eerste maal oorskry en wel met R38 616. Op 30 Mei was die oorskryding ongeveer R300 000 en op 5 Junie R577 677. Lg feit is deur die bank op 6 Junie ('n Vrydag) geboekstaaf en op die daaropvolgende Maandag het die gesprek dan tussen Perold en Malan plaasgevind. Hieruit blyk dit dus dat die totale skuld van Simonsig aan die bank in die bestek van 3 weke met ongeveer R600 000 gestyg het.

Wat die oortrokke rekening van Simonsig betref, was dié in debiet ten bedrae van R322 000 aan die begin van Januarie 1986 en gedurende daardie maand het dit tussen


34 -R259 000 en -R417 000 gefluktueer. Op 6 Februarie en

toe die bedrag -R418 000 was, is 'n bankaksep van R581 000

uitgeneem wat die lopende rekening in krediet gestel het.

Daarvandaan het die debiete weer die oorhand gekry en was

die stand van die rekening op 31 Maart - R317 000, op 30

April - R443 000, op 30 Mei - R353 000 en op 6 Junie -

R465 000. Op lg tydstip was die groep se oortrokke

lopende rekenings - R762 000.

Sowat 'n maand later, op 9 Julie 1986, het Perold

'n brief met hierdie inhoud geskryf:

"Dit was vir ons 'n groot skok en teleurstelling om

te sien hoe u finansiële posisie verder verswak het

in die laaste ses maande.

Soos u weet het ons na samesprekings, en met in-

agneming van die kontantvloei state, oortrokke

fasiliteite van R6.6 m aan u beskikbaar gastel. Die

balans staan nou op R7 359 238.

Ons moet u nou in kennis stel dat ons nie verdere

verhogings kan toelaat nie en dat daar voorsiening

35 gemaak moet word voordat enige verdere tjeks

uitgeskryf kan word."

Soos Howie R in hierdie verband gesê het, is daar grondige redes om af te lei dat die inhoud van hierdie brief sou gestrook het met wat Perold 'n maand vantevore aan Malan gesê het.

Teen hierdie agtergrond moes Junius na 'n styging van R600 000 soek. Malan het aan Van der Vyver gesê dit was op die oortrokke rekening van Simonsig te vinde en hy het selfs getuig dat Perold dit aan hom op die bankstate uitgewys het. 'n Styging van ongeveer R600 000 oor 'n tydperk van ongeveer 6 maande of sinds Januarie egter is nie op die bankstate te vind nie. Perold het ook nie 'n belang in die oortrokke lopende rekening as 'n afsonderlike eenheid gehad nie. Sy bekommernis was die bank se totale blootsteliing en die oorskryding van die totale fasiliteit. Malan het blykbaar egter nie besef hoe Simonsig se fasiliteite daar uitgesien het nie. In sy getuienis het

36 hy by tye getuig dat Perold dit slegs oor die lopende

rekening gehad het en dan weer dat Perold begaan was oor

die totale fasiliteit. Wat Malan egter aan Van der Vyver

oorgedra het, was dat dit om die lopende rekening gaan.

Maar hoewel die Simonsig-groep se totale bankskuld

gedurende die periode 15 Mei tot 9 Junie met ongeveer

R600 000 toegeneem het, het die oortrokke rekening in

hierdie tydperk geen noemenswaardige beweging of

verswakking getoon nie.

Hierteen gesien, is ek van oordeel dat Malan wel

rede gehad het om die styging as "skielik" te beskryf.

Hierdie gevolgtrekking word ook deur ander feite gestaaf.

Junius het geweet dat Simonsig kwartaalstate laat opstel

en dat dié kort na die einde van elke kwartaal indringend

tydens 'n bestuursvergadering bespreek word. Die finansiële

posisie van die groep soos teen einde Maart (wat terloops

ook die finansiele jaareinde was) sou dan gedurende April

bespreek gewees het. As daar fout vóór April was, sou dit

waarskynlik toe reeds opgeval het. Dis gemeensaak dat

37 nadat Junius die bankstate nagegaan het, hy aan Malan

gerapporteer het dat hy geen werklike styging van R600 000

kon vind nie. Hy het slegs 'n skynstyging op 15 April

geïdentifiseer toe op een dag die rekening met R711 000

gedebiteer en met R844 000 gekrediteer is. Die twee

inskrywings het op verskillende bankstate voorgekom. Dit

het hy ook aan Malan uitgewys. Malan het nie op 'n wyse

wat met sy eie weergawe versoenbaar is, gereageer nie. Hy

het nie vir Junius gesê dat sy bevinding bots met wat

Perold aan hom uitgewys het nie; ook nie dat dit nie is

wat gesoek word nie; dan het hy ook nie met Perold in

verbinding getree en hom meegedeel dat hy (Perold)

gefouteer het nie. Maar meer nog, na ontvangs van Perold

se aangehaalde brief van 9 Julie het hy nóg jeens Perold

nóg teenoor Theron van der Poel die klaarblyklik verspotte

(uit sy oogpunt) anzwoord van Junius opgediep - hy het

eenvoudig niks gedoen nie, Malan se weergawe van die

opdrag het letterlik 'n kontantvloei-analise geverg en hy

moes dit geweet het en nogtans het hy Junius se versuim om

38 so iets te doen, geiate aanvaar.

Die rede vir die skielike verswakking in Simonsig se algemene bankposisie vanaf 15 Mei was nie aan Van der Westhuizen toe te skryf nie. Hy het weiiswaar op 14 Mei R72 000 gesteel. Wat toe gebeur het, is dat die buitelandse ieningsverpligting drasties verswak het vanaf R2 780 000 tot R3 285 000, m a w met R505 000. (Die groep se oortrokke fasiiiteite het maar met R35 000 op 'n dag-tot-dag basis vanaf 15 Mei tot 6 Junie toegeneem.) Dit is m i dus duidelik dat as Maian vir Pieter of Van der Westhuizen sou gevra het waaraan Simonsig se verslegtende finansies toe te skryf is, die buitelandse lening as klaarbiykiike antwoord voorgehou sou gewees het. Dit verduidelik waarom, uit Malan en Simonsig se oogpunt, die saak doodgeioop het.

Namens die eisers is tydens betoog voor ons vir die eerste maal voorgehou dat die skyging van R600 000 waarna Perold en Malan verwys het, oor die periode 6 Februarie tot 9 Junie piaasgevind het. Op 6 Februarie,

39 soos gesê, het die staat so daar uitgesien

Openingsaldo -418 000

Bankaksep +581 000

Sluitingsaldo +163 000

Word dit by die debietsaldo op 9 Junie getel, kry mens 'n

R600 000-verslegting in die oortrokke rekening se posisie.

Hoewel die betoog op die oog af aantrekiik is, is die

probleem dat Maian dit nooit getuig het nie. Sy weergawe

was 6 en nie 4 maande nie. Daar is ook geen rede

gesuggereer waarom Perold 6 Februarie as begindatum sou

gekies het nie. (Daar is 'n aanduiding dat die 6 maande

wat in die brief van 9 Julie gemeld is, verwys na die

tydperk van Perold se bestuur van die betrokke tak van die

bank.)

Op 27 Junie 1988 het 'n vergadering tussen die

Malans en Theron van der Poel plaasgevind waartydens die

Malans vir Theron van der Poel skuld vir die verlies gegee

het en lg hulleself verdedig het. Die woord "skielik" het

'n groot rol tydens die debat gespeel, maar presies wie wat

40 gesê het, is in geskil. Francois het 'n onverstaanbare

nota na aanleiding van die vergadering opgestel. Dis egter

nie nodig om hieroor uit te wei nie want niks wat uit die

nota blyk, bied aan die eisers enige stawing vir hulle

weergawe nie; en Francois se getuienis daaroor het nie

vertroue in sy geloofwaardigheid geskep nie.

Vervolgens moet die lekkasie-opdrag (die tweede

vraag in geskil) oorweeg word. Malan se getuienis was dat

hy na sy gesprek met Perold vir Van der Westhuizen van

bedrog of diefstal verdink het, dat hy dit aan Van der

Vyver vermeld het en toe aan hom opgedra het om hierdie

moontlikheid te ondersoek. Volgens hom het Junius dan ook

berig dat daar nie alleen nie die beweerde styging van

R600 000 was nie, maar dat geen onreëlmatighede gepleeg is

nie. Howie R het in hierdie verband die volgende gesê:

"Met betrekking tot die vraag of hy [Malan]

bctroubaar is waar hy beweer dat hy Van der Vyver

meegedeel het dat lg 'n moontlike lekkasie moes

ondersoek, moet 'n mens die inherente waarskynlikhede

41 in ag neem. In die eerste plek was daar voor 9 Junie

1986 geen rede om Van der Westhuizen van oneerlikheid

te verdink nie. Die Malans het 'n goeie indruk van

hom gehad en verweerder se verskeie begeleidende

briewe het Van der Wesbhuizen aangeprys. Tweedens,

indien die Malans, veral Malan self, wat 'n ervare

sakeman is, wel hierdie vermoede gehad heb, is dit

onwaarskynlik dat hulle deur Junius se verduideliking

van die skynstyging in die April 1986 bankstate

tevrede gestel sou gewees het en niks verder omtrent

hierdie vermoede sou gedoen het nie. Derdens, na

ontdekking van die verlies van miljoene rand was dit

net menslik dat die Malans sou begin terugdink aan

wat hulle aan Van der Vyver en Junius in 1986 sou

gesê het om sodoende te probeer vasstel of daar enige

suggestie in die opdrag was dat verduistering reeds

op daarie stadium 'n moontlikheid was. Die kwessie

van die beweerde vermoede is wel so ver terug soos

1988 gemeld in Francois se nota en dan deur Malan

42 self in 'n bespreking met Steenkamp later dieselfde

jaar maar in al die omstandighede is dit my

gevolgtrekking dat die beweerde suspisie sy oorsprong

gehad het in 'n proses van rekonstruksie wat na die

ontdekking van die bedrog posgevat het op grond van

wat hulle subjektief gewens het hulle in die opdrag

gesê het. Vandaar is by wyse van voortdurende

rekonstruksie die geloof bereik dat 'n moontlike

lekkasie wel gemeld is. Op die minste gesê is

daardie afleiding net so moontlik as dat Malan

werklik 'n lekkasie gemeld het of, aan die ander

kant, dat hy in hierdie verband doelbewus oneerlik

was. Ek aanvaar dus nie dat die Malans die beweerde

bedrogsuspisie aan Van der Vyver of Junius gemeld het

of dat hulle so 'n vermoede eers gehad het nie."

Daar is nog meerdere redes vir die onwaarskynlikheid van Malan se weergawe. As bedrog op die voorgrond was, staan dit m i vas dat Van der Vyver anders sou reageer het op

43 Malan se opdrag. Toe 'n bewering van bedrog in Mei 1988

gemaak is, het Theron van der Poel met mening ondersoek

ingestel op vennotevlak - en dit voordat enige

aanspreeklikheid aan hulle toegedig is. Verder, mens sou

verwag het dat Malan, nadat Perold se brief in Julie

bevestig het dat Junius verkeerd was, se suspisie teenoor

Van der Westhuizen weer sou opgevlam het. Dan nog, op die

vergadering van 27 Junie 1988 toe die Malans vir Theron van

der Poel kom beskuldig het, is - op die Malans se weergawe

- die bedrogopdrag nie gemeld nie. (Weliswaar het mnr

Wilken, 'n vennoot van Theron van der Poel wat tydens dié

geleentheid voorgesit het, in 'n beëdigde verkaring in die

loop van 'n interlokutêre aangeleentheid, gesê dat die

Malans die bedrogopdrag bygehaal het. Hy het nie tydens

die verhoor getuig nie. Die ander getuienis voor die hof

was egter dat dit 'n fout was en dit is nie weerspreek

nie.) Ten laaste, mnr Steenkamp (na wie in die uittreksel

uit die uitspraak verwys is ) is deur die eisers in 1988

opgedra om 'n verslag oor Theron van der Poel se

44 professionele aanspreeklikheid voor te berei. Die

oorspronklike instruksies het geen woord van die bedrog-

opdrag gerep nie en hoewel dit later aan hom genoem is dat

'n lekkasie vermoed was, is dit nooit vir hom gesê dat die

suspisie aan Theron van der Poel vermeld is nie. Om saam

te vat: die omstandighede gemeld regverdig die afleiding

dat Howie R die eerbaarheid van Malan te hoog aangeslaan

het. Sy gevolgtrekking was egter korrek. (By bereiking

van hierdie konklusie is die betoog namens die eisers dat

Malan wel 'n rede gehad het om Van der Westhuizen te

verdink omdat hy in staat was om met 'n salaris van R1500

p m oorsee te reis, in ag geneem. Malan se getuienis in

hierdie verband het nie oortuig nie. Hy het waarskynlik

geglo dat Van der Westhuizen in eie reg welgesteld is want

die feit dat hy gereeld met 'n nuwe ryding by die werk

opgedaag het en motorresiese geborg het, het hom blykbaar

nie opgeval of gehinder nie.)

Dit bring my by die derde geskilpunt, nl Francois

se opdrag. Aangesien Francois se getuienis oor sy

45 mededeling aan Junius oor die verdenking van Van der

Westhuizen aan Malan se weergawe gekoppel is - omdat die

verdenking waarvan hy praat nie sy eie was nie maar aanhom

deur Malan gemeld is - volg dit uit die voorgaande

bevinding dat Francois se dramatiese vertelling van die

gebeure tussen hom en Junius (die besonderhede is nie nou

ter sake nie) noodwendig 'n verdigsel was, 'n bevinding wat

Howie R m i tereg gemaak het.

Die gevolgtrekking waartoe ek dus gekom het, is

dat die eisers nie die sg Junius-opdrag bewys het nie en

dat, inteendeel, Theron van der Poel se weergawe die meer

waarskynlike was. Maar Howie R het, aan die hand van die

getuienis van die eisers se gemelde deskundige getuie,

Wainer, bevind dat Theron van der Poel op hulle eie saak

in ieder geval nalatig was. In die veronderstelling dat

hierdie ondersoek gedoen kon word gesien die stand van die

pleitstukke en Howie R se bevinding dat die weergawe van

Theron van der Poel onwaarskynlik was, oorweeg ek Wainer

se getuienis. Die som totaal daarvan in hierdie samehang

46 was dat indien 'n rekenmeester se aandag op die vlak van

'n oortrokke rekening gevestig word, waarskuwingsligte

begin flikker en dat daar dan 'n plig op hom rus om 'n

ondersoek soortgelyk aan dié wat gedoen sou word as bedrog

vermoed word, in te stel. Die rede vir sy mening is dat

'n kliënt immers kennis dra van wat met sy bankrekening

aangaan omdat dit die basis van sy besigheid is. Howie R

het hierdie mening aanvaar omdat hy Theron van der Poel

se weergawe vertolk het as sou die klem nie "op iets

onlangs" geval het nie maar op 'n verhoging van "R600 000

in een of meer bedrae binne 'n kort tydsbestek" en dié

tydsbestek sou dan tot minstens April terugstrek aangesien

Junius April se state nagegaan het. In effek het hy 'n

weergawe aan Theron van der Poel toegedig wat nie hulle eie

was nie maar volgens hom waarskynlik hulle s'n moes wees.

Wat egter uit die oog verloor is, is dat daar geen styging

sedert April plaasgevind het nie: Gedurende April was die

oortrokke rekening by tye hoër as op 9 Junie! 'n Blote

nagaan van die kasboek sou ook geen lig op die kliënt se

47 probleem werp nie. Verder, die rede wat Wainer gegee het,

oortuig hoegenaamd nie omdat in hierdie gepostuleerde geval

Junius waarskynlik sou besef het dat Malan en Francois nie

kennis gehad het van wat met die rekening aangaan nie. En

toe hy huile daarop gewys het dat daar nie 'n styging te

vinde was nie, het hulle dit daar gelaat. Laastens, Wainer

se opinie is in hierdie verband nie op enige deskundigheid

gebaseer nie en het nie meer getuieniswaarde as 'n leke-

opinie nie.

Saamgevat is ek dus van oordeel dat die

verhoorhof gefouteer het deur Theron van der Poel

aanspreeklik te hou op grond van die verbreking van die

Junius-opdrag.

"CHECKS ANO BALANCES"

Die eisers het beweer dat Malan gedurende 1985 'n

opdrag aan Bosman gegee het om die Simonsiggroep se

rekenkundige stelsels van interne kontrole te ondersoek,

te kontroleer en te boekstaaf. Dit sou kommentaar oor en

aanbevelings met betrekking tot die rekenkundige

48 aanvaarbaarheid en doeltreffendheid van die stelsels

insluit. Theron van der Poel het die ooreenkoms soos

gepleit, ontken. Die is gemeensaak dat so 'n opdrag nie

uitgevoer is nie. Die verhoorhof het dit nie nodig gevind

om met hierdie eisoorsaak te handel nie. Die eisers se

advokate het geen mondelinge betoog hieroor aan ons

voorgelê nie en selfs hul skriftelike betoog spreek van 'n

langtandbenadering. Aangesien daar na my oordeel geen

meriete in hierdie skuldoorsaak is nie, is ek nie van

voorneme om dit in enige besonderhede te behandel nie.

Namens die eisers het Malan en Francois oor hierdie aspek

getuig. Hul getuienis het in wesenlike opsigte verskil

maar dit blyk daaruit dat daar 'n probleem met

voorraadbeheer was en dat, in daardie konteks, 'n opdrag

aan Bosman gegee is om die beheerstelsel na te gaan. Hulle

het egter voortgegaan deur te sê dat die opdrag wyer as

voorraadbeheer gestrek het en dat al die beheerstelsels

nagegaan moes word. Hoewel Malan se weergawe was dat die

"checks and balances" op alle finansiële stelsels van

49 toepassing moes wees, het dit volgens Francois gegaan oor

wyn wat wegraak en geld wat nie inkom nie en nie oor geld

wat wegraak nie. Francois se weergawe weerlê dus die

beweerde kontrak. Dit is nie namens eisers betoog dat

Malan se getuienis bo dié van Francois verkies moet word

nie.

Die eisers se probleem eindig egter nie daar nie.

Bosman het nie alleen in getuienis die ooreenkoms soos

gepleit, ontken nie maar verduidelik dat daar 'n probleem

oor voorraadkontrole was, dat hy versoek is om dit te

ondersoek, dat hy gepoog het om dit met Pieter en Johan op

te neem, dat Pieter hom afgejak het en dat hy hulle toe

gevra het om na hom terug te kom wanneer hulle hom benodig.

Niks verder het gebeur nie. En hoewel hierdie weergawe aan

die eiser se getuies gestei is, het Pieter en Johan nie

getuig nie. Nóg in die uitspraak van Howie R nóg tydens

betoog is Bosman se geloofwaardigheid onder verdenking

geplaas. Dieselfde geld nie vir die Malans nie. Niks

sinvols is ten aansien van die waarskynlikhede ten gunste

50 van die eisers voorgehou nie. Dit volg dan dat, ten beste

vir eisers, die opdrag nie bewys is nie.

SLOTSOM

Die slotsom waartoe ek dus gekom het, is dat die

eisers nie op een van die basisse waarop hulle staatgemaak

het, kon slaag nie en dat die appèl met koste gehandhaaf

moet word. Hierdie resultaat maak dit onnodig om die

diverse regspunte wat geopper is, te behandel. Die

kwalifiserende fooie van Theron van der Poel se

onafhanklike deskundige, Hultzer, moet ook toegelaat word.

In die betoogshoofde is egter ook vir die kwalifiserende

fooie van Van der Vyver, Bosman en Labuschaigne gevra.

Hulle is aldrie geoktrooieerde rekenmeesters en het opinie-

getuienis gelewer. Die komplikasie is dat hierdie here

vennote van Theron van der Poel was en dus verweerders en

gedingspartye was. In Texas Co (SA) Ltd v Cape Town

Municipality 1926 AD 467 op 489 is die vraag of 'n

deskundige party op kwalifiserende fooie geregtig kan wees,

oopgelaat. Die kwessie is nie voor ons geopper nie, nie

51 in die eisers se betoogshoofde aangespreek nie, en dit sou

onvanpas wees om daarsonder hieroor uitsluitsel te gee.

Geleentheid word dus aan die partye gegee om betoog in dier

voege voor te lê.

Die volgende bevel word gemaak:

  1. Die appèl slaag met koste wat insluit die koste van twee advokate.

  2. Die bevel van die hof a quo word vervang met 'n bevel van vonnis vir die verweerder met koste wat die koste van twee advokate en die kwalifiserende fooi van mnr Hultzer insluit.

  3. Die appellant het geleentheid om binne 2 weke skriftelik betoog te liasseer en aan die respondente te beteken oor die vraag of die kwalifiserende fooie van mnre Van der Vyver, Bosman en Labuschaigne toegelaat kan word al dan nie. Die respondente kan binne 2 verdere weke hulle betoog in antwoord indien en beteken. Indien die appellant nie die geleentheid benut

52

nie, geld paragraaf 2 van die bevel onveranderd.

L T C HARMS APPeLREGTER

VAN HEERDEN, AR )

E M GROSSKOPF, AR )

GOLDSTOKE, AR ) STEM SAAM

VAN DEN HEEVER, AR )

▲ To the top