S v Mosemeng and Another (623/1992) [1994] ZASCA 35 (25 March 1994)


Saak no 623/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

JAN MOSEMENG Eerste Appellant

PHILEMON SEKGOME Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: HEFER, EKSTEEN et NIENABER, ARR

Verhoor: 8 Maart 1994

Gelewer: 25 March 1994

UITSPRAAK EKSTEEN, AR :

Die twee appellante is in die Kalahari Rondgaande Plaaslike Afdeling skuldig bevind aan roof, met verswarende omstandighede, en aan moord. Op die aanklag van roof is die eerste appellant tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis, en die tweede appellant tot 9 jaar. Op die aanklag van moord is albei die doodvonnis opgelê. Die huidige appèl is slegs teen laasgenoemde vonnis gerig.

Dit blyk uit die getuienis dat die twee appellante die aand van 20 April 1992 na die plaas Oopuitsig in die distrik Vryburg gegaan het. Dit was die plaas van mnr Lucas Cornelius

.../ 2

2

Pieterse (die oorledene). Hy was 'n 64-jarige vry-gesel wat alleen op die plaas gebly het. Hy was by 'n vorige geleentheid ook op die plaas aangeval, en daarna het hy die gewoonte gehad on elke aand by sy broer mnr Johannes Anthonie Pieterse op 'n buur-plaas te gaan slaap. Hulle het hom blykbaar vir aandete verwag. Soms het hy om sewe-uur daar op-gedaag, en soms so laat as tien-uur. Hulle het nie juis vir hom gewag nie, maar slegs sy aandete in die kombuis gelos en die buitelig vir hom aan-gelaat. As 'n verdere voorsorg teen aanvallers het oorledene 'n geelektrifiseerde heining om sy opstal laat span.

Die oorledene het boorwerk gedoen vir

... / 3

3

grondeienaars in Bophuthatswana en in die omliggen-de distrikte. Hy het ses boormasjiene gehad en sy besigheid op 'n streng kontantbasis bedryf. Gevolglik het hy dikwels groot somme geld by hom gehad. Van die geld het hy in 'n kluis op sy broer se plaas gebêre, maar dikwels met 'n bondel note in sy hempsak rondgeloop. Dat hy gewoonlik heel-wat geld by hom gehad het, was vry algemeen bekend, en mense het dikwels by hom geleen om byvoor-beeld pompenjins op hul boorgate te sit. By een geleentheid het hy R8000 aan 'n huurmotorbestuur-der geleen om 'n taxi te koop.

Toe die twee appellante die aand van 20 April 1992 by die opstal op Oopuitsig opdaag,

... /4

4

het hulle voor die geëlektrifiseerde draadheining te staan gekom. Volgens 'n foto wat by die verhoor ingehandig is, was daar 'n sement muurtjie effens hoër as, en onmiddellik langs die onderste ge-ëlektrifiseerde draad, vermoedelik om te verhoed dat mense of diere onder die draad deurkruip. Hierdie muurtjie het egter opgehou ongeveer 'n tree of wat van die een hoekpaal, en dit was net hier waar die appellante die grond weggekrap het om 'n opening te maak vir hulle om onder die draad deur te skuur.

Die tweede appellant sê in 'n verkla-ring dat dit ongeveer 10 n m was dat hulle die per-seel betree het. Hulle het blykbaar die oorledene

.../ 5

5

in sy motorhuis aangetref en hom daar aangeval deur hom met 'n ronde yster pyp en 'n driehoek-yster, soortgelyk aan dié van 'n windpompvoetstuk, te slaan. Die pyp was 660 m m lank, met 'n deur-snee van 35 m m , en het ongeveer 1 kg geweeg. Die driehoekyster was 900 m m lank, met plat kante van 38-40 m m breed en 2 m m dik. Dit het onge-veer 2 kg geweeg. Daar was ook 'n stuk van 'n boor-gat stang gevind met 'n moer aan die een kant wat bloedvlekke op gehad het en dus ook in die aanval gebruik kon gewees het. Dit was 610 m m lank en was van soliede yster met 'n deursnee van 15 m m.

Die appellante het oorledene verskeie

.... / 6

6

houe oor sy kop, gesig, nek, bors, buik, en die boonste en onderste ledemate toegedien. Die dis-triksgeneesheer het by die lykskouing 33 verskil-lende laserasies en kneusings aan die lyk gevind. Die oorledene het blykbaar sy bewussyn verloor as gevolg van die aanranding. Die appellante het toe sy hande met swart binddraad agter sy rug vasgemaak en hom na die woonhuis geneem. Daar het hulle vermoedelik sy voete en ook sy hande met 'n blou nylon tou vasgemaak, en hom in sy slaapkamer langs sy bed laat lê. Daarna het hulle die telefoon-draad in die huis afgesny, die huis toegesluit, en die perseel verlaat op dieselfde manier as wat hulle ingekom het. Al wat hulle gesteel het blyk

... / 7

7

'n aktetas met dokumente; die oorledene se bos sleutels; 'n gelaaide 6.35 Beretta pistool, en 'n videokamera, te wees. Die videokamera is ver-moedelik uit die oorledene se bakkie wat voor die motorhuis gestaan het geneem, en die ander voor-werpe kon ook daaruit geneem gewees het.

Die oorledene is dood as gevólg van sub-durale en sub-arachnoidale bloeding. Die bevinding van die distriksgeneesheer was dat die dood ongeveer 9 v m van die volgende dag ingetree het dws ongeveer 10 tot 11 uur nadat hy die kopbeserings opgedoen het. Daar kon geen skedel-breuk gevind word nie, en, met die oog op die yster-stawe wat vermoedelik gebruik is in die aanval,

.... / 8

8

was die geneesheer se aEleiding dat die appellante nie uiterste geweld gebruik het toe hulle die oor-ledene geslaan het nie. Die geweld was egter vol-gehoue genoeg, en hard genoeg om die bloeding op die brein te veroorsaak. Na die geneesheer se mening was dit 'n "erge aanranding" gewees en moes al die houe op die kop bygedra het om die brein-bloeding te veroorsaak het.

In die kamer waarin die lyk gevind is, was daar bloedvlekke teen een van die mure wat daarop kon dui dat die oorledene op 'n stadium orent gekom het en teen die muur gestaan het.

Die volgende oggend om ongeveer 9.30 v m het mnr Theunissen, een van die oorledene se

..../9

9

bure, 'n berig ontvang as gevolg waarvan hy na oor-ledene se plaas gegaan het. Op weg soontoe het hy die oorledene se broer teëgekom en hulle is saam na die plaashuis. Alles het in orde gelyk. Albei oorledene se bakkies was daar - die een in die motorhuis en die andereen net buitekant. Die heining was egter nog geëlektrifiseer en hulle kon nie by die huis kom nie. Die plaaswerkers het ook voor die hek gesit en wag. Hulle het om die omheining geloop en die plek gekry waar daar 'n gat onder die draad gegrawe is. Hulle is hierop terug na mnr Theunissen se huis, vanwaar hulle die polisie van die toedrag van sake in kennis gestel het, en ook vir Evkom ontbied het om die elektriese

..../ 10

10

stroom in die heining te kom afsny. Nadat dit gedoen is, is mnr Theunissen na die opstal. Hy het die diefwering van een van die vensters af-gesaag, toegang tot die huis gekry, en die oorle-dene se lyk ontdek. Hy was toe reeds dood en koud.

Die eerste appellant was 28 jaar oud en het tot by std 5 op skool gevorder. Die verhoor-hof het bevind dat hy 'n "relatief ontwikkelde man" was en geensins "ongekunsteld, naïef of onintelle-gent" nie. Hy het 10 vorige veroordelings weens diefstal erken, en een weens huisbraak met die op-set om te steel en diefstal. Hierdie oortre-dings is tussen 1981 en 1990 gepleeg. Al die aanklagtes blyk van 'n betreklike geringe aard te

.... / 11

11

gewees het, en hy het slegs by vier geleenthede tronkstraf uitgedien - driekeer vir vier maande en eenkeer vir 16 maande. Hy het geen oortredings weens geweldsmisdade nie.

Die tweede appellant is 31 jaar oud en 'n eerste oortreder, wat daarop dui dat hy nie 'n gewelddadige persoon is nie (S v Senonohi 1990 (4) SA 727 (A) op 733 I-J). Dit het die ver-hoorhof genoop om - hoewel teësinnig - in sy guns te aanvaar dat hy rehabiliteerbaar is. Hy het tot std 7 op skool gevorder en daarna by 'n myn naby Thabazimbi gaan werk. Soos met die eerste appellant het die verhoorhof bevind dat die tweede appellant nie die indruk geskep het van 'n

..../ 12

12

"ongekunstelde plattelander" nie, maar dat hy pre-sies geweet het "hoe om sy seile na die wind te span". Dit is ook teen albei die beskuldigdes gehou dat hulle geen tekens van berou getoon het nie.

Die hof het bevind dat die appellante nie vooraf die dood van die oorledene beplan het nie, en ongewapen die omheinde perseel betree het. Die pyp en die ysterstaaf waarmee hulle die oorledene geslaan het,is in alle waarskynlikheid daar op die perseel opgetel. In die lig van die geneesheer se toegewing dat die aanvallers nie uiterste geweld gebruik het by die toedien-ing van die houe op die oorledene se kop, en

... / 13

13

geen skedelbreuk veroorsaak het nie, het die hof bevind dat die opset by die appellante slegs dolus eventualis was - dws dat hulle inderdaad die moont-likheid voorsien het dat hy as gevolg van hul aan-randing kon sterf, maar desnieteenstaande voort-gegaan het om hom aan te rand "roekeloos oor die gevolge van hulle handelinge".

Verswarend het die hof bevind dat die 64-jarige oorledene "op 'n brutale en ernstige wyse aangerand is"; dat sy aanvallers waarskynlik geweet het dat hy alleen op die plaas sou wees; dat hulle "totaal roekeloos was"; en dat daar veel meer geweld toegepas was as wat nodig sou gewees het om die oorledene se weerstand te

.... / 14

14

oorkom". Die hof het ook bevind dat die appellante uit-eindelik die ernstig beseerde oorledene met "bloudraad" vasgemaak in die huis aan sy lot oorgelaat het nadat hulle die telefoondraad afgesny het. Dit, het die hof bevind, "dui op 'n totale gevoelloosheid aan hulle kant."

Luidens die bepalings van artikel 277(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") word dit aan die verhoorhof opgedra om, met inag-neming van die getuienis en betoë oor vonnis, 'n bevinding uit te bring oor die aan- of afwesigheid van enige strafversagtende of - verswarende faktore. Die voorsittende regter sal dan, met inagneming van daardie bevinding, die doodvonnis oplê slegs indien hy oortuig is dat dit die enigste gepaste vonnis

... / 15

15

is. (S v Nkwanyana and Others 1990 (4) SA 735 (A) op 745 E-F.) By 'n appèl kan hierdie hof, in-dien hy van oordeel is dat hy self nie die dood-vonnis sou opgelê het nie, die vonnis tersyde stel en die straf oplê wat na sy oordeel gepas is. (Artikel 322 (2A).) Ons is dus geroepe om opnuut 'n eie oordeel te vel oor die toepaslikheid al dan nie van die opgelegde doodvonnis, en uitdrukking aan daardie oordeel te gee. Uiteraard sal hier-die hof opnuut kyk na die strafversagtende en- ver-swarende faktore wat uit die getuienis blyk.

In die verlede het hierdie hof hom by verskeie geleenthede sterk uitgelaat oor die. ernstige lig waarin aanvalle op weerlose en

..../ 16

16

onskuldige slagoffers in hul eie huise, en veral op afgeleë plase, beskou word (cf S v Khibe 1993 (2) SASKV 1 op 4 c-i en die gewysdes daar aangehaal), en is doodvonnisse in sulke gevalle telkemale be-kragtig. In die algemeen gesproke bly dit steeds die siening van hierdie hof. Dit kan egter nie afdoen van die plig van die hof om oor die be-sondere omstandighede van elke geval individueel te besin nie. In die onderhawige geval het die verhoorhof dit as 'n verswarende faktor aangemerk dat die oorledene "klaarblyklik" alleen op die plaas was, en dat dit vir die hof wou voorkom "asof die afleiding geregverdig is dat sy aanvallers dit geweet het". Die getuienis was egter dat die

.../ 17

17

oorledene nie op sy plaas oornag het nie, maar dat hy saans na sy broer op die buurplaas gegaan het en daar geslaap het. Die aanduiding is dat hy normaalweg vir aandete so om en by 7 n m daar verwag is. As die appellante dus geweet het dat die oorledene alleen op die plaas gebly het, soos waarskynlik die géval was, sou hulle besmoontlik ook van hierdie gebruik kennis gedra het. Hier-die afleiding word versterk deur die getuienis dat hulle eers om ongeveer 10 n m, sonder enige wapens, by die plaashuis opgedaag het. Hulle opset was om te steel en hulle het waarskynlik nie verwag om die oorledene nog daar te kry nie. Die

..... / 18

18

waarskynlikhede dui voorts daarop dat hulle eers bewus geword het van die oorledene se teenwoor-digheid in die motorhuis nadat hulle onder die-geëlektrifiseerde heining deurgekruip het. Hulle het hulle toe bewapen met wat byderhand was en hom aangeval.

Alhoewel die aanranding blykbaar lang-durig en volgehoue was, was dit nie met uiterste mag en mening deurgevoer nie. Die direkte op-set was nie om die oorledene dood te maak nie, maar eerder om hom buite aksie te stel sodat hulle hom kon beroof. Die moontlikheid dat die oorledene as gevolg van hierdie ernstige en

..../ 19

19

volgehoue aanranding kon beswyk, moes hulle egter besef het, en tog het hulle daarmee voort-gegaan ongeag of die dood sou intree of nie. Daarom is hulle, van dolos eventualis, skuldig aan moord. Dit het die verhoorhof ook gevind. Daarna het hulle die oorledene na sy woonhuis geneem. Waarom hulle dit gedoen het, blyk nie uit die getuienis nie. Daar is geen aanduiding dat hulle daadwerklik iets uit die woonhuis gesteel het nie. Die sakkie waarin die videokamera was, tesame met sy ander toebe-hore, is in die bakkie gevind, wat daarop dui dat die videokamera uit die bakkie gesteel is. Die

.../ 20

20

aktetas met dokumente en die pistool sou heelwaar-skynlik ook in die bakkie gewees het. Die bos sleutels sou na alle waarskynlikhede óf in die oor-ledene se broeksak gewees het, óf in die bakkie -kwalik in die huis. Daar is dus, op die waarskyn-likhede, geen aanduiding dat hulle enigiets uit die huis gesteel het nie. Dit is hulle voorts deur die verhoorhof as verswarend toegereken dat hulle die telefoondrade afgesny het. Die hof het bevind dat "hierdie handeling aanduidend is van die koelbloedigheid van die aanvallers en dui op 'n totale gevoelloosheid aan hulle kant". Ek dink nie dat dit heeltemal 'n geregverdigde afleiding

.... / 21

21

is nie. Die oorledene was nog nie dood toe hy na die huis geneem is nie - trouens die dood het eers sowat 11 uur na die aanranding ingetree. Hoe-verre hy toe nog by sy bewussyn was, is ook nie duidelik op die getuienis nie. Die aanduiding is daar, soos ek reeds daarop gewys het, dat hy by ge-leentheid in so 'n mate by sy bewussyn was dat hy opgestaan het en teen die muur geleun het. Sy hande was weliswaar agter sy rug vasgemaak gewees, maar die appellante kon moontlik gedink het dat op so 'n plaaslyn die oorledene miskien kontak met iemand sou kon maak. Die buitewerkingstelling van die telefoon was dus waarskynlik gedoen om hul eie veligheid te probeer verseker, eerder dan as

.../ 22

22

teken van hul koelbloedige gevoelloosheid teenoor die lot van die oorledene.

Al hierdie faktore neig om die om-standighede van hierdie saak buite die kader van sake soos S v Khiba (supra); S v Shabalala and Others 1991 (2) SASK 478 (A); en S v Khundulu and Another 1991 (1) SASK 470 (A) te neem. Dit bly. egter 'n baie ernstige oortreding en kan miskien as 'n grensgeval gesien word, maar by sorgvuldige oorweging het ek uiteindelik tot die gevolgtrek-king gekom dat dit nie gesê kan word dat die dood-vonnis die enigste gepaste vonnis is nie. Die afskrikkende, voorkomende en vergeldende oog-merke van straf kan na my mening voldoende gedien

... /23

23

word en die samelewing beskerm word deur die op-legging van 'n lang tydperk van gevangenisstraf. Dit geld veral vir die tweede appellant wat 'n eerste oortreder is. Dit geld miskien nie in dieselfde mate vir die eerste appellant nie, maar as die aard en die erns van die voorval in sy ge-heel in oënskou geneem word, dan dink ek nie dat daar enige wesenlike rede bestaan om 'n onder-skeid tussen die vonnisse van die twee appellante te maak nie.

Gevolglik slaag die appel. Die dood-vonnis word, in die geval van elkeen van die ap-pellante tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van 25 jaar gevangenisstraf. Dit word beveel

..../ 24

24

dat die vonnis elkeen opgelê op die eerste aanklag van roof sal saamloop met die vonnis opgelê op die aanklag van moord.

J.P.G. EKSTEEN, AR

HEFER, AR )

NIENABER, . AR ) stem saam

▲ To the top