Louw v W P (Kooperatief) Bpk and Others (92/1993) [1994] ZASCA 54 (30 Maart 1994)


SAAKNOMMER : 92/93 N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

COENRAAD JOHANNES HENOCH LOUW

teen

W P (KOÓPERATIEF) BEPERK en 4 ANDER

SMALBERGER, AR:-

SAAKNOMMER : 92/93

N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

COENRAAD JOHANNES HENOCH LOUW APPELLANT

en

W P (KOöPERATIEF) BPK 1ste RESPONDENT

E B WALLACE N.O. 2de RESPONDENT

MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

KAAP DIE GOEIE HOOP 3de RESPONDENT

M E VAN DER RIET 4de RESPONDENT

LAND- EN LANDBOU BANK VAN SUID-AFRIKA 5de RESPONDENT

CORAM: JOUBERT, HEFER, SMALBERGER,

F H GROSSKOPF, et HOWIE, ARR

VERHOORDATUM: 14 MAART 1994

LEWERINGSDATUM: 30 MAART 1994

UITSPRAAK SMALBERGER, AR:-

Op 15 Augustus 1990 is 'n bevel vir die finale sekwestrasie van die boedel van Coenraad Johannes Henoch Louw ("Louw") in die Kaapse Provinsiale Afdeling

2

toegestaan. Die sekwestrerende skuldeiser was W P (Koöperatief) Beperk, 'n landbou koöperasie behoorlik as sodanig geregistreer kragtens die Koöperasie Wet 91 van 1981 ("die Koöperasie"). Louw het teen die bevel appêl aangeteken. Sy prokureur het egter versuim om die prokurasie wat hom gemagtig het om die appèl voort te sit, betyds in te dien. 'n Aansoek om kondonasie van sodanige versuim is gevolglik aan hierdie Hof gerig. Die aansoek is afgewys, hoofsaaklik omdat daar beslis is dat daar geen redelike vooruitsigte van sukses op die meriete van die appèl was nie - kyk Louw v W P Koöperasie Bpk 1991(3) SA 593(A), welke uitspraak op 28 Maart 1991 gelewer is. Die geskilpunt op die meriete het gegaan oor die beweerde gebrek aan magtiging van die persoon wat die sekwestrasie-aansoek namens die Koöperasie aanhangig gemaak het.

Op 27 Februarie 1992 het Louw onder saak nr 2466/92 'n aansoek in die Kaapse Provinsiale Afdeling

3

geloods vir die tersydestelling van die

sekwestrasiebevel op die grondslag dat die Koöperasie

nie destyds locus standi gehad het om die sekwestrasie-

aansoek te doen nie. Daar is beweer dat alle eise wat

die Koöperasie toentertyd teen Louw gehad het, reeds aan

die Land- en Landbou Bank van Suid-Afrika ("die

Landbank") gesedeer was. Die aansoek is deur beide

die Koöperasie en die Landbank teengestaan. Onder

andere is daar deur hulle aangevoer dat dit 'n sessie

was kragtens art 38(1) van die Landbankwet 13 van 1944

("die Wet") en gevolglik "voorwaardelik" was, of aldus

bedoel was.

Na die aanhoor van die aansoek deur KüHN, R, maar voordat die geleerde Regter uitspraak gelewer het, het Louw onder saak nr 9266/92 'n dringende aansoek in die hof a quo gebring vir verlof om verdere getuienis aan te voer. Die beoogde doel van sodanige getuienis was om aan te toon dat, sou die sessie 'n voorwaardelike

4

een wees, die voorwaarde reeds vervul was en die sessie dus in werking getree het. Verlof is ook aangevra om 'n gedeelte van 'n hofrekord in 'n ander saak voor te lê ten einde sekere bewerings wat namens die Landbank gemaak is, te weerlê.

Op 23 Oktober 1992 is Louw se aansoek in saak nr 2466/92 deur KüHN, R, van die hand gewys. Die grondslag van sy beslissing was dat enige sessie van vorderingsregte wat deur verband verseker is, nie sonder registrasie van die sessie van die verband kan geskied nie. Aangesien geen registrasie van die dekkingsverbande plaasgevind het nie, was daar nie 'n geldige sessie nie. Aan die hand van hierdie gevolgtrekking is terselfdertyd bevind dat die aansoek om die ontvangs van verdere getuienis nie langer ter sake was nie en is die aansoek in saak nr 9266/92 bygevolg afgewys.

Louw het verlof tot appêl aangevra in beide

5

sake nr 2466/92 en nr 9266/92. Op 18 Februarie 1993 het KüHN, R, verlof aan Louw verleen om appèl aan te teken in saak nr 2466/92. Geen uitspraak is gelewer ten opsigte van die aansoek in saak nr 9266/92 nie. Daar is blykbaar ook geen stappe gedoen om uitspraak te verkry nie. Die aangeleentheid is eenvoudig daar gelaat.

Luidens Appèlhofreël 5(4)(c) moes die oorkonde in die appèl in saak nr 2466/92 op of voor 17 Mei 1993 geliasseer gewees het. Louw het versuim om die oorkonde betyds in te dien. Hy het ook nagelaat om volgens die bepalings van Appèlhofreël 6(2) sekuriteit te stel met betrekking tot die Kooperasie en die Landbank se koste van appèl (of betyds aansoek te doen om vrystelling van sy verpligting in die verband). Die oorkonde in saak nr 2466/92 is op 20 Julie 1993 (ongeveer twee maande laat) geliasseer. Op dieselfde datum is 'n lywige aansoek (in die vorm van 'n petisie)

6

ingedien waarin kondonasie vir die laat liassering van die oorkonde, en die versuim om sekuriteit te stel, aangevra is, sowel as vrystelling van die verpligting om sekuriteit te verskaf. Die aansoeke beliggaam in die petisie is vir beredenering na hierdie Hof verwys. Weens die verloop van gebeure het die aansoek om vrystelling van die verpligting om sekuriteit te verskaf akademies geword. Die verskaffing van sekuriteit in 'n geval soos die onderhawige'het dit ten doel om te verseker dat 'n respondent sy koste van appél sal kan verhaal (indien nie ten volle nie, dan ten minste grotendeels) ingeval die appèl nie slaag nie. Indien sekuriteit vereis word, behoort dit dus voor die aanhoor van 'n appèl gestel en verskaf te word andersins beantwoord dit nie aan sy doel nie. Insgelyks behoort 'n aansoek om ontheffing van die verpligting om sekuriteit te verskaf voor die aanhoor van die appèl bereg te word. Aangesien daar reeds oor die meriete

7

van die onderhawige appél betoog is (en in dié sin die appél reeds aangehoor is), sou dit van geen praktiese nut wees om uitsluitsel oor die aansoek te gee nie. Wat die koste ten opsigte daarvan betref, val dit saam met, en vorm dit deel van, die koste van die aansoek om kondonasie, waarmee later gehandel sal word. Bogemelde opmerkings is gemaak op die veronderstelling dat dit vir Louw nodig was om ingevolge Appélhofreël 6 sekerheid te verskaf - 'n aangeleentheid waaroor ek dit nie nodig vind om my uit te laat nie.

Wat die aansoek in die hof a quo in saak nr 9266/92 betref, die volgende opmerkings: Soos reeds daarop gewys, is verlof tot appêl nooit van KúHN, R, verkry teen sy afwysing van die aansoek nie. Om hierdie probleem te oorkom, is aanvanklik namens Louw betoog, met 'n beroep op die bepalings van art 22(a) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, dat hierdie Hof in iedere geval ontvanklik behoort te wees vir die

8

beoogde getuienis waarna in saak nr 9266/92 verwys is. Daar dien egter nie 'n substantiewe aansoek voor ons vir die ontvangs van sodanige getuienis nie. Mnr Blignault, wat namens Louw verskyn het, was gevolglik genoodsaak om te aanvaar dat ons nie geregtig was om op die verdere getuienis ag te slaan nie. In iedere geval het mnr Blignault te kenne gegee dat, wat betref die twee getuienis-aspekte waarmee die aansoek gehandel het, die een nie sy saak enigsins verder sou voer- nie, en dat hy net tot 'n baie beperkte mate op die ander wou steun. Na my mening sou daardie aspek van die getuienis egter geensins Louw se saak op die meriete bevorder het nie. Die getuienis waarna in saak nr 9266/92 verwys is, kan en moet dus buite rekening gelaat word.

Sover dit die aansoek om kondonasie aangaan, is dit geykte reg dat van Louw verwag word om voldoende en bevredigende redes aan te voer vir die nie-nakoming van die betrokke Appèlhofreëls alvorens kondonasie

9

toegestaan sal word (Meintjies v H D Combrinck (Edms) Bpk 1961(1) SA 262(A) op 264A-B). Terselfdertyd moet hy ook aantoon dat hy redelike vooruitsigte op welslae in die appèl het. Van al die relevante faktore wat by 'n aansoek om kondonasie oorweging geniet, is vooruitsigte op welslae oor die algemeen die belangrikste enkele een (vgl South African Allied Workers' Union (In Liquidation) and Others v De Klerk NO and Another 1992(3) SA 1(A) op 4F-G). Ofskoon Louw se verduideliking met betrekking tot sy versuim om die appèlrekord betyds in te dien (asook sy versuim om betyds aansoek te doen vir die opheffing van sy verpligting om sekuriteit te verskaf) in sekere opsigte tekort skiet, is dié tekortkominge nie sodanig dat ons geregtig sou wees om sy aansoek om kondonasie af te wys nie, ongeag die bestaan van redelike vooruitsigte op sukses. Die bestaan al dan nie van sulke vooruitsigte sal dus deurslaggewend wees wat die kondonasie-aansoek

10

betref. Gevolglik kan daar voortgegaan word om die

meriete van die appèl te oorweeg.

Op 7 Desember 1989 het die Kooperasie en die

Landbank 'n skriftelike sessie ooreenkoms ("die

sessieakte") aangegaan. Die opskrif daarvan lees:

"SESSIE VAN ONBETAALDE AANDELEKAPITAAL, VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEID EN SKULDE KRAGTENS ARTIKEL AGT-EN-DERTIG VAN WET NR. 13 VAN 1944"

Kragtens die sessieakte het die Koöperasie aan die

Landbank sedeer

"al die koöperasie se regte en aanspraak op en belang by:

a.

b

c. die bedrag van skulde wat nou aan die koöperasie verskuldig is of later verskuldig mag word."

Die sessie is gegee as sekuriteit vir 'n voorskot van

R150 000 000 en

"in die algemeen as sekuriteit vir enige bedrag verskuldig of wat later deur die koóperasie aan die Bank verskuldig mag wees".

11

Dit is gemene saak dat (1) sessies met ooreenstemmende bepalings in vorige jare deur die Koöperasie aan die Landbank gegee is; (2) die sessieakte geldig en bindend was op 15 Augustus 1990 toe die Koöperasie aansoek gedoen het om Louw se sekwestrasie; (3) die skulde waarna in die sessieakte verwys is dié van Louw teenoor die Koöperasie ingesluit het; (4) Louw se genoemde skuld versekureer is deur vier dekkingsverbande ten gunste van die Koöperasie oor van sy onroerende eiendom; en (5) geen registrasie van enige sessie van die dekkingsverbande ten gunste van die Landbank geskied het nie.

KüHN, R, het bevind, steunende op Lief NO v Dettmann 1964(2) SA 252(A), dat die sessieakte nie 'n geldige en effektiewe oordrag van die Koöperasie se deur verband versekerde vorderingsregte teen Louw aan die Landbank bewerkstellig het nie aangesien registrasie van die sessie van die dekkingsverbande in die Aktekantoor

12

nie geskied het nie. Gevolglik was die Koóperasie ten

tye van die sekwestrasie-aansoek nog Louw se skuldeiser

en met die nodige locus standi beklee. Die geleerde

regter het die meerderheidsuitspraak in Lief NO v

Dettmann vertolk as sou daar uitgegaan gewees het van

die standpunt

"dat die onderliggende skuld en die saaklike sekuriteitsreg wat uit registrasie van die verband voortvloei onlosmaaklik met mekaar verbind is en dat in die geval van ' n sessie van 'n versekerde skuld beide die persoonlike reg wat uit die onderliggende skuld verhouding ontstaan en die saaklike sekuriteitsreg wat uit die verband ontstaan saam oorgedra moet word. Andersom, die twee is onafskeidbaar met mekaar verbind en die een kan nie sonder die ander oorgedra word nie".

Dit wil voorkom asof dit sy siening was dat

vorderingsregte wat deur verband verseker is in alle

gevalle by wyse van regswerking onafskeidbaar verbind is

met die saaklike sekerheidsreg voortvloeiende uit die

verband, ongeag die bedoeling van die partye. Ek is

nie oortuig dat Lief NO v Dettmann vatbaar is vir so 'n

13

eng vertolking of dit noodwendig ondersteun nie. Sessie

is 'n tweesydige ooreenkoms, en die bedoeling van die

partye kan nooit buite rekening gelaat word nie (Bank

of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others

1987(1) SA 276(A) op 294E-F). Waarom sou partye dan

nie kon ooreenkom dat die sedent skulde wat hom toekom

kan sedeer onafhanklik van enige verband wat die skuld

versekureer nie? Dit is egter nie nodig om hieroor

uitsluitsel te gee nie aangesien daar na my mening 'n

ander grondslag is waarop die appêl nie kan slaag nie.

Dit is gemene saak dat die sessieakte 'n

sessie ter versekering van 'n skuld oftewel 'n sessie in,

securitatem debiti behels. Die regsgevolge van so 'n

sessie word bondig deur JOUBERT, AR, in Land- en

Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere

1991(2) SA 761(A) op 771C-F as volg saamgevat:

"Dit is erkende reg dat die verpanding van vorderingsregte deur sessie in securitatem debiti geskied. Dit gebeur wanneer 'n skuldenaar sy vorderingsreg aan sy skuldeiser

14

sedeer ter versekering van die hoofskuld wat hy aan sy skuldeiser verskuldig is. Die skuldenaar behou as sedent die dominium van sy vorderingsreg terwyl die sessionaris die bevoegdheid verkry om die gesedeerde vorderingsreg uit te oefen indien daar wanbetaling van die hoofskuld deur die sedent is. Bowendien by insolvensie van die sedent het die sessionaris 'n versekerde sekuriteit wat aan hom 'n voorkeurreg verleen. Die dominium van die sedent is 'n 'reversionary interest' op die vorderingsreg terwyl die sessionaris 'n beperkte saaklike reg op die vorderingsreg het om dit uit te oefen of in te stel waar daar wanbetaling van die hoofskuld is. Bly daar 'n balans oor nadat die hoofskuld betaal is, kan die sedent op grond van sy 'reversionary interest' daarop aanspraak maak."

'n Sessie in securitatem debiti het dus tot

gevolg (tensy die partye anders ooreenkom) dat die

sedent ontdoen word van sy reg om die gesedeerde skuld

in te vorder, en gevolglik geen locus standi het om dit

af te dwing nie. So beskou sou die sessieakte,

beoordeel suiwer volgens die bewoording daarvan, die

Koöperasie van sy reg ontneem het om Louw se skuld

teenoor hom in te vorder met meegaande verlies van locus

15

standi.

Die aangeleentheid is egter nie heeltemal so eenvoudig nie. Soos blyk uit die opskrif (hierbo aangehaal) is die sessieakte aangegaan uit hoofde van art 38 van die Wet. Dit moet dus vertolk word aan die hand van die tersaaklike bepalings van die Wet, gedagtig daaraan dat die Landbank as statutêre skepping alleenlik daardie bevoegdhede het wat deur statuut aan hom verleen is (Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester (supra) op 767F).

Art 38(1) van die Wet lui soos volg:

"'n Maatskappy waaraan kragtens artikel vyf-en-dertiq 'n voorskot verstrek is, kan, ondanks andersluidende bepalings in sy akte van oprigting (as daar is) en statute of regulasies, as sekuriteit vir daardie voorskot aan die bank al sy regte en aanspraak sedeer op -

  1. die bedrag van ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal en die bedrag van enige voorwaardelike aanspreeklikheid wat aan sy aandele verbonde is; en

  2. die bedrag van skulde wat aan hom

16

verskuldig is of later verskuldig mag word."

Kragtens art 38(2) moet so 'n sessie "in die vorm wees

wat die raad voorskryf". (Die raad is per definisie

die raad van die Landbank.) Die sessieakte is dus

gegiet in die vorm deur die Landbank voorgeskryf. Dit

bly egter 'n tweesydige ooreenkoms en as sodanig moet

die terme daarvan deur die Koöperasie aanvaar word, en

behoort dit die gemeenskaplike bedoeling van die partye

te weerspieël.

Die Landbank se regsmiddels ten opsigte van

voorskotte aan maatskappye (waaronder die Koöperasie)

word vervat in art 63 van die Wet. In die verband

bepaal art 63(1):

"Indien 'n maatskappy wat aan die bank geld skuld -

  1. om een of ander rede ontbind word; of

  2. verwyder word van die register van koöperatiewe maatskappye wat deur die registrateur gehou word; of

17

  1. versuim om die voorwaardes van 'n voorskot deur die raad verstrek, na te kom; of

  2. versuim om enige bedrag op die

vervaldag te betaal; of

  1. versuim om, wanneer hy ooreenkomstig sub-artikel (3) van artikel ses-en-dertiq daartoe aangesê word, betaling aan die bank te doen; of

  2. volgens die raad se oordeel opgehou het om besigheid te doen; of

  3. vir 'n tydperk gestig was en daardie tydperk verstryk het,

kan die raad, na sewe dae kennisgewing per geregistreerde brief, gerig aan die maatskappy aan die adres in die boeke van die bank aangeteken, en na behoorlike kennisgewing aan die verbandnemers, sonder geregtelike proses enige van die bates of al die bates van die maatskappy wat spesiaal aan die bank verhipotekeer is, in beslag neem en by publieke veiling of uit die hand verkoop, en, in die volgorde wat die raad bepaal, een of meer van die bevoegdhede uit kragte van die in sub-artikel (1) van artikel agt-en-dertig bedoelde sessie aan hom verleen, uitoefen."

Soos duidelik blyk uit art 63(1), kan die

Landbank sy bevoegdhede kragtens die sessieakte uitoefen

18

eers nadat een van die gebeure in (a) tot (g) plaasgevind het, en die vereiste kennisgewing gegee is. Daardie bevoegdhede word nie in die Wet omskryf of uiteengesit nie. Hulle is in die sessieakte geleë. Om te bepaal wat daardie bevoegdhede behels, moet daar, op soek na die bedoeling van die partye, in die eerste instansie gelet word op die letterlike betekenis van die sessieakte. Soos reeds aangedui, bepaal die sessieakte uitdruklik dat die Koöperasie al sy regte en aanspraak op en belang by die bedrag van skulde wat aan die Koöperasie verskuldig is, of later verskuldig mag word, aan die Landbank sedeer. Dit verleen nie enige ander bevoegdhede aan die Landbank nie. 'n Letterlike vertolking van die sessieakte, gesien die bepalings van art 63(1), sou egter tot 'n absurditeit lei. Dit sou die Koöperasie van sy reg om Louw se skuld in te vorder, ontneem. Die Landbank, op sy beurt, sou egter ook nie 'n invorderingsreg hê nie alvorens een van die gebeure

19

in (a) tot (g) van art 63(1) plaasvind. Aangesien sulke gebeure waarskynlik nie geredelik sal plaasvind nie (en dalk nooit nie) sou dit beteken dat Louw, of iemand in 'n soortgelyke posisie, se skulde nie ingevorder sou kon word nie want nóg die Koöperasie nóg die Landbank sou regtens in staat wees om dit te doen. Hierdie absurditeit vloei nie voort uit die bewoording van die sessieakte nie, maar vanweë die uitwerking daarop van die bepalings van art 63(1). Nóg die Wetgewer nóg die partye tot die sessieakte kon so 'n resultaat beoog of bedoel het (vgl. Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester (supra) op 770E). Die woorde van die sessieakte moet nie opgevat word dat dit 'n bedoeling behels wat tot die absurde lei nie (vgl Van Jaarsveld v Coetzee 1973(3) SA 241(A) op 244F). Dit synde die geval, is dit nodig om te let op wat die gemeenskaplike bedoeling van die Koöperasie en die Landbank wel was want daardie bedoeling moet seëvier (Cinema City (Pty)

20

Ltd v Morgenstern Family Estates (Pty) Ltd and Others 1980(1) SA 796(A) op 804D-E).

Uit die stukke blyk dit dat die Koöperasie en

die Landbank dit eens is oor watter vertolking aan die

sessieakte geheg moet word. In die verband is dit

gepas om te let op wat STRATFORD, AR, in Breed v Van den

Berq en Others 1932 AD 283 op 292 gesê het, naamlik

"If one of two parties to a contract asserts that it has a certain meaning and the other agrees that that is the meaning to be given to it, a court of law will give effect to that meaning. If this mutually accepted meaning is in conflict with the clear construction of the contract, we have all the requisites for rectification of the document."

Dat 'n hof uitvoering sal gee aan die betekenis wat

partye tot 'n ooreenkoms gesamentlik aan hulle

ooreenkoms heg (al weerspreek dit die letterlike

betekenis van die woorde wat gebruik is), blyk ook uit

die beslissing in Shill v Milner 1937 AD 101 op 110-111.

(Kyk ook Christie: The Law of Contract: 2de uitgawe:

21

250-1.)

Die eedsverklarings van die deponente Van

Tonder (namens die Koöperasie) en Van Wyk (namens die

Landbank) dui onteenseglik daarop dat die Koöperasie en

die Landbank deurgaans onder die indruk verkeer het dat

die sessieakte voorwaardelik was in die sin dat die

vorderingsregte ten opsigte van Louw (en andere) se

skulde aan die Koöperasie eers op die Landbank sou

oorgaan wanneer een van die gebeure uiteengesit in art

63(1) plaasvind. In die verband sê Van Tonder (met

verwysing na die sessieakte, en soortgelyke aktes wat in

vorige jare tussen die Koöperasie en die Landbank

aangegaan is):

"(b) Sodanige sessies is, by 'n ontleding van die bepalings van artikels 38 en 63 van die gemelde Wet, slegs voorwaardelik en die Vyfde Respondent [die Landbank] verkry slegs bevoegdhede daarkragtens wanneer een of meer van die gebeurlikhede waarna in artikel 63(1) van die betrokke Wet verwys word, plaasvind. Geeneen van die bedoelde gebeure het plaasgevind nie en gevolglik het Eerste Respondent [die

22

Koóperasie] te alle tye locus standi gehad.

(c) In ieder geval is en was dit nog altyd sowel Eerste as Vyfde Respondent se beskouing dat die onderskeie partye tot die sessies slegs die regte daarkragtens verkry waarna in paragraaf (b) hierbo verwys word en was en is dit ook die basis waarop die partye met betrekking tot die sessies opereer en waarop Eerste Respondent nog altyd in die verlede en steeds skulde invorder of skik of die opbrengs daarvan vir sigself aanwend."

Van Wyk wys daarop in sy eedsverklaring dat

tot tyd en wyl een van die gebeure in art 63(1)

plaasvind:

"gaan die Koöperasie gewoonweg voort met besigheid, neem nuwe lede in, reik aandele uit, ontvang betaling van bedrae verskuldig, leen verdere geld aan boere, neem sekuriteit en kanselleer dit weer, en doen in die algemeen sy besigheid soos wat sy Wet en Statute dit voorskryf."

Hy gaan dan verder voort:

"Dit is dus die Vyfde Respondent se eerbiedige submissie dat tot tyd en wyl die Sessie in terme van Artikel 63 van die Landbankwet in werking gestel word, die Eerste Respondent die uitsluitlike reg en bevoegdheid het om bedrae

23

aan hom verskuldig te vorder, te skik of afstand daarvan te doen en om enige opbrengs tot sy voordeel aan te wend. Trouens, hy moet daardie bedrae wat hy vorder kan gebruik om bedrae wat hy weer in terme van die Kaskredietlening aan die Vyfde Respondent verskuldig is te kan betaal."

Nog later maak hy daarvan melding:

"dat die Vyfde Respondent ongeveer 240 kooperasies het wat kliënte van die Bank is. Dié Koöperasies, op hulle beurt, het ledetalle wat wissel van 500 tot 10 000 per Koöperasie. Dit is totaal ondenkbaar dat die Landbank daardie lede se betalings op enige wyse kan administreer of dat dit ooit die bedoeling van die Wetgewer was dat dit so sou gebeur. Dit was in elk geval ook nie die bedoeling van die Landbank of die Koöperasie toe die Sessie gegee en geneem was nie."

Afgesien van enige regsafleidings (wat buite

rekening gelaat kan word), word die feitebewerings van

Van Tonder en Van Wyk nie deur Louw betwis nie. Dit

blyk duidelik uit hulle getuienis dat wat die Koöperasie

en die Landbank met die sessieakte beoog het, was om 'n

ooreenkoms tot stand te bring wat slegs werking sou

verkry onder bepaalde omstandighede soos statutêr

24

omskryf in art 63(1) van die Wet. Sodanige bedoeling sou ook in harmonie gewees het met die wyse waarop hulle vorige (en uit 'n regsoogpunt, identiese) sessieaktes beskou het, en uitvoering aan hulle gegee het. Gevolglik, in ooreenstemming met die Koöperasie en die Landbank se bedoeling, het die oordrag van die vorderingsregte onder die sessieakte nog nie plaasgevind nie toe die aansoek om Louw se sekwestrasie gedoen is. Aangesien die vorderingsregte ten opsigte van Louw se skuld aan die Koöperasie nog in die Koöperasie gesetel het, het die Koöperasie dus oor die nodige locus standi beskik kragtens art 9(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936. Of die Landbank desondanks nog altyd regtens die nodige sekuriteit bekom het wat die sessieakte veronderstel was om hom te bied, is nie iets wat in die onderhawige appèl beslis hoef te word nie.

Uit die voorgaande volg dit dat Louw geen vooruitsigte van sukses op die meriete het nie. Die

25

aansoek om kondonasie kan derhalwe nie slaag nie.

Ek behandel vervolgens die kwessie van koste. Daar is koste aangegaan ten opsigte van sowel die aansoek om kondonasie as die appèl. Soos reeds gemeld, het die aansoek om kondonasie gegaan oor die laat indiening van die appélrekord, en was dit gepaard met 'n aansoek om ontheffing van die verpligting om sekuriteit te verskaf. (Duidelikheidshalwe, as daar gepraat word van die aansoek om kondonasie sluit dit albei aansoeke in.)

Dit blyk uit die stukke dat die appèlrekord reeds voor die datum vir indiening daarvan (17 Mei 1993) klaar voorberei was. Die nodige afskrifte is egter nie betyds geliasseer nie vanweë Louw se beweerde onvermoë om sekuriteit te verskaf (wat kragtens Appèlhofreël 6(2) voor indiening van afskrifte van die stukke moes geskied het). Vir die doeleindes van sy kondonasie-aansoek moes Louw 'n bevredigende en

26

aanvaarbare verduideliking verstrek waarom hy nie in staat was om sekuriteit te verskaf nie, en waarom die aansoek om die ontheffing van sy verpligting in die verband nie betyds gedoen is nie. Die aansoek het dus binne 'n betreklike nou bestek geval. Wat die meriete betref (in sover dit nodig was om redelike vooruitsigte van welslae op appèl aan te toon), was die wesenlike geskilpunt of die Koöperasie van locus standi ontneem is as gevolg van die sessieakte. Ook hierdie was nie 'n aangeleentheid van groot omvang sover dit die verlangde bewerings en stawende dokumentasie betref nie. As daar redelike vooruitsigte was vir 'n bevinding dat die Koöperasie nie locus standi gehad het nie sou die kondonasie-aansoek nouliks geweier kon gewees het.

Die appèlrekord (wat ook die stukke in saak nr 9266/92 insluit) beloop in totaal 175 bladsye. In teenstelling hiermee beslaan die kondonasie-aansoek 'n

27

massiewe vyf bundels en 534 bladsye, waarvan Louw se eedsverklaring (petisie) alleen, (dws sonder aanhangsels), 311 bladsye beloop. Die werklike tersaaklike gedeelte daarvan (in bundel 3) strek net oor 'n rapsie meer as 50 bladsye. Die antwoordende beëdigde verklarings namens die Koöperasie en die Landbank beloop om en by 50 bladsye, en sou klaarblyklik minder gewees het, was dit nie vir Louw se wydlopende bewerings nie. In antwoord hierop het Louw 'n repliserende beëdigde verklaring van 102 bladsye ingedien.

Al was dit nodig om die agtergrond tot die aansoek te skets, was dit oorbodig en onredelik om dit in soveel detail te gedoen het as wat die geval was. Insgelyks was dit geensins nodig om by die 160 bladsye te wy aan die rekenkundige, finansiële en ander fasette van die Koöperasie se eis, insluitende renteberekenings, of om breedvoerig met die Koöperasie se aansoek om die sekwestrasie van Louw se vrou se boedel te handel nie.

28

Onnodige herhaling kom ook voor in die stukke, en daar

is talryke oorbodige aanhalings uit gewysdes.

In Government of the Republic of South Africa

v Maskam Boukontrakteurs (Edms) Bpk 1984(1) SA 680(A) op

692G - 693A het CORBETT, AR, hom as volg uitgelaat:

"In recent years this Court has on a number of occasions drawn attention to the unnecessary inclusion in appeal records of numerous and sometimes lengthy documents and has made appropriate orders relating to the needless costs occasioned thereby. (See eg Omega Africa Plastics case supra; Olivier NO v Rondalia Versekerinqsmaatskappy van SA Bpk 1979(3) SA 20(A) at 36B-D; Woji v Santam Insurance Co Ltd 1981(1) SA 1020 (A) at 1030; Die Meester v Joubert en Andere 1981(4) SA 211 (A) at 228. ) Despite what has been said and ordered in these and other cases the practice of including unnecessary documents in appeal records persists. In my opinion, it is the duty of attorneys responsible for the preparation and lodging of appeal records to ensure that, if possible, this does not occur and thereby to obviate the incurring of unnecessary costs. Failure to perform this duty could amount to a breach of the duty of care owed by the attorney to his client. The time may come when this Court may consider it appropriate in such cases to order that such unnecessary costs be paid by the attorney concerned de bonis propriis (cf Machumela v

29

Santam Insurance Co Ltd 1977(1) SA 660(A) at 664A-C)."

Hierdie woorde kan aangepas word om ook

toepassing te vind in 'n geval soos die onderhawige.

Waar 'n prokureur 'n aansoek onnodig belas met

herhalings en oorbodige bewerings, besonderhede en

aanhangsels tree hy onredelik op, veroorsaak hy onnodige

koste en versuim hy om sy plig teenoor sy kliënt, die

ander partye en die hof behoorlik na te kom. Te meer

is dit die geval in 'n aangeleentheid soos die

onderhawige waar Louw, tot sy Kaapstadse prokureur van

rekord se wete, nie in staat is om enige kostebevel teen

hom te betaal nie. In die omstandighede is 'n

ongunstige kostebevel de bonis propriis teen Louw se

prokureur aangewese. Sodanige bevel is dan ook deur

beide die Koöperasie en die Landbank reeds in hulle

antwoordende beëdigde verklarings aangevra. Louw se

prokureur is dus vroegtydig op sy hoede gestel teen die

30

moontlikheid van so 'n bevel, en hy het ruim geleentheid

gehad om hom daarteen te verweer. Daar is voorgestel

dat Louw se prokureur gelas moet word om de bonis

propriis sestig persent tot twee-derdes van die koste

van die kondonasie-aansoek te betaal. Na my mening

sou twee-derdes billik wees. Dit geld vir die koste

verbonde aan die voorbereiding en voorlegging van die

aansoek om kondonasie, en die bestryding daarvan, maar

sluit nie die koste van die verskyning in hierdie Hof in

nie want sodanige verskyning was in elk geval nodig, nie

net vir die aansoek nie, maar ook vir die appèl. Alle

oorblywende koste moet deur Louw betaal word,

insluitende die koste van appèl (Rennie v Kamby Farms

(Pty) Ltd 1989(2) SA 124(A) op 132C.)

Bygevolg word die volgende bevel gemaak:

1. Die aansoeke om kondonasie vir die laat indiening van die appèlrekord en ontheffing van die verpligting om sekuriteit te verskaf, word met koste afgewys.

31

  1. Die applikant/appellant se Kaapstadse prokureur van rekord word gelas om twee-derdes van die koste verbonde aan die gemelde aansoeke (uitsluitend die koste verbonde aan die verskyning in hierdie Hof op 14 Maart 1994) de bonis propriis te betaal.

  2. Die koste verbonde aan die appèl word aan die eerste en vyfde respondente

toegeken.

4. Die koste van die eerste en die vyfde
respondente sluit in die koste verbonde
aan die indiensneming van twee advokate.

J W SMALBERGER APPèLREGTER

JOUBERT, AR )

HEFER, AR ) STEM SAAM

FH GROSSKOPF, AR )

HOWIE, AR )

▲ To the top