Saaknommer 532/91 /wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
GAVIN ADRIAANSE Eerste Appellant
GEORGE BIGGS Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: F H GROSSKOPF, NIENABER ARR et OLIVIER WND AR VERHOORDATUM: 10 Maart 1994 LEWERINGSDATUM: 30 Maart 1994
UITSPRAAK
OLIVIER WND AR/
2 OLIVIER WND AR
Appellante is op 30 April 1990 in die streekhof te Parow aan verkragting skuldig bevind. Elkeen is gevonnis tot sewe jaar gevangenisstraf. Hul appèl teen sowel die skuldigbevindings as die vonnisse is deur die Kaapse Provinsiale Afdeling (Tebbutt en Marais RR) van die hand gewys. Hulle appelleer met verlof van hierdie Hof, slegs teen die opgelegde vonnisse.
Dit is nodig om die omstandighede waaronder die verkragtings plaasgevind het, kortliks te skets. Die klaagster was ten tyde van die gebeure 19 jaar oud, ongetroud en het nog in haar ouerhuis gewoon. Hoewel sy gewerk het, het sy feitlik al haar vrye tyd by die huis deurgebring. Sy het nie saans laat uitgebly nie, het nie 'n mansvriend gehad nie, was 'n maagd en was ongekunsteld tot die mate dat sy nie eens geweet het hoe 'n mens soen nie. Die eerste appellant was 24 jaar oud, die tweede appellant 33 jaar. Beide was getroud. Eerste appellant is die vader van twee kinders; tweede appellant die vader van
3 drie. Die klaagster het tweede appellant baie goed geken.
Sy het hom as huisvriend geken en het hom vertrou. Sy het
eerste appellant vir die eerste keer in die loop van die
betrokke dag ontmoet.
Die klaagster se weergawe van die gebeure is deur
die verhoorlanddros aanvaar. In breë trekke is haar
weergawe die volgende: Die twee appellante het die middag
by haar ouerhuis aangekom. Daar het hulle na video's
gekyk; ook is rum en bier gedrink, maar nie deur haarself
nie. Om ongeveer 21:30 die aand het sy en die appellante
met tweede appellant se motor vertrek om ene Verosa de
Leeuw by laasgenoemde se huis te gaan aflaai. Klaagster
het haar suster se tweejarige kind saamgeneem. Nadat
Verosa de Leeuw in Elsiesrivier afgelaai is, het hulle na
Archie se wegneem-restaurant in Tygerberg se omgewing
vertrek om kos te gaan koop. Die bedoeling was dat eerste
appellant daarna afgelaai sou word by sy huis, en dan sou
tweede appellant haar en die kind gaan aflaai het. Nadat
hulle vleispasteitjies gekoop het, besluit die appellante
4 egter om na Tygerbergkoppie te gaan, omdat tweede appellant
gesê het hy wil gaan kyk of sy neef s daar vleis braai.
Tweede appellant het die motor bestuur. Klaagster het voor
in die motor met die kind op haar skoot gesit en eerste
appellant was op die agterste sitplek. Op pad na
Tygerbergkoppie het eerste appellant begin om aan haar hare
te trek en hy wou ook hê dat sy die kind na hom toe moes
aangee. By Tygerbergkoppie het die motor tot stilstand
gekom en het sy, met die kind in haar arms, uit die motor
probeer spring en aangedui dat sy huis toe gaan loop, maar
beide appellante het haar teruggetrek in die motor in, die
een aan haar arms en die een aan haar lyf. Dit was toe
ongeveer 22:00. Hulle het beloof om haar en die kind huis
toe te neem, maar dit nie gedoen nie ten spyte daarvan dat
sy gesê het haar moeder sal kwaad wees omdat sy laat
uitbly. Sy het op hierdie stadium begin bang word.
Incerdaad is die beiofte om haar huis toe te neem nie
gestand gedoen nie, want appellante het na Killarney gery,
weer as gevolg van 'n verskoning van tweede appellant dat
5 hy daar na sy neefs gaan soek, ten spyte van besware van
haar kant. Tweede appellant het belowe om haar daarvandaan
huis toe te neem. Sy was toe baie bang. Op pad daarheen
het eerste appellant daarop aangedring dat sy agter in die
motor by hom moes inklim, maar sy het geweier. Tweede
appellant het voorgestel dat sy die kind, wat toe hard
gehuil het, vir eerste appellant moes gee om vas te hou
sodat hy, eerste appellant, haar in vrede kon laat. Sy het
dit gedoen. By Killarney het tweede appellant onder bome
stilgehou. Daar was ongeveer drie ander voertuie, maar die
naaste was 50 tot 100 meter weg. Eerste appellant het weer
die kind vir tweede appellant, wat steeds in die
bestuurdersitplek was, gegee en haar weer gevra om agter in
die motor by hom te kom sit. Sy het geweier, waarop tweede
appellant haar gevra het om saam met eerste appellant uit
die motor te klim en 'n endjie weg van die motor te gaan
praat. Sy het dit gedoen. Eerste appellant het buite die
motor aan haar gesê dat sy agter in die motor saam met hom
moes klim "want hy sal liefde met my maak." Sy het
6 geweier, waarop hy haar begin ruk het aan haar trui, wat
geskeur het. Sy het op tweede appellant geroep, maar hy
het niks gedoen nie en gesê sy moet na eerste appellant
luister. Sy het toe agter ingeklim, maar dadelik
oorgespring na die voorste sitplek om voor te gaan sit.
Tweede appellant het daarop gesê sy moet saam met hom
uitklim, want hy wil met haar gaan praat. Sy het dit
gedoen en daar, buite die motor, het tweede appellant gesê
dat sy met eerste appellant moes saamspeel aangesien hy
twee rewolwers by hom het en vir haar, die kind en tweede
appellant daarmee sou skiet. Sy het die dreigement geglo,
maar steeds geweier. Tweede appellant het toe aan haar
gesê dat huile aan eerste appellant moes sê dat daar 'n
partytjie by haar huis is en dat hulle daarheen moet gaan.
By die huis kon sy dan ontviug. Tweede appellant het met
eerste appellant wat steeds in die motor sit, gaan praat.
Hy het teruggekom en gesê dat eerste appellant swaar aan
die storie sluk, maar dat sy agter in die motor by hom moes
inkiim, dan sal hy vinnig na haar huis ry. Sy het geen
7
vuurwapen gesien nie, maar omdat sy die dreigement geglo het, het sy agter in die voertuig by die eerste appellant ingeklim. Sy het die kind aan tweede appellant gegee en hulle het daarvandaan vertrek.
Op hierdie stadium het eerste appellant gesê dat sy saam met hom op die agterste sitplek moes lê. Omdat tweede appellant gesê het dat hy vinnig na haar huis sou ry, het sy besluit om saam te speel. Inderdaad het tweede appellant al stadiger gery. Eerste appellant het haar beveel om haar "jeans" uit te trek; sy het geweier, maar tweede appellant het haar aangesê om te doen wat eerste appellant sê. Sy het haar "jeans" uitgetrek en eerste appellant het haar begin soen. Hy moes haar leer hoe om te soen. Hy het haar beveel om haar damesbroekie uit te trek, maar ten einde vir tyd te speel, het sy gesê hy is te vinnig, rnet die oogmerk om hom aan die praat te hou. Eerste appellant het weer daarop aangedring dat sy haar damesbroekie moes uittrek; sy het geweier en weer beveel tweede appellant haar om te doen wat eerste appellant sê.
8 Sy trek toe die damesbroekie ook uit. Sy het steeds gehoop
dat tweede appellant haar ouerhuis sou bereik voordat
ernstiger dinge plaasvind. Sy het oor klein dingetjies
begin praat, maar eerste appellant het haar stilgemaak. Hy
het toe ook sy langbroek en onderbroek uitgetrek en bo-op
haar gaan lê. Hy het probeer penetreer, waarop sy
weggetrek het, maar eerste appellant het gesê sy moet stil
lê, of hy sou haar en die kind skiet. Hy het haar telkens
teruggetrek, nader aan homself. Die voertuig het op
daardie stadium nog beweeg. Daarna het penetrasie
plaasgevind; sy het geskree weens pyn en die kind het
begin huil. Tweede appellant het haar gemaan om nie so te
skree nie. Eerste appellant het daarna van haar afgeklim.
Hy was baie kwaad en het aan tweede appellant gesê dat
laasgenoemde maar moes probeer. Die motor het toe by
Bloubergstrand stilgehou. Die appellante het posisies
omgeruil. Tweede appellant het by haar kom lê en gesê dat
hulle mces maak asof hul geslagsgemeenskap het. Haar
onderlyf was steeds naak. Hulle lê en gesels. Na verloop
9 van 'n tydperk van ongeveer 10 minute het tweede appellant
ook sy broek uitgetrek en gesê hy moet "maar die kans vat
terwyl dit daar is." Hy het aan haar borste begin vat,
maar sy het dit afgeweer en gesê "dit is nie wat julle wil
hê nie." Tweede appellant het daarna met haar gemeenskap
gevoer. Sy het dit toegelaat aangesien sy bang was en
besef het dat dit nutteloos sou wees om weerstand te bied.
Sy gee toe dat sy nooit in soveel woorde aan tweede
appellant gesê het dat sy weier om met hom gemeenskap te hê
nie. Terwyl tweede appellant besig was met die
geslagsdaad, het sy begin skree dat sy wil urineer, maar hy
het gesê sy moet wag tot hy klaar is. Op hierdie stadium
het eerste appellant iets teen haar been gedruk wat soos 'n
plat yster gevoel het. Sy het gevoel dis nie 'n rewolwer
nie en coe het sy besef cat hy ongewapen is. Daarna het sy
uit die motor geklim - hulle was steeds by Bloubergstrand.
Sy het haar Lrui om haar onderlyf gehang nacat sy haar
damesbroekie aangetrek het. Daarna het sy weggehardloop.
Sy het die kind agtergelaat by die appellante want sy het
10 toe geweet dat hulle ongewapen is en niks aan die kind kon
doen nie. Dit was nou reeds laat in die aand of nag. Sy
het by 'n huis om hulp aangeklop, maar daar was niemand
nie. By 'n woonstelblok het sy op verskeie voordeur-
klokkies gedruk, maar niemand het oopgemaak nie. Later het
sy in 'n hoekie naby die hysbak gaan sit. 'n Hengelaar,
wat van visvangs teruggekeer het, het 'n dik jas aan haar
gegee en het haar aangesê om op die grondvloer te gaan wag
tot 05:00, dan kom die werkers wat koerante aflewer en
hulle sou haar help. Sy het daar gaan sit en wag. Voor
vyfuur het 'n man en vrou opgedaag en hulle het haar later
huis toe geneem. Vandaar is sy na die Tygerberg-hospitaal
geneem, waar die polisie haar gespreek het. Sy het later
verneem dat eerste appellant die kind by haar skoonsuster
se moeder afgelaai het.
Klaagster het getuig van beserings wat sy
oogedoen het. Sy het 'n blou oog opgedoen en haar arms was
blou. Sy sê dit het sy opgedoen weens die stoeiery met
eerste appellant. Daar was nie verdere beserings nie en
11 blykbaar geen psigiese letsels of nagevolge nie.
Sy het ook getuig dat hoewel die appellante vroeër die middag drank gebruik het, dit geen effek op hulle gehad het nie.
Die landdros het die klaagster se weergawe aanvaar. Daardie weergawe is die een waarop die skuldigbevindings gebaseer is en waarteen die opgelegde vonnisse in perspektief geplaas moet word.
Die persoonlike omstandighede van eerste appellant is die volgende: Hy was ten tyde van die pleging van die misdryf 24 jaar oud en het geen vorige veroordelings nie. Hy het standerd agt op skool geslaag en beklee 'n vaste werk. Hy is getroud en het twee kinders. Die verhoorlanddros is meegedeel dat hy uit 'n goeie huis kom en dat sy eggenote hom vergewe het en hom nou bystaan.
Tweede appellant was 33 jaar oud toe die misdryf gepleeg is; hy is getroud en het drie kinders. Hy was 'n kontroleur in beheer van 40 huurmotors. In sy getuienis ter versagting het by berou getoon. Hy het vorige
12 veroordelings: In 1972 vir motordiefstal; in 1976 vir
diefstal van kontant en in 1985 vir tjekbedrog.
Die landdros het blykbaar aanvaar dat die klaagster nie fisies ernstig beseer was nie en sielkundig gladnie benadeel is nie. Dit blyk ook dat die strafsaak alreeds, voor die geleentheid waarop vonnis opgelê is, veertien keer voor die hof gedien het. Maar uit die uitspraak blyk ook dat die landdros die onomwonde standpunt ingeneem het dat gevangenisstraf die enigste straf vir verkragting is; die moontlikheid van opskorting is slegs in eerste appellant se geval oorweeg. Dit is afgemaak slegs omrede hy heeltemal onbekend aan die klaagster was en eerste met haar gemeenskap gehad het. Elkeen van die appellante is tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die opgelegde vonnisse is myns insiens onvanpas indien die omstandighede behoorlik in ag geneem word. Daarmee word nie te kenne gegee dat verkragting nie 'n ernstige misdaad is nie; inteendeel. Maar soos in die geval van alle misdrywe, ook ernstige misdrywe soos moord,
13 kan verkragting met omstandighede gepaard gaan wat dit op
die skaal van weersinwekkendheid van meer tot minder
ernstig aanmerk. In S v Sauls en 'n Ander 1982 PH H131
verklaar Van den Heever R:
"Selfs verkragting kan varieer van 'n betreklike nietigheid tot 'n halsmisdaad."
Ook by hierdie misdaad moet die strafoplegger waak teen
toorn en emosionaliteit wat met regterlikheid onbestaanbaar
is. Die beeld wat uit die landdros se uitspraak op vonnis
verkry word, is dat hy slegs bestrawwing, en nie ook
rehabilitasie van die daders of die breë gemeenskapsbelang
nie, voor oë gehou het. In die proses is die erns van die
betrokke geval oorbeklemtoon. Die volgende oorwegings het
in die landdros se uitspraak nie voldoende erkenning geniet
nie:
(i) Die verkragting was nie soseer op geweld gemik nie,
maar op seksuele bevrediging. Pogings tot seduksie het oor
die bestek van 'n lang aand in erns toegeneem, totdat dit
uiteindelik op dreigemente met geweld uitgeloop het.
14 (ii) Die enigste werklike geweld wat gebruik is, was toe
die klaagster by Tygerbergkoppie in die motor teruggetrek
is. Alhoewel die klaagster blou kolle op haar arms
opgedoen het en moontlik ook 'n blou oog, is die geweld wat
hier gebruik is van 'n baie lae orde.
(iii) Hoewel aanvaar moet word dat die klaagster bang
gemaak is met die dreigement dat eerste appellant twee
rewolwers by hom het, moet bevraagteken word of daar
werklik rede vir ernstige angs was. Teen die tyd wat die
dreigement gemaak is, was die klaagster alreeds vir 'n
geruime tyd in eerste appellant se teenwoordigheid. As hy
twee rewolwers by hom gehad het, sou sy dit kon sien, want
hy het nie 'n jas of baadjie aangehad nie. Sy sê self dat
sy nie vuurwapens by hom bemerk het nie.
(iv) Klaagster se eie optrede is ietwat vreemd. Nadat sy
deur eerste appellant verkrag is, lê sy, sonder haar
"jeans" of damesbroekie, langs tweede appellant. Daar is
geen getuienis dat sy toe lê en huil het of in 'n
skoktoestand was nie. Geen dreigement is op hierdie
15
stadium gebruik om haar tot geslagsverkeer te onderwerp nie.
(v) Sy het geen psigiese leed opgedoen nie. (vi) Sy is nie deur wildvreemdes verkrag nie. Sy het tweede appellant lank as 'n familievriend geken en 'n hele paar ure in eerste appellant se geselskap deurgebring. (Sien S v N 1988(3) SA 450 (A) te 465 H-I.) Insgelyks is hul persone wat uit dieselfde sosiale milieu as die klaagster kom.
Die opgelegde vonnisse moet dus tersyde gestel word. Dan ontstaan die vraag wat in die onderhawige geval gepaste vonnisse sou wees. Een moontlikheid sou stellig wees om die opgelegde termyn te verkort en 'n deel daarvan onder gepaste voorwaardes op te skort. Maar sedert die vonnisse deur die landdros opgelê is, is die keuse-moontlikheid van strafmaatreëls ingrypend uitgebrei: Art 41(a) van Wet 122 van 1991 het artikels 276(1)(h) en (i) tot die Strafproseswet 51 van 1977 toegevoeg. Art 276(1)(h) saamgelees net 276A(1) maak voorsiening vir
16 korrektiewe toesig vir 'n tydperk wat 3 jaar nie te bowe
gaan nie en art 276(1)(i) saamgelees met 276A(2) vir
gevangenisstraf wat 5 jaar nie oorskry nie en waaruit die
betrokke persoon na goeddunke deur die Kommissaris onder
korrektiewe toesig geplaas kan word. Nieteenstaande die
feit dat hierdie twee strafvorme op die wetboek geplaas is
nadat die landdros in hierdie aangeleentheid die vonnisse
opgelê het, sal hy, vanweë die tersydestelling van die
opgelegde vonnisse, bevoeg en trouens verplig wees om ook
nou hierdie strafvorme te oorweeg. (Prokureur-Generaal,
Noord-Kaap v Hart 1990(1) SA 49 (A); S v R 1993(1) SA 476
(A) te 484J - 485H.)
Die saak moet dus na die verhoorhof terugverwys
word vir heroorweging van 'n gepaste straf vir beide
appellar.ce. As uicgangspunt verdien korrektiewe toesig
ingevolge art 276(1)(h) sterk oorweging. Omdat
gevangenisstraf van 5 jaar na ons mening onvanpas sou wees,
verdien 'n vonnis ingevolge art 276(1)(i) nie ernstige
oorweging nie. Korrektiewe toesig ingevolge art 276(1)(h)
17 plaas die klem nie net op bestrawwing nie, maar ook op
rehabiiitasie binne die milieu van die gesin en die
gemeenskap. Dit sou ook 'n ernstige fout wees om
korrektiewe toesig ingevolge art 276(1)(h), as 'n "ligte"
strafvorm te beskou. Dit kan so saamgestel en ingerig word
dat dit steeds die dader 'n gevoelige straf toedien, wat
selfs meer beswarend as korttermyn gevangenisstraf kan
wees. (S v R supra te 488 I-J.) In beginsel, en
afhangende van die omstandighede van die geval, sou dit in
aanmerking kom by die oorweging van straf vir enige vorm
van misdaad. In S v Boovsen 1993(1) SASV 698 (A) is 'n
vonnis van twee jaar gevangenisstraf, opgelê vir 'n minder
ernstige geval van roof met verswarende omstandighede, deur
hierdie Hof tersyde gestel en na die streekhof terugverwys
vir oorweging van 'n vonnis van korrektiewe toesig.
Hierdie hof kan self nie oor die toepaslikheid
van korrektiewe toesig in die oncerhawige geval besin nie,
onder andere omdat daar nie 'n verslag soos vereis deur art
276A(1)(a) van die Strafproseswet ter hand is nie.
18 Die appèl slaag. Die opgeiegde vonnisse word
tersyde gestel. Die aangeleentheid word na die verhoorhof
terugverwys om opnuut vonnis op te lê nadat voldoen is aan
die bepalings van art 276A(l)(a) van die Strafproseswet 51
van 1977 en 'n verslag van 'n proefbeampte of korrektiewe
beampte aangevra en verkry is en nadat alle verdere
relevante getuienis aangehoor is.
Waarnemende Appèlregter
F H GROSSKOPF AR ]
] STEM SAAM
NIENABER AR ]