S v Wepener (211/1992) [1994] ZASCA 59 (30 March 1994)


Saaknommer 211/92 /wlb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

LOURENS HENDRY WEPENER Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: F H GROSSKOPF, NIENABER ARR et OLIVIER HND AR VERHOORDATUM: 10 Maart 1994 LEWERINGSDATUM: 30 Maart 1994

UITSPRAAK

OLIVIER WND AR/

2

OLIVIER WND AR

Appellant is op 13 Julie 1990 in die landdroshof te Pietersburg uit hoofde van 'n pleit van skuldig op 'n aanklag van onsedelike aanranding skuldig bevind. Hy het erken dat hy by twee geleenthede sy sewejarige stief-dogtertjie onsedelik betas het. Hy is op 3 September 1990 tot twaalf maande gevangenisstraf gevonnis. Op 4 Maart 1991 is sy appèl teen die vonnis deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die hand gewys. Appellant appelleer met verlof van hierdie Hof.

Uit 'n erkenning van appellant by die verhoor blyk dat hy die dogter by twee geleenthede betas het. Sy het, volgens hom, eike keer geslaap, maar by die eerste betasting het sy wel wakker geword. Geen ander getuienis ten opsigte van die misdryf self is voorgelê nie.

Ten tyde van die skuldigbevinding was appellant 35 jaar oud. Dit was sy eerste oortreding. Hy is 'n produksiebestuurder wat R2 500,00 per maand verdien. Hy is

3 getroud met die moeder van die dogter.

Die hof het 'n proefbeampteverslag aangevra hoofsaaklik oor die toestand van die slagoffer en nie soseer oor die omstandighede van die appellant nie. 'n "Psigososiale" verslag opgestel deur 'n proefbeampte, die kantoorhoof van die Departement van Gesondheidsdienste en Welsyn te Pietersburg, is voorgelê. Hy het getuig en die verslag bevestig en ingehandig.

Appellant, wat nie deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is nie, het geen vrae aan die proefbeampte gestel nie. Hy is hoofsaaklik op grond van die inligting in die gemelde verslag gevonnis.

In S v M 1991(1) SASV 91 (T) te 10le is die

volgende stelling gemaak:

"Die no;ve steun swaar op vakkundige hulp.
Sodanige steun verg dat die hulp objektief,
deurtastend en gemotiveerd moet wees. Uiteraard
verskil die werksmetode van geesteswetenskappe
onderling. Waar 'n vakkundige egter forensies optree,
dit wil sê met die oog op getuienis of verslaglewering
aan 'n geregshof, word dit van so 'n vakkundige verwag
om darem die feitebeoordelingsmetode van 'n geregshof
in gedagte te hou "

4 Die gemelde verslag voldoen nie aan die vereiste

standaard nie. Die fundamentele probleem is dat dit oor

kernaspekte vaag en dubbelsinnig is en ook 'n onverdedig-

bare aanbeveling, te wete dat slegs gevangenisstraf wat nie

opgeskort is nie die enigste gepaste vonnis vir appellant

is, bevat. Die gevolg hiervan was dat die landdros, wat

swaar op die verslag gesteun het, afleidings gemaak het wat

moontlik en selfs waarskynlik verkeerd is en 'n vonnis wat

onvanpas is, opgelê het.

Dit is voldoende om die ongelukkige gevolge van die vaagheid en dubbelsinnigheid van die gemelde verslag met twee voorbeelde te illustreer.

Eerstens: Die proefbeampte meld dat dit uit 'n skoolverslag ten aansien van die dogtertjie duidelik is dat sy reeds op 'n vroeë ouderdom met "emosionele problematiek" opgesaal was. Binne skoolverband was sy stil, terug-getrokke, emosioneel afgetrokke, afknouerig en moedswillig. Sy het haarself teruggetrek. Uit die verslag van die kliniese sielkundige, sê hy, blyk dat sy passief,

5 emosioneel labiel, gedepriveerd en afgestomp is. Die kind

het 'n lae intellek en haar algemene toestand is bekommer-

niswaardig. Haar prognose is te swak vir psigoterapie.

Die verslag van die proefbeampte vervolg dan:

"Dit is dus duidelik dat hier te make is met 'n kind wat geskaad is vir die res van haar lewe, veral gesien dat 'n diagnose gemaak is dac haar prognose te swak is vir psigoterapie."

Nou is dit nie duidelik of die stelling, dat die kind geskaad is vir die res van haar lewe, afkomstig is van die sielkundige dan wel van die proefbeampte nie. Maar wat ookal die geval is, dit word nie gesê waardeur sy vir die res van haar lewe geskaad is nie - net so min as gesê word om welke rede sy met "emosionele problematiek" opgesaal is, of waarom sy al die ander genoemde gedragspatrone vertoon. Die afleicinc kan egter verkeerdelik gemaak word dat dit alles aan appellant se vergryp te wyte is.

Die proefbeampte voeg in sy evaluasie by dat daar by die kind besliste simptome van die seksueel-gemolesteerde kind waargeneem word. Dit blyk geensins uit

6 die verslag dat hy 'n onderhoud met die kind self gevoer

het nie. Nog minder blyk dit op grond waarvan hy kan sê

dat daar by haar besliste simptome van die seksueel-

gemolesteerde kind voorkom. Voorts is daar geen aanduiding

dat die dogter enige trauma weens appellant se optrede

ervaar het nie.

Nie alleen het die landdros nagelaat om al die

genoemde onduidelikhede in die verslag op te klaar nie,

maar daaruit die mees nadelige afleidings teen appellant

gemaak. So aanvaar hy dat weens appellant se optrede die

dogter twee keer aan dieselfde traumatiese ervaring

blootgestel is. Ook word klaarblyklik aanvaar dat die

dogter weens appellant se optrede geestelike letsels

opgedoen het. Dit mag wees dat 'n behoorlike feite-

ondersoek uiteindelik gemelde afleidings sou kon bevestig

het, maar op al die feite voor die landdros was gemelde

afleidings nie geregverdig nie. Die dogter was immers by

beide geleenthede aan die slaap; slegs eenmaal het sy

wakker geword. Daar is geen direkte en getoetste getuienis

7 van 6f trauma óf geestelike letsels weens appellant se

optrede nie.

Tweedens: In die loop van die verslag meld die

proefbeampte dat hy 'n onderhoud met appellant se eggenote

gevoer het. Hy noem 'n aantal bewerings wat sy aan hom

gemaak het. Die verslag gaan dan voort:

"Die beskuldigde ontken dat hy enige seksueel afwykende gedragstendense openbaar en hou hy nogr steeds daarmee voi dat hy onskuldig is aan die huidige misdaad. Hy meid dat hy geen kennis dra van die oortreding nie. Aan die eenkant meld die beskuldigde dat hy nie 'n probleem het nie, maar aan die anderkant meid hy dat hy nie weet of hy dit gedoen net nie."

Die eerste probleem met hierdie stellings is dat

dit uit die verslag nie duidelik is of gemelde bewerings

van appellant dan wel van sy eggenote afkomstig is nie.

Maar selfs al was dit van appellant afkomstig, is dit

gladnie duidelik of gemelde ontkennings vóór of ná

appellant se skuldigbevinding was nie. Die waarskynlikhede

is sterk daarteen dat dit ná skuldigbevinding was, want

appellant het immers reeds self skuldig gepleit. Latere

skuldontkennings sou sinneloos wees.

8 Die proefbeampte het in sy evaluasie weer vermeld

dat appellant die misdaad ontken. Hierdie feit lei hom

daartoe om te verklaar dat daar nie tot 'n sinvolle

diagnostiese evaluasie van appellant gekom kan word nie -

inteendeel kan 'n behandelingsprogram nie binne die ope

gemeenskap uitgewerk word nie. Hy beveel onopgeskorte

gevangenisstraf aan.

Die landdros het die proefbeampte se stellings klaarblyklik verstaan as sou appeilant ná skuldigbevinding aandadigheid ontken het. Hieruit lei die landdros af dat beskuldigde geen berou toon nie. Trouens, die landdros verklaar uitdruklik dat hy nie veel waarde heg aan die feit dat appellant skuldig gepleit het nie, want hy ontken skuld teenoor sy eggenote en die proefbeampte. Gevolglik word die proefbeampte se aanbeveling van onopgeskorte gevangenisstraf aanvaar.

Ek meen dat die landdros se afleiding uit die verslag op gesigswaarde verkeerd is; ten minste moes hy die posisie opgeklaar het voor hy die genoemde afleiding

9 kon maak, al het die appellant, as leek, die verslag nie

aangeval nie.

Na my mening het die landdros dus twee mistas-tings begaan. Beide gaan tot die kern van die vonnis-oplegging.

Daar is ook aangevoer dat die landdros in elk geval by vonnisoplegging nie 'n behoorlike diskresie uitgeoefen het nie. Blykbaar is slegs gevangenisstraf oorweeg. Weens die proefbeampte se verslag is opskorting of deels-opskorting as ontoepaslik beskou. Geen ander strafvorm is oorweeg nie - ten minste, die landdros se redes vir vonnis toon geen blyke van sodanige oorweging nie. Daarbenewens is die vonnis buite verhouding met vonnisse wat in soortgelyke sake deur hierdie en ander howe cpgelê is - sien bv S v S 1977(3) SA 830 (A) en S v B 1980(3) SA 846 (A).

Uit die oorkonde is dit voorts duidelik dat die verhoorlanddros met 'n graad van morele verontwaardiging opgetree het. Hy het, waarskynlik verkeerdelik soos reeds

10 gemeld, dit die appellant verwyt dat hy geen berou getoon

het nie. Hy het, ook waarskynlik verkeerdelik, die

appellant verwyt van geestelike beskadiging van die

dogtertjie. Hy het verwys na die hoë voorkoms van

ontugsake in sy hof. Hy het op onreëlmatige wyse die

inhandiging deur die aanklaer van 'n skeurblad van die

SUNDAY TIMES, waarin op sensasionele wyse na die voorkoms

van onsedelike misdrywe in Pietersburg verwys word,

toegelaat. Die landdros het ook uit die blote feit dat die

appellant in die hof geen tekens van verwardheid, onsame-

hangendheid of onsekerheid vertoon het nie, afgelei dat hy

geen sielkundige probleme het nie. Afgesien daarvan dat

dié afleidings ongeregverdig is, moes die blote aard van

die misdryf tog op die teenoorgestelde gedui het - vgl

S v D 1989(4; SA 709 (T).

Omdie gemelde redes kan die opgelegde vonnis nie gehandhaaf word nie en moet dit tersyde gestel word.

Hiermee word die erns van die misdryf geensins afgewater nie. Dit mag uiteindelik, na 'n behoorlike

11 ondersoek en herbesinning, blyk dat gevangenisstraf, bes

moontlik opgeskort onder voorwaardes van die aard vermeld

in S v S supra en S v B supra, wel die aangewese straf-

maatreël is.

Maar dit is ook moontlik dat 'n vorm van

korrektiewe toesig soos bedoel in art 276(1)(h) van die

Strafproseswet 51 van 1977 die aangewese vonnis is. Die

aard en doel van hierdie strafvorm is volledig behandel in

S v R 1993(1) SA 476 (A). Dit is miskien weer nodig om te

beklemtoon dat korrektiewe toesig nie 'n "ligte" strafvorm

is nie. Dit dien steeds 'n gevoelige straf toe wat so

saamgestel kan word dat dit vir die veroordeelde meer

beswaar as korttermyn gevangenisstraf. (S v R supra te 488

I-J.) In beginsel en afhangende van die omstandighede van

die geval sou dit in aanmerking kom by die oorweging van

straf vir enige vorm van misdaad. Trouens, in S v Booysen

1993(1) SASV 698 (A) is 'n vonnis van twee jaar

gevangenisstraf, opgelê vir 'n minder ernstige geval van

roof met verswarende omstandighede, deur hierdie Hof

12 tersyde gestel en terugverwys na die streekhof vir

oorweging van 'n vonnis van korrektiewe toesig. Sien ook

S v Sibuyi 1993(1) SASV 235 (A). Dit is egter besonder

vanpas in gevalle soos die onderhawige waar rehabilitasie

van die veroordeelde en die gesin ten beste in gesins-

verband kan plaasvind.

Toe die landdros die vonnis tans onder appêl

opgelê het (3 September 1990), het die vonnisopsie van

korrektiewe toesig nog nie bestaan nie. Art 276(1)(h) is

eers in 1991 ingevoeg uit hoofde van art 41(a) van Wet 122

van 1991. Gemelde artikel is met ingang 1 Oktober 1992 ook

vir Pietersburg in werking gestel. (Sien Proklamasie

115/1992 in Staatskoerant 14313 van 1 Oktober 1992.) Die

posisie is egter dat met die tersydestelling van die

cpgelegde vonnis, daar van meet af aan oor die vcnnis besin

moet word en dat die regterlike beampte alle vonnisopsies

wat tans bestaan, kan en moet oorweeg. (Prokureur-

Generaal, Noord-Kaap v Hart 1990(1) SA 49 (A); S v R supra

te 484J - 485H.) Dit beteken dat dit die landdros in die

13 onderhawige geval vrystaan om, nadat die voorgeskrewe

prosedure nagekom is, korrektiewe toesig te oorweeg en

indien gepas, op te lê.

Hierdie Hof sou in 'n gepaste geval en as die verslag van 'n proefbeampte soos vereis deur art 276A(1)(a) voor die verhoorhof was, self korrektiewe toesig kon oplê. In S v R supra is die opgelegde vonnis tersyde gestel en is die aangeleentheid na die verhoorhof terugverwys vir die oplegging van 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge art 276(1)(h). Dit kon gedoen word omdat die hof die voordeel van 'n volledige verslag gehad het en oortuig was dat korrektiewe toesig die geskikte strafvorm is (te 489H). Die verslag van die proefbeampte wat in die onderhawige geval voor die landdros gedien het, verskaf om die redes genoem egter nie daardie feitelike gegewens wat nodig is om 'n behoorlike diskresie uit te oefen en om toepaslike voorwaardes vir die korrektiewe toesig te bepaal nie.

Haar daar geen sodanige verslag bestaan nie, kan hierdie Hof geen oortuiging hê dat korrektiewe vonnis die

14 aangewese strafvorm is of welke voorwaardes om op te lê

nie. Die aangewese weg is dus om die saak na die

verhoorhof terug te verwys vir die oorweging van 'n vonnis,

wat korrektiewe toesig insluit, en oplegging van 'n gepaste

vonnis. Die verslag soos vereis deur art 27GA(l)(a) moet

verkry word asook aile ander verslae wat nodig of nuttig

mag wees. Getuienis wat behulpsaam kan wees by die

vonnisoplegging moet aangehoor word.

Vonnis is reeds in September 1990 opgelê; dit mag wel wees dat bykans vier jaar sou verstryk het wanneer hierdie aangeleentheid weer voor die landdros dien en die nodige verslae verkry is. Die lang tydsverloop en die invioed van die vonnis wat vir so 'n lang tyd op die appellant hangende is, is faktore wat terdeë in ag geneem moet word wanneer vonnis opnuut corweeg word.

Die appêl slaag. Die opgelegde vonnis word tersyde gestel. Die aangeleentheid word na dle verhoorhof terugverwys om opnuut vonnis op te lê nadat voldoen is aan die bepalings van art 276A(l)(a) van die Strafproseswet 51

15 van 1977 en 'n verslag van 'n proefbeampte of korrektiewe

beampte aangevra en verkry is en nadat alle verdere

relevante getuienis aangehoor is.

Waarnemende Appèlregter

F H GROSSKOPF AR ]

] STEM SAAM
NIENABER AR ]

▲ To the top