S v Dangatye (724/1992) [1994] ZASCA 63 (17 May 1994)


LL Saak No 724/1992

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

CHARLES DANGATYE Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, HEFER, GOLDSTONE ARR, NICHOLAS

et OLIVIER Wnd ARR

VERHOORDATUM: 7 MAART 1994 LEWERINGSDATUM: 17 MEI 1994

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2 Die appellant is in die Rondgaande Hof op Rustenburg deur SCHABORT R en assessore skuldig bevind aan moord, roof (twee aanklagte) en die onwettige besit van 'n vuurwapen. Weens die moord is hy ter dood veroordeel. Op elk van die aanklagte van roof is hy tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, en op die oorblywende aanklag tot 2 jaar gevangenis-straf. Die appêl is gerig slegs teen sy skuldig-bevinding aan moord en die doodvonnis wat hom opgelê is.

Die verhoor in die hof a quo het oor drie dae gestrek, van 1 April tot 3 April 1992. Gedurende die oggend van die tweede dag het die appellant hom "onttrek aan die saak", soos die verhoorregter dit gestel het, deur die hofsaal te verlaat en terug te keer na die sel waarin hy aangehou was. Daarna is die verhoor voortgesit in sy afwesigheid. Die appellant se "onttrekking" het gevolg nadat hy

3 beswaar gemaak het teen die wyse waarop die pro Deo advokaat wat destyds namens hom opgetree het, die saak gevoer het, en die advokaat hom aan die ver-rigtinge onttrek het (met die verlof van die verhoor-regter), en nadat die verhoorregter laat blyk het dat hy nie van voorneme was om 'n aansoek van die appellant om die uitstel van die verhoor, ten einde die dienste van 'n advokaat van sy keuse te bekom, toe te staan nie.

Aan die einde van die verhoor, nadat die appellant (steeds in sy afwesigheid) skuldig bevind en gevonnis is, het die verhoorregter die prokureur-generaal (Transvaal) versoek om reëlings te tref vir regsverteenwoordiging van die appellant, om hom "desnoods teen wil en dank" by te staan vir die doeleindes van 'n appèl. Ter voldoening aan die versoek het 'n lid van die prokureur-generaal se personeel die appellant in die gevangenis besoek en

4

aan hom verduidelik dat 'n pro Deo advokaat aangestel

kan word om sy appêl te behartig. Die appellant het

bevestig dat hy wil appelleer teen die doodvonnis wat

hom opgelê is en dat hy wel bereid is om die aanstel-

ling van 'n pro Deo advokaat te aanvaar om die appèl

te behartig. Daarna is mnr Waqener aangestel om

namens die appellant op te tree. Met die advies en

bystand van mnr Wagener het die appellant toe 'n

aansoek in die hof a quo geloods dat 'n spesiale

aantekening van 'n onreëlmatigheid op die oorkonde

aangebring word ingevolge artikel 317(1) van die

Strafproseswet 51 van 1977. Die aansoek is toege-

staan. Die spesiale aantekening lui soos volg:

"Dit word beweer dat daar 'n onreëlmatig-heid plaasgevind het deurdat die verhoor-regter nie geregtig was om aan die beskuldigde 'n keuse te gee of hy sy ver-hoor wil bywoon al dan nie. Dit word beweer dat artikel 158 van die Strafproses-wet 51 van 1977 gebiedend bepaal dat alle strafregtelike verrigtinge in 'n hof in die aanwesigheid van die beskuldigde moet plaasvind. Dit word beweer dat die

5

verhoorregter slegs in terme van artikel 159(1) kon gelas het dat die verrigtinge in die afwesigheid van die beskuldigde plaas-vind en dat hy nie daarvolgens opgetree het nie dit wil sê die bepalings van artikel 159(1) van We t 51 van 1977 nie hier van toepassing is nie.

Dit word voorts gepostuleer dat die gevolglike afwesigheid van die beskuldigde by die verrigtinge 'n onreëlmatigheid daargestel het, alternatiewelik, in stryd met die reg was en daartoe gelei het dat geregtigheid nie geskied het nie."

In hierdie Hof het mnr Wagener, in die loop

van sy deeglike en bekwame betoog namens die appel-

lant, uitgebrei op die bewerings wat vervat is in die

spesiale aantekening en aangevoer dat die appêl op

grondslag daarvan gehandhaaf behoort te word. Daar-

benewens het hy ook 'n verdere grond ter onder-

steuning van die appél aangevoer, wat afsonderlik is

van die feit dat die appellant tydens 'n groot

gedeelte van die verhoor afwesig was. Dit was dat

die verhoorregter gefouteer het deur die appellant se

aansoek om uitstel te weier en dat sy beslissing in

6 dié verband aanvegbaar is op grond daarvan dat hy sy diskresie nie op 'n regterlike wyse uitgeoefen het nie. Die weiering van die aansoek om uitstel word nie geopper in die spesiale aantekening nie, maar dit sluit nie die oorweging van die punt uit nie, omdat al die feite wat daarop betrekking het reeds uit die oorkonde self blyk. (Dit is trouens ook die posisie ten opsigte van die punt wat wel in die spesiale aantekening geopper word.)

Mnr Waqener se betoog noodsaak 'n uiteen-setting van hoe presies die verhoor in die hof a quo verloop het. Ter agtergrond is dit egter eers nodig om kortliks die gebeure te skets wat aanleiding gegee het tot die aanklagte teen die appellant. Die appellant het self 'n lang en uitvoerige relaas daarvan verskaf in 'n verklaring wat hy na sy inheg-tenisneming aan 'n vrederegter, kaptein De Bruin, afgelê het, en wat deur die kaptein in getuienis

7 ingedien is nadat die appellant se bywoning van die verhoor reeds tot 'n einde gekom het. Ek verwys slegs na enkele hooftrekke van die verklaring. Die appellant het gewerk op die plaas van mnr Van Vuuren ("die klaer"). Die appellant het saam met 'n vriend, ene Sakkie, beplan om die klaer en sy eggenote ("die oorledene") te beroof van geld. Op die betrokke dag het die appellant en 'n ander werknemer van die klaer, ene Shortie (sy regte naam is Samuel Moraki) in 'n kamp op die plaas gewerk waar hulle 'n draad-heining herstel het. Onder 'n voorwendsel het die appellant Moraki oorreed om saam met hom na 'n naby-geleë bos te gaan, waar Sakkie gewag het. Daar het die appellant Moraki van agter vasgegryp en vasgehou terwyl Sakkie sy hande en voete vasgebind het. Sakkie het lappe in Moraki se mond gedruk en met nog 'n lap sy mond toegebind. Daarvandaan het die appellant die klaer by sy woonhuis gaan roep, onder

8 die voorwendsel dat nog draad nodig was om die herstel van die heining te voltooi. Die klaer het sy bakkie gevat en saam met die appellant na die werks-plek gery. Op soek na Moraki het hy in die bos gegaan, waar dieselfde met hom gebeur het as met Moraki: die appellant het hom van agter vasgegryp en vasgehou terwyl Sakkie sy hande en voete vasgebind het, lappe in sy mond gedruk het en sy mond met 'n lap toegebind het. Die appellant en Sakkie het toe met die bakkie na die opstal gery. (Die aanval op die klaer en die neem van die bakkie was die onder-werp van een van die roof-aanklagte teen die appellant.) By die woonhuis het die appellant aan die oorledene gesê dat die klaer 'n knyptang uit die stoorkamer benodig. Toe sy in die stoorkamer ingaan, is dieselfde met haar gedoen as met Moraki en die klaer: die appellant het haar vasgehou terwyl Sakkie haar hande en voete vasgebind het, 'n lap in haar

9

mond gedruk het en haar mond toegebind het. Daarna

het die appellant en Sakkie kontant en vuurwapens uit

die brandkluis in die huis verwyder, ander goed uit

die huis geneem en hulle uit die voete gemaak met

hulle buit. (Die ander roof-aanklag en die aanklag

van die onwettige besit van 'n vuurwapen het hieruit

voortgespruit. En so ook die moord-aanklag: anders

as Moraki en die klaer, het die oorledene nie die

aanval op haar oorleef nie. Dit is later tydens 'n

nadoodse ondersoek vasgestel dat sy beswyk het as

gevolg van versmoring.)

Aan die einde van sy verklaring het die

appellant, in antwoord op 'n vraag van kaptein De

Bruin waarom hy en Sakkie nie teruggegaan het na die

oorledene om te kyk of sy nog lewe nie, die volgende

gesê:

"Ons het nie teruggegaan nie, want ek het gedink sy lewe nog. Ek was nie van plan om moord te pleeg nie, ons het gaan geld soek."

10

Met die aanvang van die verhoor het die appellant skuldig gepleit op die twee aanklagte van roof en die aanklag van die onwettige besit van 'n vuurwapen. Op die moord-aanklag het die appellant verklaar dat hy nie die opset gehad het om die oorledene te dood nie, en op daardie grondslag skuldig gepleit aan strafbare manslag. 'n Skrifte-like pleitverduideliking wat deur die appellant onderteken is, is deur sy pro Deo advokaat ingehandig en deur die appellant bevestig. Daarin het hy al die bestanddele van die misdade waarop hy skuldig gepleit het, erken. Die Staat het nie die pleit op die moord-aanklag aanvaar nie, maar wel die ander pleite. Daarop het die verhoorregter die appellant skuldig bevind op die drie aanklagte ten aansien waarvan hy ongekwalifiseerd skuldig gepleit het, en 'n pleit van onskuldig aangeteken op die moord-aanklag. Wat

11

laasgenoemde betref, het die appellant 'n reeks formele erkennings gemaak, onder meer met betrekking tot die verslag van die nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene en ' n plan en foto's van die toneel van die moord.

Net voordat 'n aanvang gemaak is met die lei van getuienis, het die verhoorregter sekere opmerkings teenoor die appellant gemaak wat vermeld moet word met die oog op die latere ontevredenheid wat by die appellant ontstaan het met die optrede van sy advokaat. Die verhoorregter het naamlik die appellant se aandag daarop gevestig dat, indien hy te enige tyd in die loop van die saak sou voel dat dit vir hom nodig is om instruksies aan sy advokaat te gee, hy onmiddellik die tolk se aandag moes trek. Die hof sou dan vir die appellant die geleentheid gee om daardie instruksies te gee. Die verhoorregter het bygevoeg dat daar ook verdagings sou wees waartydens

12

instruksies aan die advokaat gegee sou kon word indien die appellant sou oordeel dat dit nie dringend genoeg was om dit daar en dan te doen nie.

Daarna het die Staat begin om getuienis te lei. Gedurende die oggend van die eerste dag van die verhoor het vyf getuies getuig. Dit is nodig om na 'n paar aspekte van dié getuienis te verwys, in soverre dit verband hou met die besprekings wat later tussen die appellant en die verhoorregter plaasgevind het. Die eerste getuie was Moraki. Volgens hom het die aanranding op hom plaasgevind nadat die klaer met sy bakkie vir hom en die appellant kom oplaai het vir middagete (omtrent eenuur die middag) en weer terug-gebring het na die werksplek (omtrent twee-uur). Hy is nie hieroor verder gevra in kruisondervraging nie. Sy getuienis was verder dat die appellant hom van agter vasgegryp het, maar oor wie van die appellant en sy maat hom vasgebind het, was sy getuienis

13

onduidelik. Aanvanklik, in hoofgetuienis, het hy gesê dat die appellant hom vasgemaak het en sy mond en oë toegebind het, maar in kruisondervraging het hy gesê dit was die ander man saam met die appellant wat hom met die tou (of rieme) vasgebind het. Op 'n vraag of die appellant hom nie net vasgehou het nie, het hy bevestigend geantwoord, maar toe bygevoeg dat hy op 'n stadium geval het en dat albei die appellant en sy maat hom vasgedruk het. Op 'n verdere vraag het hy gesê dat die appellant "begin vasmaak" het. Dit is aan hom gestel dat die vasbind met die rieme en die lap nie deur die appellant gedoen is nie, maar deur die ander man, waarop hy geantwoord het dat die appellant een lap uit sy sak gehaal het en dit om sy mond en kop vasgemaak het. Later het hy gesê dat die appellant ook 'n lap in sy mond gedruk het.

Twee van die getuies het getuig oor hoe die oorledene in die stoorkamer aangetref is. Hulle is

14 die menere Du Plessis, vader en seun. Du Plessis senior het getuig dat daar 'n groot drom regop voor die deur van die stoorkamer geplaas was. Hy het die deur oopgemaak, binnegegaan en die oorledene aan-getref op 'n klomp gereedskap en 'n rol draad. Haar hande was vasgemaak met toue en 'n stukkie draad, en haar voete op dieselfde manier. 'n Lang lap was in haar mond vasgedruk en haar mond was met 'n ander lap toegebind. Op die foto's van die toneel het die getuie 'n wit lap met pienk kolle uitgeken as die lap wat binne-in die oorledene se mond gedruk was. 'n Blou lap op die foto's is deur die getuie beskryf as 'n voorskoot wat die oorledene aangehad het. Hy het die lap om haar mond afgetrek en die lap in haar mond uitgetrek. Hy het gesien dat sy reeds dood was. Daarna het hy met 'n knyptang die toue en die draad om haar hande en haar bene afgeknip en losgemaak. In kruisondervraging is dit aan hom gestel dat die

15

appellant sou sê dat sy maat die oorledene net met toue vasgemaak het en nie met draad nie; die getuie het dit betwis. Du Plessis junior se waarnemings het in die volgende opsigte van sy pa s'n verskil. Die oorledene se hande was met 'n tou en 'n stuk draad vasgebind, en haar voete net met die tou. Die blou lap op die foto's was in die oorledene se mond gedruk. Gevra deur die Staatsadvokaat spesifiek waar die wit lap met pienk kolle was voordat dit losgemaak was; het die getuie te kenne gegee dat hy nie sou waag om te sê nie, en toe hy daarop gewys is dat sy pa sê dat daardie lap in die oorledene se mond was en dat die blou lap ' n voorskoot was, het hy gesê dat dit moontlik kan wees, hy was geskok en het nie die kleure van die lappe opgeneem nie. Onder kruisonder-vraging het hy gesê dat die oorledene se hande onder die rol draad ingesteek het, maar dat haar hande net vasgebind was met tou en nie met draad nie.

16 Ene mnr Barnard het getuig dat hy die klaer in die bos aangetref het, en hy het beskryf hoe sy hande en voete vasgebind en sy mond toegebind was. Geen vrae is aan hom in kruisondervraging gestel nie. Ten slotte het majoor Bekker getuig dat hy 'n vinger-afdruk van die appellant gelig het van 'n leë bier-botteltjie in die stoorkamer, en dat hy 'n pakkie wat ses soortgelyke botteltjies bevat, waarvan twee verwyder was, in die sitkamer van die woonhuis aangetref het. Ook hy is nie gekruisvra nie.

Nadat die voorgaande getuienis afgelê is, het die hof vir die middagete verdaag. Met die hervatting het die appellant se advokaat die verhoor-regter versoek om die saak te laat afstaan tot die volgende oggend. Die rede vir die versoek was dat die advokaat nie die geleentheid gehad het om met die appellant te konsulteer oor 'n verklaring wat hy afgelê het nie. Dit is duidelik dat die verklaring

17 waarna verwys is, dié was wat die appellant aan kaptein De Bruin afgelê het (soos vroeër vermeld). Die hof is meegedeel dat daar dinge in die verklaring is wat nie aan Moraki gestel is nie en dat Moraki moontlik teruggeroep sou moes word. Die verhoor-regter het daarop Moraki gewaarsku om die volgende môre by die hof aanwesig te wees. Voordat die hof kon verdaag, het die tolk die verhoorregter meegedeel dat die appellant iets wou sê. Daar het toe 'n bespreking tussen die appellant en die verhoorregter begin wat lank voortgeduur het, in die loop waarvan die appellant om uitstel aansoek gedoen het, en wat uiteindelik daarop uitgeloop het dat hy die hof verlaat het en dat die saak in sy afwesigheid voort-gesit is. Die bespreking strek oor bykans 24 bladsye van die oorkonde. Ek ag dit nodig om die hele bespreking woordeliks hier aan te haal, en dit is miskien gerade om ter inleiding kortliks aan te dui

18 waarom ek dit doen. Soos weldra sal blyk, het die verhoorregter, nadat die appellant hom aan die saak "onttrek" het, verklaar dat dit vir hom duidelik is dat die appellant "totaal mala fide optree". In die samehang het hierdie opmerking ook betrekking gehad op die appellant se aansoek om uitstel. Wat dit betref, stem ek nie saam met die verhoorregter se beskouing van die appellant se optrede nie. Ek is van oordeel, met eerbied, dat die verhoorregter se sienswyse in hierdie opsig nie op wesenlike gronde berus het nie, en dat sy weiering van 'n uitstel gevolglik aan 'n onbehoorlike uitoefening van sy diskresie te wyte was. Om dit aan te toon, is dit verkieslik, dink ek, om die oorkonde in die eerste plek vir homself te laat spreek. Die kommentaar wat ek daarop moet lewer, sal dan verkort kan word, en om die latere terugverwysings te vergemaklik, sal ek die aanhaling van die bespreking tussen die appellant en

19 die verhoorregter, alhoewel dit deurlopend was, in genommerde onder-afdelings verdeel, soos volg.

(1)

TOLK: Jammer, blykbaar wil beskuldigde

iets meedeel.

HOF: Ja?

BESKULDIGDE: Ek is nie gelukkig oor hoe

die saak verhoor word in hierdie hof nie en

ek is ook nie tevrede met my regsman nie.

Ons aanklaer hierso, die staatsadvokaat, hy

stel my nie so tevrede nie, want by party

plekke in die getuienis waar hy behoort

vrae te gevra het doen hy dit nie.

HOF: Ja, nouja, is dit al wat u wil sê?

BESKULDIGDE: Wat my regsman aanbetref,

die hof het my gewaarsku dat as ek enigiets

wil oordra aan hom moet ek die hof se

aandag trek. Ek het hom herhaaldelik gesê

hy moet die en dit vra, dan sê hy nee, dit

is nie nodig nie.

HOF: Nouja, is dit al wat u wil sê?

BESKULDIGDE: Ja, laastens ek dink dit sal

raadsaam wees om 'n ander regsman te kry

vir my.

HOF: Het u nou klaar gepraat?

BESKULDIGDE: Of nie so nie, 'n ander hof

moet hierdie saak verhoor.

HOF: Het u nou klaar gepraat?

BESKULDIGDE: Dit is al.

HOF: Is u heeltemal seker?

BESKULDIGDE: Ek is seker.

20

(2)

HOF: Laat ek net eers vir u dit sê dat die staatsadvokaat sal hierdie saak hanteer soos wat hy goed dink dat dit gedoen moet word en wat u eie advokaat betref, hy is 'n onafhanklike regsgeleerde wat presies weet hoe om 'n hofsaak te bedryf. Hy weet welke vrae relevant is en watter irrelevant is, dit is juis om die rede dat hy 'n advokaat is en in hierdie saak optree. Sy bedoeling is stellig om u saak te bevorder vir sover as wat dit moontlik is. Om daardie rede het hy ook nou gevra dat die saak afstaan sodat 'n verklaring van u met u bespreek kan word en stem die staat saam dat dit in u belang is dat dit so hanteer word. Die hof het geen rede om te dink dat adv. Johnson nie u belange na behore hanteer nie en hy is klaarblyklik ook nie onwillig om namens u verder op te tree nie.

Op hierdie stadium sal die saak afstaan tot môreoggend en hy sal met u konsulteer oor die verklaring waarom dit gaan en u kan die tyd ook benut om met hom verder te beraadslaag en u instruksies aan hom te gee en ek is seker hy sal ook aan u 'n verduideliking kan gee vir sy hantering van die saak. Daar is baie advokate in die land, maar daar is geen advokaat wat sy sout werd is, wat net as 'n geleibuis van u sal optree nie. Hy sal sy verstand gebruik en sy kennis en hy sal die vrae stel soos wat hy dit goed dink.

So, ek laat die saak op hierdie stadium afstaan tot môreoggend om 09:00.

21

(3)

BESKULDIGDE: Maar as hierdie hof nou sal voortgaan nadat ek my besware voorgehou het sal ek nie eers in die beskuldigdebank môre verskyn nie.

HOF: Ja, kom laat ek net vir u so ver-duidelik. Die hof wil u nou nog 'n kans gee om met u advokaat te beraadslaag. Dit is natuurlik nie nodig dat u 'n advokaat moet hê nie, as u nie 'n advokaat wil hê nie dan hoef u nie 'n advokaat te hê nie, u moet dit goed verstaan. Dan gaan u waar-skynlik wees soos 'n babatjie wat verlore is in 'n bos, dan gaan u nou wees soos 'n dokter wat op homself 'n operasie doen. So, u het 'n advokaat in hierdie saak soos dit vir die hof lyk, nodig. U het hier by u 'n bekwame advokaat en 'n ervare advokaat en die hof het tot dusver geen rede of aanduiding gevind waarop hy u belange nie na behore hanteer nie. Om te sê dat hy vrae wat u wil hê hy moet stel nie stel nie, is geen grond vir twyfel oor sy integriteit of oor sy bekwaamheid nie.

U het ook beswaar teen die staats-advokaat oor wie u hoegenaamd geen seggen-skap het nie. So, u moet dit nou duidelik verstaan u moet oor u posisie versigtig besin. Daar is niks wat u tot dusver gesê het hier voor die hof in verband met u advokaat wat vir my lyk asof dit werklik meriete het nie.

Is daar nog iets wat u wil sê?

22

(4)

BESKULDIGDE: Ek weet nie, miskien as hierdie hof my verstaan, ek maak my besware, as ek nie oor iets tevrede is nie dan is ek nie tevrede nie. Ek weet nie, as die hof dit sal goed dink sal ek my familie gaan raadpleeg, hulle sal fondse bymekaar maak dat ons iemand opdrag kan gee, nie 'n staatsprokureur soos ek hom noem nie. HOF: Ja, nou kyk, u het nou in hierdie saak het u nou al van vanmelewe af kans gehad om u eie reëlings te tref en klaar-blyklik het nóg u, nóg hulle gevoel dat u 'n eie privaat advokaat nodig het. Klaar-blyklik, luister hierso, u moet nou stilbly as die hof praat. Klaarblyklik het u nie die fondse daarvoor nie, is dit reg? BESKULDIGDE: As ek net my familie kan kontak, niks sal ons verhinder om so fondse te kry nie.

HOF: Maar u weet mos nou, u familie weet mos nou u word nou verhoor, nie waar nie? Is hier van u familie hier in die hof? BESKULDIGDE: My swaer is hier. HOF: Maar dan weet hulle mos, u familie weet mos u word vandag verhoor. Hoekom het u nie gesorg dat u u eie advokaat het nie? BESKULDIGDE: Ek het nie geweet dat 'n pro Deo sal die saak behartig op so 'n manier nie.

HOF: Sê weer vir die hof presies wat is u klagte?

BESKULDIGDE: Ek kla oor my regsman, ek kla oor ons staatsadvokaat.

23

(5)

HOF: Sê vir die hof eerstens u klagtes

oor u regsman, noem hulle een vir een?

BESKULDIGDE: Hy vra nie Vrae soos wat ek

wil hê nie. Ek kan op my eie sekere vrae

stel aan die getuies al is ek nie 'n

advokaat nie.

HOF: Wat is die vrae wat u wou gehad het

hy moes vra?

BESKULDIGDE: Van sekere getuies is hy

gevra deur die hof het jy enige vrae te vra

aan die getuie, dan gaan sit hy.

HOF: Wat sê u moes hy daardie getuies

gevra het, ek sal vir u sê wie hulle was.

Het u enige probleem met sy ondervraging

van die getuie Moraki?

BESKULDIGDE: Ek het probleme daarmee.

HOF: Wat is die probleme?

BESKULDIGDE: Moraki het beweer dat ons

twee, ek en my maat, lappe in sy mond

geplaas het, maar vroeër het hy gesê ek het

hom gewurg van agter af. Hoe kon ek dit

reg kry om vir hom vas te hou en terself-

dertyd lappe te plaas in sy mond? Daardie

blanke seuntjie wat hier getuig het sê ...

(tussenbei)

HOF: Net 'n oomblikkie, laat ons hom net

kry, dit is mnr. Du Plessis (jnr). Ja, wat

van hom?

BESKULDIGDE: Ja, hy het hier

(tussenbei)

HOF: Kan ek net eers vra, net 'n oomblik-

kie, los hom uit, ons kom staan nog by

Moraki stil. Is dit die enigste punt

hierdie by Moraki?

24

BESKULDIGDE: Nee, op die oomblik is ek

nou so deurmekaar, ek het hoofpyn en ek kan

sien ek word nou na 'n donker kol getrek

terwyl ek bewus ... (tussenbei)

HOF: Nee, u word nou na die lig toe

getrek. So, ek trek u nou nog verder na

die lig toe en ek wil hê u moet nou vir die

hof sê watter punte is daar nog wat Moraki

betref waar u voel u advokaat u in die

steek gelaat het?

BESKULDIGDE: Ek het vir my regsman gesê

van die blanke se plaas af het ons gery in

sy voertuig, ... en Moraki het hier gesê

die klaer het vir ons kom haal met sy

voertuig, ons is toe plaashuis toe en so

14:00 vat hy ons terug na die werksplek.

Nou my regsman het nagelaat om vir Moraki

te vra hoe laat het ons vir hom vasgemaak.

Wat ek van weet op hierdie dag het ons nie

ete gaan kry en daarna teruggegaan werk toe

nie.

HOF: Nou het u dit vir u regsman vertel?

BESKULDIGDE: Ek sê vir hom die posisie is

so, dan sê hy nee, dit is nie nodig nie.

Dit is wat my hinder.

HOF: Het u die vraag van die hof gehoor?

BESKULDIGDE: Watter vraag?

HOF: Die vraag wat ek vir u gevra het of

u vir u regsman gesê het dat daardie dag

het u nie ete gekry en toe teruggegaan werk

toe nie.

BESKULDIGDE: Ek het.

HOF: Enigiets verder in verband met

Moraki?

BESKULDIGDE: Nee, daar is nie.

HOF: Kom ons kom nou by die volgende

getuies. Mnr. Du Plessis (jnr.), wat is

25

daar?

BESKULDIGDE: Hierdie klein Du Plessistjie

se getuienis is nie dieselfde soos sy

vader s'n nie.

HOF: In watter opsig?

BESKULDIGDE: Hy het vir die hof gesê die

oorledene se bene en arms was met 'n

plastiese tou vasgemaak.

HOF: Ja, nou wat daarvan?

BESKULDIGDE: En dat die oorledene gelê

het op 'n rol draad en dit het voorgekom

asof sy vasgemaak was aan hierdie rol draad

waarop sy gelê het. Ja, na hy so gesê het

hierdie aanklaer van ons het blykbaar

gesien hierdie man verdwaal.

HOF: Ja?

BESKULDIGDE: En hy het hom aangeraai om

terug te val na sy getuienis, want as hy

sien die man dwaal nou af dan lei hy vir

hom terug. En verder het hierdie seuntjie

gesê dat die stuk lap wat in die oorledene

se mond ingedruk was, was óf blou óf groen

van kleur.

HOF: Ja?

BESKULDIGDE: Maar die vader het getuig

dat die kleur van daardie lap rooi is met

merke of wit kolle.

HOF: Ja?

BESKULDIGDE: En my regsman het gehoor die

vader van hierdie seuntjie getuig dat hy

die oorledene in daardie vertrek gekry het,

sy het daar gelê en dat voor die deur 'n

drom gestaan het en my regsman het toe

nagelaat om tersaaklike vrae oor die drom

te vra.

HOF: Soos?

26

BESKULDIGDE: As die drom verwyder was, waarnatoe of na watter kant toe is hy verwyder. Du Plessis (snr.) het gesê hy het die lyk daar gekry, hy het dit onmid-dellik die voorwerp wat vasgemaak was aan die mond verwyder, hy het toe 'n stuk lap uit die oorledene se mond uitgehaal. En hy sê toe hy het so gekyk na die oorledene en dit was vir hom duidelik die persoon het gesterf. Wat vir my snaaks is, hy sien die persoon is dood, dit is nou na hy die lappe verwyder het by die mond en uit die mond, maar hy gaan verder, hy knip die drade af soos hy gesê het. Hoekom het hy dit gedoen, want die persoon is dood? Hoekom het hy nie eers gewag tot die polisie daar opgedaag het nie? HOF: Nog iets?

BESKULDIGDE: Ja, dit is dinge wat die regsman nagelaat het om te vra en ek is nie tevrede hieroor nie. HOF: Nog iets? BESKULDIGDE: Niks verder.

(6)

HOF: Nou hierdie getuie Moraki is pas gewaarsku om weer by die hof te wees môre-oggend sodat hy verder ondervra kan word indien nodig. En u advokaat sal die geleentheid kry om die vrae wat hy dink nodig is aan hom te stel, ook in die lig van enigiets wat u nou gesê het. Die kwessies wat u geopper het in verband met die mnre. Du Plessis is aangeleenthede wat deels reeds in getuienis uitgeklaar is, of

27

is aangeleenthede wat klaarblyklik irrele-vant is. Hulle sal egter ook beskikbaar wees om verdere vrae te beantwoord indien u advokaat oortuig sou wees dat dit nodig is dat sulke vrae gestel word. Daar is geen advokaat in hierdie land, ek wil amper sê in die wêreld, wat bereid sal wees om as 'n papegaai van u op te tree nie.

So, u moet nou maar versigtig oor u posisie besluit. Die hof se raad aan u is om met u advokaat saam te werk. Dit sou jammer wees as u hom die harnas in jaag onnodig sodat hy hom onttrek, want die redes wat u hier aangevoer het wil ek vir u graag duidelik maak, is van 'n aard wat, as u advokaat hom onttrek, u nie moet verwag dat die hof hierdie saak sal uitstel om te wag vir 'n ander advokaat nie. Dan sal u, mnr. Charles Dangatye, u eie verhoor moet waarneem. Dit is soos dit vir my lyk waarop dit afstuur en u moet versigtig u posisie oorweeg. U advokaat is nou nog bereid om vir u op te tree en hy is klaar-blyklik bevoeg om vir u op te tree en hy doen dit op 'n bekwame wyse. DIE HOF VERDAAG TOT 2 APRIL 1992.

(?)

DIE HOF HERVAT OP 2 APRIL 1992.

HOF: Wat is die posisie vanoggend, mnr.

Johnson?

MNR. JOHNSON: Ek wil net meld die kritiek

van die beskuldigde is ongegrond, hy is

blykbaar onder die indruk dat ek 'n staats-

amptenaar is.

28

HOF: 0.

MNR. JOHNSON: Hy weier vanoggend om verder met my te konsulteer, ek kan der-halwe nie oor kardinale aspekte met hom konsulteer nie. Dit is vir my onmoontlik om met die saak voort te gaan, ek vra u verlof om te onttrek.

HOF: Nouja, nou net voordat dit nou alles dalk langs daardie weë verloop, laat ek nog ' n slag met die beskuldigde praat en hoor wat hy sê. Sal u net alles tolk wat nou gesê is.

Mnr. Van den Berg, by die landdros-hofverrigtinge watter standpunt het die beskuldigde ingeneem oor die kwessie van verdediging?

MNR. VAN DEN BERG: Dat hy wel pro Deo verdediging wou gehad het. HOF: Is daar iets wat die beskuldigde wil

sê?

BESKULDIGDE: Ja.

HOF: Wat wil u sê?

BESKULDIGDE: Ek het gister hier voorgehou

ek is nie tevrede nie en ek sal versoek dat

u my kans gee, my familie moet bymekaar

kom, hulle sal plan maak om 'n regsman te

kry vir my.

HOF: Gister was hier 'n swaer of iemand

van u, is hy nou vanoggend weer hier by die

hof?

BESKULDIGDE: Vandag is hier niemand van

my familie nie, hulle kan nie hierdie op en

af doen nie, hulle het nie geld om vervoer

te bekostig nie.

HOF: Ja, nou as hulle nie kan vervoer

bekostig om by die hof te kom nie, waar

29

gaan hulle geld kry om vir u 'n advokaat in

die hande te kry en 'n prokureur?

BESKULDIGDE: Nee, ek verwys na die twee,

dit is my swaer en my moeder wat gister

hier gewees het, maar nou ek praat van my

eie broertjie, hy is 'n man wat werk. As

hy nie kan plan maak nie dan sal ek alles

verkoop om geld bymekaar te hê vir regs-

geld.

HOF: So, hy is 'n man wat geld het, die

broertjie van u?

BESKULDIGDE: Hy moet hê, want hy werk.

HOF: Wat se werk doen hy presies?

BESKULDIGDE: Hy was voorheen 'n polisie-

man gewees, hy het toe bedank, hy is nou 'n

sekuriteitswag.

HOF: Waar?

BESKULDIGDE: In Pretoria.

HOF: By watter plek presies?

BESKULDIGDE: Ek hoor hy is op die oomblik

daar by Hyperama omgewing, Hyperama te

Menlopark.

HOF: Vir wie werk hy?

BESKULDIGDE: Nee, ek weet nie, ek was in

hegtenis gewees toe hy daardie werk van hom

bekom het.

HOF: Wanneer het u hom laaste gesien?

BESKULDIGDE: Verlede jaar.

HOF: Wanneer in verlede jaar?

BESKULDIGDE: By 'n hof daar op Warmbad,

dit was op 8 Mei gewees.

HOF: En wat het hy daar kom doen?

BESKULDIGDE: Hy het net my verhoor byge-

woon.

HOF: Het hy u nog nooit opgesoek in die

gevangenis nie?

30

BESKULDIGDE: Hy het al my kom sien in die

tronk.

HOF: Wanneer?

BESKULDIGDE: In 1990, destyds was hy nog

'n polisieman gewees.

HOF: En is hy 'n getroude man?

BESKULDIGDE: Hy is 'n getroude man.

HOF: Het hy kinders?

BESKULDIGDE: Net een.

HOF: En waar woon hy?

BESKULDIGDE: Soshanguve.

HOF: Wat se soort huis het hy?

BESKULDIGDE: 'n Privaat huis.

HOF: En het hy al vir die huis betaal of

betaal hy af aan die huis?

BESKULDIGDE: Hy het 'n perseel gekoop en

op hierdie perseel het hy 'n huis gebou.

HOF: En wat is sy salaris?

BESKULDIGDE: Nee, ek sal nie kan sê nie.

(8)

HOF: Ja, nou hoekom het u nie in die landdroshof gesê dat u u eie regsverteen-woordiging sou kry en nie dat u 'n pro Deo advokaat wou hê nie?

BESKULDIGDE: Aanvanklik het ek vir daar-die hof gesê ek wil nie ' n staats-regsman hê nie. Ek sal so stel, ek wou eintlik my saak self behartig, dan sê hierdie mense vir my ja, maar daar in die hoër hof kan jy nie jou eie saak behartig nie. HOF: Nouja, was dit dus u begeerte van die begin af om u self te verdedig? BESKULDIGDE: Ja, want destyds ek het geld gehad wat genoeg sou gewees het om my

31

familie en my moeder te onderhou.

HOF: Maar toe besluit u u wil maar liewer

'n pro Deo advokaat hê?

BESKULDIGDE: Ja, ek het toe so besluit,

want daardie geld van my was nou aangewend

vir die kinders.

HOF: Ja, nou toe het u een gekry, hier

sit hy hier voor u.

BESKULDIGDE: Ek stem saam ek het 'n

regsman, hy is hierso, maar hy stel my net

nie tevrede nie.

HOF: En u het nou gister vir die hof

alles gesê wat u klagtes teen hom is?

BESKULDIGDE: Ja, maar ek het toe gister

nie alles gedek nie.

HOF: Hoekom nie? U het al die tyd gehad

van die wêreld om dit te doen?

BESKULDIGDE: Ja, maar die einde het ek

genoem dat ek hoofpyn gehad het gister en

ek was deurmekaar gewees.

HOF: Is u nou vanoggend reg?

BESKULDIGDE: Ek is nou reg.

HOF: Nouja, maar laat hoor.

BESKULDIGDE: Wat hoor nou?

HOF: Die ding waaroor die hof u nou vra

van die advokaat.

BESKULDIGDE: Soos ek gister gesê het die

advokaat het nagelaat om nog vrae te stel

aan getuies wat hier getuig het.

(9)

HOF: Mnr. Dangatye, kyk net hiernatoe. Die hof is baie geduldig en die hof is vreesloos en die hof is onbevooroordeeld en die hof het geen voorkeur tussen u of die

32

staat nie, maar u moet nie 'n fout maak nie, die hof is hier om werk te kom doen, nie om speletjies te maak nie. En as u nou dink u gaan nou met praatjies draaie om hierdie hof hardloop, dan maak u 'n ver-skriklike groot fout. U staan tereg op 'n aanklag van moord, u is reeds skuldig bevind aan verskeie aanklagtes, u het reeds skuldig gepleit aan strafbare manslag. Die wesenlike geskilpunt in hierdie saak is of u die opset gehad het om die oorledene te vermoor en of u nalatig opgetree het. Dit is die enigste wesenlike geskilpunt in hierdie saak. U advokaat is bewus daarvan en hy het daarop gefokus, hy is nie hier om die hof te trakteer met allerhande praat-jies en vragies wat met die meriete van die geskilpunt niks te doen het nie. As u dink u kan enigiets vir hierdie hof vertel en die hof sal dit insluk dan is u by die verkeerde hof vandag.

(10)

Nou wil ek vir u graag verduidelik dat adv. Johnson is 'n onafhanklike advo-kaat wat so vry is soos 'n voël wat buite-kant rond vlieg. Hy kan kom en hy kan gaan soos hy wil, die staat is nie sy baas nie, inderdaad het hy geen baas nie behalwe sy gewete. Duisende en tienduisende mense in u posisie word deur advokate soos hy ver-dedig voor hierdie howe. Die feit dat hy hier is, is omdat die belastingbetalers van hierdie land waarvan u een is, geld opsy gesit het vir advokate soos hy om u te

33

verdedig in 'n saak soos hlerdie. Elke keer as u iets koop en daar word belasting op gehef dan gaan daardie geld na die staat toe en 'n deel van daardie geld word be-skikbaar gestel vir mense soos adv. Johnson en honderde ander advokate om mense soos u in halsmisdade vry regsverteen-woordiging te verskaf. As u daardie fasi-liteit nie wil benut nie is dit u keuse.

Ek het reeds gister vir u gesê u sal dom wees as dit u besluit is, maar ook u is in hierdie verband so vry soos 'n voël. En u kan net vir die hof sê u verkies om uself te verdedig, dan moet u dit doen. Daar is iets wat u baie goed moet verstaan, u staan tereg op 'n uiters ernstige aanklag. Die potensiële straf in hierdie saak is die doodvonnis. As u dit gering skat dan moet u uself blameer as die verloop van die saak indien u uself sou verteenwoordig, nie is soos u gehoop het dit sou wees nie.

(11)

Dit is nie die bedoeling van die hof om die uitslag in hierdie saak enigsins vooruit te loop in enige opsig nie. Die hof gee ook geen waarborge omtrent die resultaat as adv. Johnson of vyf ander advokate vir u hierin sou optree nie. Die hof gaan na al die getuienis luister en sal die nodige beslissings in hierdie saak neem. Daar is ook 'n lang tou van sake wat wag om aan te kom. Hierdie voorval waarom dit in hierdie saak gaan het reeds plaas-gevind op 18 September 1989, dit is duide-

34

lik dat dit in u belang is en dit is ook duidelik dat dit in die openbare belang is dat hierdie saak nou met spoedeisendheid afgehandel word.

Met spoedeisendheid bedoel ek ook met inagneming van al die faktore wat met geregtigheid te doen het. Dit sluit in die f eit dat u ' n billike verhoor moet kry en behoorlike regsverdiging moet hê as u dit verkies. U het niks gesê aan hierdie hof tot dusver wat die hof noop om te glo dat u 'n gegronde beswaar teen u advokaat het nie. U besware teen die staatsadvokaat is belaglik. Gister het die hof vroeg verdaag om u genoegsame tyd te gee om oor u posisie te besin. Dit blyk volgens wat adv. John-son meedeel is dat u obstinaat is en dat u eenvoudig nou maar net weier om u samewerk-ing aan hom te gee. Die regsproses sal voortgaan en die regsproses sal nou voort-gaan.

(12)

Nou gee ek u weer 'n kans, u kan besluit of u adv. Johnson as 'n advokaat wil hê al dan nie. Hy het te kenne gegee waarteen ek u gister gewaarsku het, dat die oomblik mag kom dat hy voel dat hy hom liewer wil onttrek aan die saak. Ek is egter seker daarvan dat hy steeds bereid sou wees om sy plig teenoor u na te kom as u u samewerking aan hom sal gee. Dit verbaas die hof glad nie dat u f amilie vandag nie hier by die hof is nie, tewens, die hof het verwag hulle sou nie hier wees

35

nie. Hulle het ook gehoor wat u gister gesê het en dit is duidelik dat hulle besef het dat u nou gryp na 'n strooihalm in hulle rigting om nou sogenaamd vir u hier verdediging te koop, te huur. U broer stel so min in u belang dat met al die middele tot sy beskikking, hy u so lank terug in die verlede laas in die gevangenis besoek het, toe was hy nog 'n polisieman. Hy het nog nie eers nou dat hy nie meer 'n poli-sieman is by u sy opwagting gemaak nie. U staan nou voor ' n krisis in u lewe en tog het u broer nie soveel belangstelling in u dat hy nou hier agter in die hof sit nie. Hyself is 'n werksman, hy het 'n vrou en 'n kind om voor te sorg, u weet nie eers wat sy inkomste is nie, van sy uitgawes weet u nog minder. Daar is geen redelike vooruit-sig dat daardie broer van u in staat is, daar is geen aanduiding dat daardie broer van u in staat is om vir u 'n prokureur en 'n advokaat te kry nie. En daar is geen aanduiding dat hy bereid is of bereid sou wees om dit te doen nie. Die hof is nie bereid om ontwrig te word en hierdie saak van u uit te stel in die ydele hoop dat daar iewers vandaan vir u die klas uitkoms gaan kom waarna u soek nie.

(13)

Bowendien is daardie klas uitkoms nie op aarde beskikbaar nie. U soek na 'n advokaat wat hier voor u staan en wat soos 'n grammof oonplaat net vir die hof sal sê die woorde wat u wil hê hy moet spreek. So

36

'n advokaat sou so pateties wees dat hy nie die naam advokaat werd sou wees nie en ek is seker daarvan dat so iemand nooit sou kwalifiseer as 'n advokaat nie.

Dus, u keuse is weer eens, u is so vry soos 'n voël. As u die advokaat wat nou hier beskikbaar is en vir u opgetree het met bekwaamheid tot dusver, wil hê om vir u verder op te tree is ek seker hy sal dit doen. As u nie van sy dienste gebruik wil maak nie dan sal hy uitstap en terug-gaan waar hy vandaan kom. Dan sal u alleen voor die hof staan en sal u die reg geniet om u eie verdediging te behartig.

(14)

Het u duidelikheid oor wat die hof vir u gesê het? Het u enige vrae wat u wil vra?

BESKULDIGDE: Ek wil iets vra. HOF: Ja, vra.

BESKULDIGDE: Ek weet nie, as ek nie tevrede is met my regsman nie, wat moet ek nou doen? Moet julle my nou druk om hom te aanvaar?

HOF: Ja, as u gegronde rede het vir u ontevredenheid dan sal die hof daaraan oorweging skenk, maar dit is duidelik dat die klas van ontevredenhede wat u het is die soort waarvoor daar nie verligting bestaan nie. As daar verdere vrae is wat u wou laat stel deur u advokaat aan die getuie Moraki dan kan dit nog gedoen word. As daar relevante verdere vrae is aan enige van die ander getuies, dan kan dit weer

37

gestel word, maar om aan te hou soos u nou net aanhou om die een probleem na die ander te probeer opper is sinneloos.

(15)

BESKULDIGDE: Daar word getuienis gelei

hierso en soos ek gister hier genoem het

daar word gepraat van twee persone. Dit is

die mense wie die persoon doodgemaak het,

die getuie het gepraat van myself eerstens

en die tweede persoon genoem in hierdie

gebeure is ene Sakkie, hy is tans in Rooi-

grond tronk. Dit is snaaks, ek is vir

ongeveer twee jaar lank verhoorafwagtend,

maar die hof weier om 'n uitstel te gee as

ek nou vra vir die uitstel om 'n regsman te

kry. Ek weet vir 'n feit ek het goed wat

ek sal verkoop om die nodige fondse te hê.

HOF: Wat se goed is dit?

BESKULDIGDE: Huisraad, as ek die verkoop

ek sal die nodige fondse kan kry.

HOF: Wat is die huisraad?

BESKULDIGDE: Sofa's, video, TV stelle,

ensovoorts.

HOF: TV stelle?

BESKULDIGDE: 'n Grote en 'n kleintjie.

HOF: En hoeveel videos?

BESKULDIGDE: Net een.

HOF: En wat nog?

BESKULDIGDE: Beddens, hangkaste, tafels

en stoele.

HOF: En wat nog?

BESKULDIGDE: Baie ander goed, as ek al

die verkoop ek sal ... (tussenbei)

HOF: Wat se baie ander goed nog?

38

BESKULDIGDE: Dit is huisraad soos byvoor-

beeld 'n stoof, yskaste.

HOF: En wat nog?

BESKULDIGDE: Dit is die huisraad.

HOF: Het u 'n vrou?

BESKULDIGDE: Ek het 'n vrou gehad, maar

die het net spore gemaak in die jaar 1990,

sy het die kinders net so gelos, ek weet

nie waar is sy op die oomblik nie.

HOF: Hoeveel kinders het u?

BESKULDIGDE: Drie.

HOF: Waar woon hulle?

BESKULDIGDE: Daar by die huis.

HOF: In daardie huis?

BESKULDIGDE: By my moeder.

HOF: In daardie huis waarvan ons nou

praat?

BESKULDIGDE: By my moeder.

HOF: Nie in die huis met die huisraad

nie?

BESKULDIGDE: By my moeder in die huis met

meubels.

HOF: Hierdie meubels wat ons nou van

gepraat het?

BESKULDIGDE: Ja.

HOF: Nou wie woon nog daar?

BESKULDIGDE: My moeder, my een sussie wie

se een been gebreek is, sy het begin ver-

lede jaar nie gewerk nie.

HOF: En wie nog?

BESKULDIGDE: En drie van my sussie se

seuntjies, die pa is oorlede.

HOF: Sy is 'n weduwee?

BESKULDIGDE: Jammer, die moeder is oor-

lede.

HOF: Woon die kinders daar?

39

BESKULDIGDE: Hulle bly daar.

HOF: En hulle pa?

BESKULDIGDE: Hy is 'n geruime tyd al

uitmekaar, hy en die moeder.

HOF: Hy is weg?

BESKULDIGDE: Hy is weg.

HOF: Wie woon nog daar?

BESKULDIGDE: My ouer broer, maar die is

sieklik, hy is net daar by die huis.

HOF: En wie woon nog daar?

BESKULDIGDE: Dit is al mense.

HOF: Nou wat gaan van die stomme mense

word as jy al hierdie goed verkoop?

BESKULDIGDE: Nee, daar is nog meubels in

die huis, maar ek verwys na meubels wat aan

myself behoort, die was daar gehou waar ek

gehuur het.

HOF: Hoe bedoel u nou?

BESKULDIGDE: Ek sê ek het voorheen by

iemand gehuur.

HOF: So, is die meubels wat u van praat

gestoor iewers?

BESKULDIGDE: Na my arrestasie het ek

versoek al daardie meubels moet nou terug-

geneem word na my ouerhuis.

HOF: So, is hulle gestoor daar?

BESKULDIGDE: Hulle is gestoor by my

ouerhuis.

HOF: Die hele totale lot word nie gebruik

nie?

BESKULDIGDE: Ek kan my nie daaroor uit-

laat nie, want ek is nou in die tronk.

HOF: Ja, nou goed, die hof het nou gehoor

wat u sê. Weet u wat dit kos om ' n proku-

reur en 'n advokaat in diens te neem vir 'n

saak soos hierdie?

40

BESKULDIGDE: Ja, ek weet, want voorheen het ek 'n advokaat gekry vir iemand wat beland het in so 'n saak. HOF: En wat sou u dink sou dit u kos? BESKULDIGDE: So R3 000.

HOF: Ja. Is daar nog iets wat u wil vra? Luister mooi, luister mooi, is daar iets wat u wil vra?

BESKULDIGDE: Ek wil net die hof inlig, nie 'n vraag stel nie. HOF: Waaroor wil u die hof inlig? BESKULDIGDE: Ek hoor die hof sê hierdie broer van my sal my geensins kan help nie. Daardie man is my eie moeder se ander kind en hy sal nie toelaat dat sulke dinge met my moet gebeur nie. Hierdie swaer van my hy was gister baie ontevrede oor hoe die saak gevorder het. En ek is seker as ek nou kans kry om 'n brief te skryf, ek het koeverte en posseëls daar by die tronk, in 'n week se tyd of minder as 'n week se tyd sal die brief by hom uitkom. Ek sal dan vra in die brief hy moet my persoonlik kom sien en as hy kom sal ek en hy nou praat, ek sal hom sê wat alles moet hy hê of vat om te verkoop en hy het 'n advokaat van sy eie.

(16)

HOF: Nou goed mnr Dangatye, die hof het nou gehoor wat u sê. Het u nou f inaal besluit dat u nie van die dienste van adv. Johnson gebruik sal maak nie? BESKULDIGDE: Dit is die einde van die storie.

41

HOF: Mnr, Johnson, u word verskoon.

MNR. JOHNSON: Dankie.

HOF: U vra nou uitstel van hierdie saak

sodat u nou u eie advokaat kan in die hande

kry?

BESKULDIGDE: Dit is so.

HOF: Is daar enigiets verder wat u wil sê

oor daardie aansoek van u?

BESKULDIGDE: Nee, niks verder nie.

HOF: Dan kan u sit. Mnr. Van den Berg,

wat is u standpunt oor die aansoek om

uitstel?

MNR. VAN DEN BERG: Die staat wens dit te

opponeer

(Nadat die staatsadvokaat die hof toegespreek het, het die bespreking voortgegaan soos volg.)

(17)

HOF: Is daar enigiets wat u nog wil sê in antwoord?

BESKULDIGDE: Ja, oor die staat se betoog wil ek iets sê. HOF: Sê dit.

BESKULDIGDE: Ek het vroeër genoem hierdie saak gaan oor twee persone wie die ander doodgemaak het. Die een persoon is in hegtenis, hy is tans in Bophuthatswana. Die getuies het hier getuig, maar daar is 'n twyfel wie van die twee, ek of die ander man, het die persoon doodgemaak. Dit sal my baie tevrede maak of tevrede stel as die ander persoon ook hier langs my kom staan. Kyk, die tyd wat ek in die tronk deurge-bring het, die is niks, ek is nie daaroor

42

bekommerd nie. Ek kan nie net alleen hier kom staan nie, ek wil hê die ander persoon moet ook hier kom staan, ek kan nie sy skuld gaan staan en dra nie en dit is vir my duidelik alles wat gesê is in hierdie hof is net om vir my te druk. Ek sal baie tevrede wees as die hof hierdie saak sal uitstel tot so ' n tyd dat ek tevrede sal voel oor die verhoor van die saak. Op die oomblik is ek glad nie beïndruk en ek is glad nie tevrede oor die verhoor van hier-die saak nie. Dit sal al betoog wees. HOF: Dankie, u kan sit.

(18)

SCHABORT, R. : Die beskuldigde het in hierdie saak tereg gestaan op vyf aan-klagte, die laaste waarvan deur die staat teruggetrek is. Hy is vanuit die staan-spoor hierin regsverteenwoordig deur adv. Johnson. Hy is reeds skuldig bevind aan aanklagte 1, 2 en 4. Daar is 'n pleit van onskuldig aangebied op die aanklag van moord, maar skuldig aan strafbare manslag op daardie aanklag.

Die beskuldigde het toe hy gevra is om te pleit, reeds verder gegaan as die tiperende blote pleit van skuldig of on-skuldig. Sy pleite en pleitverduidelikings is in ieder geval verder toegelig deur sy advokaat en is ook uiteengesit in bewysstuk AA, 'n pleitverduideliking ingevolge artikel 112(2) van Wet 71 van 1955. Die geskilpunt val binne 'n eng bestek en kom in wese daarop neer dat die beskuldigde te

43

kenne gee dat hy ... (onvoltooid)

Die beskuldigde het nou opgestaan en hy wil klaarblyklik die hof verlaat. Laat ek net met hom praat, konstabel.

Wil u uit die hof uitgaan, mnr Dangatye?

BESKULDIGDE: Ek het gesê julle kan my nie druk om voort te gaan met die saak as ek nie wil nie. Dit is my reg as ek vra vir 'n uitstel moet die hof die uitstel toe-staan.

HOF: Ja, is daar nog iets wat u wil sê? BESKULDIGDE: Ek sal gehoor gee as die hof sê u gaan die saak uitstel, nie so nie, nie.

HOF: Ja, dan gaan u loop?

BESKULDIGDE: Nee, maar kyk, ek luister nou na iets wat ek nie na wil luister nie. Soos ek hier gister gesê het ek sal nie bereid wees om voort te gaan in hierdie manier nie.

HOF: Ek wonder of u bewus is daarvan dat u afgesien van enigiets anders, tree u ook minagtend teenoor die hof op. BESKULDIGDE: Nee, dit is nie dat ek die hof minag nie, maar ek is 'n man met hart-moeilikheid en ek wil nie dinge herhaal, aanhoudend herhaal nie. Ek het gister vir die hof duidelik gesê vandag sal ek nie bereid wees om rnet die verhoor voort te gaan nie.

HOF: Nouja, die hof hoor u duidelik. BESKULDIGDE: Die hof het sekere vrae gevra, ek het daarop geantwoord en ek was nie moedswillig om miskien of geweier om in te kom nie.

44

HOF: Is u bereid om na nog iets te luister wat die hof vir u wil sê? BESKULDIGDE: Ek wil net hoor wat is die volgende verhoordatum, as dit nie gaan oor die verhoordatum nie, wil ek nie hoor nie. HOF: Nee, ek kan nou nie dit vir u sê nie, maar wat ek vir u wel wil sê is die volgende. Dit is moontlik om hierdie verhoor in u afwesigheid voort te sit. As u u hier gedra soos wat u u nou gedra dan sal hierdie verhoor in u afwesigheid voort-gesit word, dan sal die hof nie die voor-deel hê van u getuienis nie en die hof sal nie die voordeel hê van enigiets wat u nog wil sê in hierdie saak nie. En as u skuldig bevind word aan moord of aan man-slag sal u gestraf word en u sal ingelig word waar u aangehou word wat u straf is. So kritiek en ernstig is u posisie en nou gaan u u besluit neem. As u u gedra soos u u nou gedra dan kan u wat die hof betref nou gaan en dan sal die verhoor voortgesit word in u afwesigheid. Een of ander tyd sal u verneem wat u lot is. Wil u aanwesig bly of wil u vertrek?

BESKULDIGDE: Ek wil teruggaan sel toe. HOF: Ja, goed, u kan teruggaan. Die verhoor word voortgesit in u afwesigheid.

(19)

Die verloop van die verrigtinge in hierdie saak spreek uit die opgetekende gebeure en dit is nie my bedoeling om dit op hierdie stadium in enige verdere beson-derhede toe te lig of te bespreek nie. Die

45

beskuldigde het hom nou onttrek aan die saak op die wyse en onder die omstandighede waarin dit geskied het. Dit is vir die hof sonder die minste twyfel duidelik dat hy totaal mala fide optree en dat daar geen gegronde redes is vir enige van sy stand-punte en houdings en sy uiteindelike ont-trekking aan hierdie verrigtinge nie.

In die omstandighede word die verhoor nou voortgesit."

(Volledigheidshalwe meld ek net kortliks

hoe die verhoor verder verloop het. Die Staat het

die getuienis gelei van kaptein De Bruin en 'n ander

getuie om die appellant se verklaring en die vrywil-

ligheid daarvan te bewys. Die Staatsaak is gesluit.

Die verhoorregter het kaptein De Bruin versoek om by

die appellant te verneem wat sy houding is. Die

kaptein het gerapporteer dat die appellant steeds nie

na sy verhoor wil luister nie. Die verhoorregter het

twee staatsgetuies (Du Plessis senior en Barnard)

teruggeroep vir verdere ondervraging deur die hof, en

het ook die distriksgeneesheer opgeroep om te getuig

46

oor sy bevindings tydens die lykskouing op die oorledene. Die verhoorregter het 'n uitspraak gelewer waarvolgens die hof die appellant skuldig bevind het aan moord. Die Staat het 'n getuie opgeroep om 'n lang lys vorige veroordelings van die appellant te bewys, en die verhoorregter het twee van die familielede van die appellant opgeroep om oor sy persoonlike omstandighede te getuig. Kaptein De Bruin is weereens versoek om met die appellant te praat, en hy het meegedeel dat die appellant se houding dieselfde is: hy weier om die verhoor by te woon. Uiteindelik het die verhoorregter die appel-lant ter dood veroordeel op die moord-aanklag en die vonnisse opgelê op die oorblywende aanklagte waaraan die appellant met die aanvang van die verhoor reeds skuldig bevind was, soos vroeër vermeld.)

Uit die oorkonde soos hierbo aangehaal, paragraaf (6), blyk dit dat die verhoorregter in 'n

47 vroeë stadium van die bespreking reeds besluit het dat hy nie die verhoor van die saak sou uitstel nie, en dat hy die appellant in sterk en onomwonde woorde meegedeel het dat dit sy houding is en dat die appellant sy eie verdediging sou moes waarneem indien die advokaat hom sou onttrek. Die regter se houding het deurgaans onverbiddelik gebly (sien die slotsinne van paragrawe (11), (12) en (13)), met die gevolg dat, toe die regter begin het om sy uitspraak op die aansoek om uitstel te lewer (paragraaf (18)), dit alreeds duidelik was dat 'n uitstel geweier sou word, soos dan toe ook gebeur het, blykens die slotsinne van paragrawe (18) en (19).

Dit is voorts duidelik dat die verhoor-regter van mening was dat die appellant se ontevre-denheid met sy advokaat ongegrond was. Reeds in reaksie op die appellant se aanvanklike beswaar dat die advokaat nie die vrae wou vra wat die appellant

48

wou gehad het hy moet vra nie (paragraaf (1)), het die verhoorregter laat blyk dat hy skepties staan teenoor die meriete van die beswaar (paragrawe (2) en (3)). Nadat die appellant sy beswaar verder toegelig het (paragraaf (5)), het die verhoorregter te kenne gegee dat die redes wat die appellant aangevoer het van so 'n aard was dat dit nie 'n uitstel sou regverdig nie (paragraaf (6)). Later het die verhoorregter op erg neerhalende wyse na die appel-lant se beswaar verwys (paragrawe (9) en (13)). Na my mening was die verhoorregter se beoordeling van die aard van die appellant se ontevredenheid verkeerd, om die redes wat volg.

Toe die appellant die geleentheid gegun is om sy klagtes te verduidelik (paragraaf (5)), was hy in staat om dit te doen met verwysing na 'n hele aantal spesifiek genoemde aspekte van die getuienis. Die besondere gevalle wat die appellant voorgehou het

49 van vrae wat nie gevra is nie, kan nie as 'n geheel afgeskryf word asof hulle glad niks om die lyf gehad het nie. Dit blyk dat die appellant Moraki se getuienis oor die feit dat hy en die appellant weg-geneem is vir die middagete, wou betwis, en dat hy dit vir sy advokaat gesê het, maar dat die advokaat gesê het dit is nie nodig om dit te doen nie. Die appellant was ten volle geregtig om te verwag dat sy advokaat aan Moraki sou stel in watter opsigte die appellant se getuienis van Moraki s'n sou verskil. In dié verband was die appellant se klagte dat Moraki nie gevra is oor die tyd van die aanval op hom nie, ook geregverdig. Gesien dat drie slagoffers op bykans dieselfde wyse vasgemaak is en dat net een beswyk het, kon die tyd van die aanvalle en die tyd toe die slagoffers gevind is, van belang gewees het. (Inderdaad het die verhoorregter later self perti-nente vrae daaroor gevra toe hy die Staatsgetuies Du

50

Plessis senior en Barnard laat terugroep het.) Daarbenewens is die appellant in verskeie opsigte nie gevra om sy klagtes verder op te klaar nie, waar verdere navrae wel aangewese was. So byvoorbeeld het hy gewag gemaak van die feit dat daar geen vrae deur sy advokaat aan sekere getuies gestel was nie, ver-wysende klaarblyklik na Barnard en Bekker, maar hy is nie uitgenooi om aan te dui in watter opsigte hy hulle getuienis sou betwis in sy eie getuienis nie. Die verhoorregter was nie geregtig om net te aanvaar dat hulle getuienis onbetwis gelaat sou gewees het nie. Barnard het byvoorbeeld getuig dat die klaer om sy mond en kop met 'n tou vasgebind was, wat nie strook met wat die appellant in sy verklaring gesê het nie. Die verhoorregter het toe nog nie kennis gedra van die appellant se verklaring nie, maar sonder verdere ondersoek na al die klagtes van die appellant was dit ongeregverdig om hulle as 'n geheel

51 te verwerp op die grondslag dat die appellant wou gehad het dat sy advokaat moet optree soos 'n papegaai of 'n grammofoonplaat (paragrawe (6) en (13)).

Bowendien was die vraag waaroor die verhoorregter in die eerste plek moes besin het, in ieder geval nie of die vrae wat die appellant gestel wou gehad het, streng objektief gesproke relevant was tot die geskilpunt in die saak nie (vgl paragrawe (6) en (9) ) . Die vraag was ook nie of die appellant se advokaat tekortgeskiet het aan bekwaamheid, ervaring of integriteit nie (vgl paragraaf (3)). Wat die appellant geopper het, was dat hy nie vertroue gehad het in die advokaat nie, in so 'n mate dat hy 'n ander "regsman" wou verkry om vir hom op te tree. Dit was sy standpunt uit die staanspoor (paragrawe (1) en (4)) en hy het deurgaans daarin volhard, soos ook blyk uit sy latere klagte dat die hof hom wou

52

"druk" om 'n regsman te aanvaar met wie hy nie tevrede was nie (paragraaf (14)). Die appellant se uitgesproke gebrek aan vertroue in sy advokaat het in die eerste plek geverg dat die verhoorregter oor-weging moes geskenk het aan sy subjektiewe gemoeds-toestand. Die wesenlike vraag was of die appellant se standpunt eg was of geveins. By die oorweging van daardie vraag kon die appellant se uiteensetting van die vrae wat hy gevra wou gehad het, hoogstens aangewend gewees het as gegewens waaruit moontlik afleidings gemaak kon word aangaande die appellant se motiewe.

Dit lei dan tot 'n beskouing van die verhoorregter se uiteindelike bevinding in paragraaf (19) dat die appellant "totaal mala fide" opgetree het en dat daar "geen gegronde redes is vir enige van sy standpunte en houdings" nie. In soverre die bevinding berus op die inhoud van die appellant se

53 aangevoerde besware teen die advokaat (paragraaf (5)), is ek van mening dat dit nie geregverdig is om daaruit af te lei dat die appellant se optrede mala fide was nie. Soos ek reeds probeer aantoon het, het die punte wat die appellant geopper het, direk betrekking gehad op pertinente aspekte van die gelewerde getuienis, en het ten minste sommige daarvan op goeie gronde berus. In die mate dat daar twyfel is oor die geldigheid van party van die besware, kan dit tog nie gesê word dat dit so beusel-agtig of onredelik was dat die appellant nie werklik kon geglo het dat die advokaat die saak nie behoorlik gehanteer het nie.

Afgesien van die inhoud van die appellant se klagtes, meen ek dat daar ook nie in enige ander aspekte van sy optrede voldoende gronde bestaan het om 'n afleiding van kwaaie trou te regverdig nie. Sy dreigement, vroeg reeds (paragraaf (3)), om nie die

54 verhoor by te woon nie, was 'n teken van weerbarstig-heid, maar dit was in reaksie op die voorafgaande opmerkings van die verhoorregter (paragraaf (2)), wat volgens die persepsie wat die appellant na alle waarskynlikheid (en nie sonder rede nie) daarvan gehad het, te ligtelik sy probleem met die advokaat opsy geskuif het. Dat hy so sterk gevoel het oor sy grief, beteken nie dat hy nie opreg en bona fide was nie. Die verhoorregter se opmerking dat die appel-lant obstinaat was (paragraaf (11)), verloor myns insiens uit die oog dat dit heel verstaanbaar is dat die appellant nie wou saamwerk met 'n advokaat in wie hy alreeds vertroue verloor het nie. Die regter se verdere opmerking dat die appellant net aanhou om die een probleem na die ander te opper (paragraaf (14)), was ook nie geregverdig nie. Tot in daardie stadium het die appellant, behalwe sy besware teen sy advokaat, net een ander "probleem" geopper, en dit

55 was sy ontevredenheid met die Staatsadvokaat ook. Al sou 'n mens sy houding in daardie verband as "belaglik" kon beskryf (paragraaf (11)), volg dit nog nie dat sy besware teen sy eie advokaat niks meer as 'n blote voorwendsel was nie. Ook die feit dat hy uiteindelik 'n verdere beswaar bygesleep het oor die afwesigheid van sy makker by die verhoor (paragraaf (17)), toon nie aan dat sy gebrek aan vertroue in sy advokaat onopreg was nie.

Daar is verdere gewigtige oorwegings wat in berekening gebring moet word. Die bevinding dat die appellant mala fide was, behels dat die ware motief of oogmerk van sy optrede iets anders moes gewees het as om die advokaat te laat vervang deur 'n ander advokaat. Op die oog af spreek die oorkonde egter slegs van 'n begeerte om die geleentheid gegun te word om die dienste van 'n ander advokaat te bekom (sien bv die eerste en die laaste gedeeltes van

56 paragraaf (15)). Watter ander, verskuilde bedoeling die appellant kon gehad het om 'n taktiese of ander voordeel te bereik deur 'n uitstel, kan net die onderwerp wees van bespiegeling. Na my mening word sodanige bespiegeling egter effektief uitgeskakel vanweë die appellant se optrede met die aanvang van die verhoor. Deur die pleite wat hy aangebied het en deur sy pleitverduideliking en erkennings het hy sy aandadigheid aan die misdade waarvan hy aangekla is ten volle erken, met die enkele uitsondering dat hy sy beweerde opset om die oorledene te dood in geskil geplaas het. Sy houding was die teenoorgestelde van obstruksionisme. Na my oordeel het die verhoorregter daardie belangrike feit oor die hoof gesien. Daar is in die oorkonde geen rede te vind om die verandering wat die appellant se houding gedurende die eerste oggend van die verhoor ondergaan het, aan opportunis-me toe te skryf nie. Op die waarskynlikhede is die

57 afleiding onvermydelik dat die appellant werklik ontevrede was met die wyse waarop sy advokaat die saak gevoer het.

Die verhoorregter het die appellant herhaaldelik en indringend ondervra oor die feit dat hy in die landdroshof aangedui het dat hy 'n pro Deo advokaat verlang en oor die vooruitsigte om fondse te bekom vir die aanstelling van 'n advokaat van sy keuse (paragrawe (4), (7), (8) en (15)). Ek stem met eerbied nie saam met die verhoorregter se benadering in hierdie verband nie, en ek is van oordeel dat sy kommentaar op die gebrek aan vooruitsigte dat die appellant se familie hom geldelik sou bystaan, onvanpas was (paragraaf (12)). 'n Beskuldigde wat in die landdroshof-verrigtinge versoek dat 'n pro Deo advokaat vir hom aangestel word, en wat by sy verhoor ontevrede is oor die manier waarop die advokaat die saak voer, behoort nie sonder meer gedwing te word om

58

óf voort te gaan met die gebruikmaking van die dienste van die advokaat óf self sy eie verdediging waar te neem nie. As die beskuldigde aansoek doen om uitstel ten einde die geleentheid te hê om aan 'n advokaat van sy eie keuse opdrag te gee, en as sy ontevredenheid met die pro Deo advokaat nie gesimu-leerd of onredelik is nie, behoort sy aansoek nie geweier te word tensy daar goeie rede bestaan om dit te doen nie. Die blote feit dat dit twyfelagtig is of hy wel die nodige f ondse sal bekom, is nie ' n goeie rede om die aansoek te weier nie. Ook is dit nie per se goeie redes vir weiering dat daar 'n lang lys van sake is wat wag om aan te kom, of dat die voorval wat aanleiding gegee het tot die betrokke saak 'n geruime tyd vantevore plaasgevind het, of dat 'n uitstel die hof sou ontwrig nie (paragrawe (11) en (12)). 'n Mens is terdeë bewus daarvan dat die uitstel van 'n deelsverhoorde saak, veral op rond-

59 gang, groot ongerief kan meebring vir almal wat daarby betrokke is, maar tensy daar buitengewone omstandighede aanwesig is, behoort dit nie die beskuldigde die geleentheid te ontneem om reëlings te probeer tref vir regsverteenwoordiging van sy eie keuse nie, des te meer waar sy versuim om dit vroeër te doen nie onredelik was nie en waar hy nog nie vantevore so 'n geleentheid aangevra en dit verkwis het nie (vgl die opmerkings van PAGE R in die onge-rapporteerde beslissing in S v Dladla, 2 Augustus 1982 (NPD) , wat aangehaal word in ' n artikel van J van der Berg in 1984 THRHR 447 op 453 in f ine -454).

Om die voorgaande redes is my gevolg-trekking dat die verhoorregter se welering van die appellant se aansoek om uitstel nie op wesenlike gronde berus het nie, dat hy sy diskresie in dié verband nie behoorlik uitgeoefen het nie, en dat

60 hierdie Hof gevolglik bevoeg en verplig is om in te gryp (sien bv R v Zackey 1945 AD 505 op 511; S v Seheri en Andere 1964 (1) SA 29 (A) op 33G; en S v Van Wyk en 'n Ander 1972 (1) SA 787 (A) op 794D). Dit spreek vanself, in die omstandighede van hierdie saak, dat die appellant benadeel is deur die onreël-matige weiering van 'n uitstel en dat geregtigheid daarom nie geskied het nie. Sy skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis wat hom opgelê is, moet gevolglik tersyde gestel word.

In die lig van hierdie gevolgtrekking is dit onnodig om aandag te skenk aan die ander beweerde onreëlmatigheid wat vroeër genoem is, en wat gebaseer is op die bepalings van artikels 158 en 159(1) van die strafproseswet. Ek spreek dus geen mening daar-oor uit nie.

Sowel mnr Waqener, namens die appellant, as mnr De Meillon, namens die Staat, het voorgestel dat

61 hierdie Hof moet gelas dat die appellant de novo verhoor moet word op die moord-aanklag. Alhoewel so 'n bevel nie sonder meer toegestaan sal word nie (vgl S v Seheri supra op 36E-F), is daar in die omstandig-hede van hierdie saak, anders as in S v Xaba 1983 (3) 717 (A) op 737F-738H, geen rede waarom so 'n bevel nie verleen behoort te word nie. Na my mening is dit hier gepas om uitvoering te gee aan die gesamentlike voorstel van die advokate. Ek kan egter nie mnr De Meillon se verdere versoek aanvaar dat die verhoor moet plaasvind voor 'n hof wat op dieselfde manier saamgestel is as wat die hof a quo was nie. Om voor die hand liggende redes sal dit 'n verskillend saamgestelde hof moet wees.

Ten slotte moet ter wille van duidelikheid net vermeld word dat die skuldigbevindings en die vonnisse op die oorblywende aanklagte (anders as die moord-aanklag) nie deur hierdie uitspraak geraak word

62

nie. Alhoewel die vonnisse op daardie aanklagte eers opgelê is nadat die onreelmatigheid plaasgevind het, het mnr Wagener aangedui dat die appellant nie daar-teen beswaar maak nie. In ieder geval, soos vroeër geblyk het, is daar geen appèl voor die Hof met betrekking tot daardie aanklagte nie. Daardie skuldigbevindings en vonnisse sal dus bly staan. Die bevel van die Hof is soos volg:

1. Die appèl word gehandhaaf.

  1. Die appellant se skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis wat hom opgelê is, word tersyde gestel.

  2. Dit word gelas dat die appellant de novo verhoor sal word op die aanklag van moord deur 'n hof wat anders saamgestel is.

A S BOTHA AR

HEFER AR

GOLDSTONE AR

NICHOLAS Wnd AR STEM SAAM

OLIVIER Wnd AR

▲ To the top