S v Taylor (205/1993) [1994] ZASCA 79 (27 May 1994)


LL Saak No 205/1993

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

LOUIS ENGO TAYLOR Appellant

teen

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, F H GROSSKOPF ARR et NICHOLAS

Wnd AR

VERHOORDATUM: 5 MEI 1994 LEWERINGSDATUM: 27 MEI 1994

UITSPRAAK

BOTHA AR:-

2 Die appellant is in die streekhof, Johan-nesburg, skuldig bevind op twee aanklagte van bedrog en op elke aanklag gevonnis tot 5 jaar gevangenis-straf. Die streeklanddros het gelas dat die twee vonnisse saam uitgedien sou word. Die appellant het teen die vonnisse geappelleer na die Transvaalse Provinsiale Afdeling (die hof a quo). Die appél is van die hand gewys. Voordat die appél in die hof a quo aangehoor is, het die Staat kennis gegee dat die hof a quo versoek sou word om die vonnisse te ver-swaar. Dit het die hof a quo gedoen, deur die land-dros se bevel dat die vonnisse moet saamloop, te vervang deur 'n bevel dat 2 jaar van die vonnis op die tweede aanklag sal saamloop met die vonnis op die eerste aanklag. Sodoende is die tydperk van die effektiewe gevangenisstraf wat die appellant moet ondergaan, verhoog van 5 jaar na 8 jaar. Die appel-lant is nou in hoër beroep voor hierdie hof kragtens

3 verlof wat deur die hof a quo toegestaan is.

In die uitspraak van die hof a quo, wat gelewer is deur MARAIS R (MYNHARDT R het saamgestem), is daar bevind dat die landdros met vonnisoplegging in een opsig misgetas het. Ek stem nie saam met die bevinding nie, en in soverre die hof a quo daarop staatgemaak het om teen die vonnis van die landdros in te gryp, is ek van oordeel dat die ingryping nie geregverdig was nie. Om my beskouing te verduidelik, is dit onnodig om op al die besonderhede van die oor-tredings in te gaan. Slegs enkele hooftrekke hoef vermeld te word.

Dit blyk uit die oorkonde dat die appellant met twee ander persone saamgespan het om die bedrog te pleeg wat aanleiding gegee het tot die twee aan-klagte. Hulle is mnr A Suliman en mnr R A Abrahams. Suliman is die appellant se skoonvader. Hy het aanvanklik as beskuldigde 1 saam met die appellant

4 tereggestaan op die twee aanklagte. Aan die begin van die verhoor voor die landdros het beide Suliman en die appellant onskuldig gepleit. In die loop van die aanbieding van die Staat se saak, nadat 'n aantal getuies getuig het, het die appellant sy pleit ver-ander na skuldig. 'n Skeiding van die verhoor is gelas, en die saak teen die appellant het voortge-gaan. Abrahams is een van die getuies wat getuig het voordat die appellant sy pleit verander het. Hy was ' n klerk in die diens van die Standard Bank by die bank se kantoor in Randburg. In daardie kantoor setel die beheer van die bank se rekenaarstelsel. Abrahams was een van die bank se rekenaar-operateurs.

Abrahams het getuig dat die appellant hom oorreed het om deel te neem aan 'n skema om die bank te bedrieg uit 'n bedrag van ongeveer Rl,4 miljoen. In breë trekke het die beplanning van die bedrog drie

5 stappe behels. Eers sou Suliman twee rekeninge in sy naam by die bank open, die een by 'n tak in Johannes-burg en die ander by 'n tak in Pretoria. Daarna sou Abrahams deur middel van die rekenaar geld tot die krediet van die rekeninge oorplaas. Die afgesproke bedrae was R690 000,00 ten opsigte van die Johannes-burg-rekening en R740 000,00 ten opsigte van die Pretoria-rekening. Ten slotte sou Suliman dan sy opwagting by elke tak maak en die oorgeplaaste geld onttrek.

Ter uitvoering van die komplot het Suliman die twee rekeninge geopen, in elke geval by wyse van 'n deposito van Rl 000,00. Abrahams was met die uitvoering van sy deel van die optrede net gedeelte-lik suksesvol. Toe hy die gegewens in die rekenaar ingevoer het om R740 000,00 na die Pretoria-tak oor te plaas, het hy 'n fout gemaak met Suliman se rekeningnommer. Die tak kon nie en het nie die geld

6 op die rekening gekrediteer nie. Die gevolg was dat toe Suliman die geld gaan opvra het, hy meegedeel is dat geen deposito op die rekening ontvang is nie. Abrahams se oorplasing van R690 000,00 na Suliman se Johannesburg-rekening was wel suksesvol. Maar toe Suliman daardie geld gaan opvra het, het die bank-amptenaar met wie hy gepraat het, agterdogtig geraak en, onder die voorwendsel dat die geld nog nie beskikbaar was nie, vir Suliman gevra om op die volgende dag terug te kom. Die bank se interne ouditeur, mnr McQueen, is ontbied en het ondersoek ingestel en vasgestel dat daar geen fondse beskikbaar gemaak was vir die oorplasing nie en dat dit dus ongemagtig was. Toe Suliman weer sy opwagting by die Johannesburg-tak maak, was die appellant saam met hom. McQueen het met hulle gepraat, die polisie ontbied, en hulle is albei gearresteer.

Met vonnisoplegging het die landdros 'n

7

volledige uitspraak gelewer. In die loop daarvan het

hy opgemerk dat dit moontlik gesê kan word dat

Suliman se invloed kon bygedra het daartoe dat die

appellant betrokke geraak het by die bedrogpleging.

Dit is hierdie opmerking wat die hof a quo beskou het

as 'n mistasting. Die hof a quo se beskouing was

vasgeknoop aan 'n stukkie van die getuienis wat

McQueen afgelê het. Hy het gesê dat hy, na aanlei-

ding van gesprekke wat hy gevoer het met Abrahams,

Suliman en die appellant, die indruk gekry het dat

die appellant die hoofbeplanner van die bedrog was

("the mastermind behind the whole thing"). Met

verwysing na hierdie getuienis het MARAIS R die

volgende gesê:

"The appellant, it is clear, played the important role of finding a bank employee to assist and persuading him to betray his employers. The appellant gave the instructions and orders to that employee. The rather more minor role of opening the accounts which were to receive the money was played by accused 1. That,

8

as I have indicated, was a less demanding part than that played by the appellant and the probability must be that the conclusion of Mr McQueen that the appellant was the ringleader and mastermind, is correct.

In this regard I am of the view that the learned magistrate misdirected himself when he said:

'Aan die ander kant neem die hof ook in ag die feit dat dit moontlik gesê kan word dat jou skoonvader wat jou bygestaan het in hierdie misdryf en wat klaarblyklik 'n ouer persoon van oor die 50 jaar oud was, sy invloed tot 'n mate ook kon bygedra het dat jy betrokke geraak het by hierdie misdryf.'

There seems to me to be no basis for this finding which must have mitigated the sentence imposed upon the appellant."

Na my mening regverdig die getuienis nie

die bevinding dat die appellant waarskynlik die

"ringleader and mastermind" was nie. McQueen se

getuienis verskaf geen grondslag daarvoor nie. Lees

'n mens die betrokke gedeelte van sy getuienis in die

oorkonde, dan is dit duidelik dat hy nie voorgegee

9 het dat sy indruk van die rol wat die appellant gespeel het, gebaseer was op enige objektiewe gegewens aangaande die werklike optrede van elk van die deelnemers nie, en ook nie op enige erkennings wat die appellant sou gemaak het nie (hy het trouens die skuld op Abrahams probeer pak). Dit is inteen-deel duidelik uit die wyse waarop McQueen hom uitgedruk het (byvoorbeeld: "my personal feeling . . . " ; "Mr Taylor gave me the impression . . . " ; "he seemed a person of sound mind and a very knowledge-able person") dat sy mening oor die appellant se rol berus het op bloot subjektiewe en ongestaafde indrukke en gevoelens. As sulks is sy leke-opinie-getuienis ontoelaatbaar om as die grondslag van 'n bevinding teen die appellant te dien. Die landdros het geen melding van daardie getuienis gemaak in sy andersins volledige uitspraak nie, en daaruit kan 'n mens aflei dat hy geen waarde daaraan geheg het nie.

10 Die landdros se benadering was reg. En sonder Mc-Queen se getuienis is daar niks in die oorkonde te vind wat die hof a quo se bevinding kan onderskraag nie. Die blote feit dat die appellant 'n belangrike rol in die uitvoering van die komplot gespeel het, regverdig nie die afleiding dat hy die spanleier en hoofbeplanner was nie.

Teen hierdie agtergrond is dit voorts duidelik, na my mening, dat die hof a quo veel meer in die aangehaalde passasie van die landdros se uitspraak gelees het as wat geregverdig is. Die landdros het nie bevind dat die appellant 'n onder-geskikte of onwillige rol gespeel het in die gebeure nie. Hy het selfs nie eens bevind dat Suliman die appellant beïnvloed het om te doen wat hy gedoen het ter uitvoering van die komplot nie. Al wat die landdros gedoen het, was om die hipotetiese moontlik-heid te postuleer("dat dit moontlik gesê kan word")

11

dat Suliman se invloed "kon bygedra het" dat die appellant "betrokke geraak het" by die bedrogpleging. Dit is nie 'n positiewe bevinding wat gekritiseer kan word op grond daarvan dat daar geen basis daarvoor in die getuienis was nie. Dit is slegs die vermelding van 'n blote moontlikheid wat vanself voortvloei uit die feit dat Suliman die appellant se skoonvader is en 'n man van oor die 50 jaar (die appellant was destyds 24). Die landdros kan nie verkwalik word daarvoor dat hy so 'n moontlikheid geopper het nie.

In die lig van die voorgaande kan ek ook nie saamstem met die hof a quo se standpunt dat die landdros se "bevinding" ("finding") tot gevolg moes gehad het dat hy 'n ligter vonnis opgelê het nie. Om so 'n gewigtige betekenis aan die landdros se opmerk-ing toe te dig, is om dit buite die perspektief van die uitspraak as 'n geheel te sien. In die uit-spraak, wat ek reeds beskryf het as volledig, het die

12

landdros 'n groot aantal strafverswarende en straf-versagtende faktore opgenoem, bespreek en teenoor mekaar opgeweeg, wat betrekking het op die erns van die oortredings (bv die beplanning, die groot bedrae betrokke, en so meer), die persoonlike omstandighede van die appellant (bv sy skoon rekord) , en die oog-merke van straf (bv die afskrikking van ander sonder om van die appellant 'n voorbeeld te maak). Daardie oorwegings is verreweg van groter belang, en gewig-tiger, as die opmerking waarom dit hier gaan, en die landdros het nie geskroom om in daardie opsigte sy onomwonde menings uit te spreek nie. Hy het, byvoor-beeld, pas nadat hy die gewraakte opmerking gemaak het, gesê dat, as die skema geslaag het, hy 'n "heelwat ander vonnis" sou oorweeg het. By wyse van kontras is dit opvallend in watter hipotetiese en tentatiewe terme hy die gepostuleerde moontlikheid van beïnvloeding deur Suliman ingeklee het. In die

13 samehang van die hele uitspraak is die gedagte dat 'n bykans terloopse opmerking van daardie aard 'n ver-skil sou gemaak het aan die uiteindelike resultaat, na my mening ongegrond.

Volgens welbekende beginsels sou die hof a quo geregtig gewees het om met die vonnisse van die landdros in te gryp, op grond van 'n beweerde mis-tasting, slegs as dit van so 'n aard of omvang was dat dit aandui dat die landdros sy diskresie op 'n onredelike of onbehoorlike wyse uitgeoefen het (sien bv S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op 535E-G). Na my mening is dit sekerlik nie die posisie in die huidige geval nie.

Namens die Staat is in hierdie hof aange-voer dat die hof a quo in ieder geval die vonnisse sou verswaar het, selfs al was dit nie vir die vermeende mistasting nie, op grond daarvan dat die hof a quo die landdros se vonnisse as "skokkend

14

onvanpas" beskou het. Ek stem nie saam met hierdie

uitleg van die uitspraak nie. MARAIS R het die

uitspraak afgesluit met hierdie woorde:

"To my mind the sentence imposed by the magistrate is inadequate to deter othera or to adequately punish the appellant for the crimes here committed."

Hierdie konklusie is niks meer nie as 'n stelling van

die hof a quo se eie opvatting van wat 'n gepaste

straf sou wees. Uit die voorafgaande beredenering in

die uitspraak blyk dit duidelik dat die hof a quo,

behalwe vir die bespreking van die landdros se ver-

meende mistasting, maar net dieselfde proses deurge-

gaan het as wat die landdros gedoen het, deur die

strafverswarende en strafversagtende faktore te

bespreek en teenoor mekaar op te weeg. Die hof a

quo het klem gelê op die erns van die oortredings,

die belange van die gemeenskap, en die afskrikkings-

funksie van straf. Maar die landdros het dit ook

15 gedoen. Dit was sy diskresie om te beoordeel watter waarde aan daardie oorwegings geheg moes word teenoor die strafversagtende oorwegings. Uit sy uitspraak blyk dit dat hy sy taak met deeglikheid en ewewigtig-heid uitgevoer het. Die hof a quo was nie bevoeg om bloot deur die uitoefening van 'n eie, onafhanklike diskresie sy eie oordeel in die plek te stel van die landdros s'n nie. Weereens volgens welbekende beginsels, was die hof a quo nie geregtig, in die afwesigheid van 'n mistasting van die landdros, om die vonnisse te verswaar nie, tensy dit uiteindelik bevind kon word dat die landdros sy diskresie op 'n onredelike of onbehoorlike wyse uitgeoefen het (sien bv S v Keulder 1994 (1) SASV 91 (A) op 103a-e). In die huidige geval is daar geen regverdiging vir so 'n bevinding nie.

Dit volg dus dat die appèl gehandhaaf moet word, in soverre dit betrekking het op die verswaring

16

van die appellant se vonnisse deur die hof a quo.

Wat nou oorbly vir oorweging, is die appêl in soverre dit gerig is teen die afwysing deur die hof a quo van die appél na daardie hof teen die vonnisse wat die landdros opgelê het. Dit kan in 'n paar woorde afgehandel word. Die appellant het aangevoer dat die landdros te veel klem geplaas het op sekere oorwegings (bv die oogmerk van afskrik-king), nie genoeg gewig geheg het aan sekere omstan-dighede nie (bv dat die appellant 'n eerste oortreder is), en nie genoeg aandag geskenk het aan die moont-likheid van 'n alternatiewe soort vonnis wat die appellant uit die gevangenis sou hou nie (bv 'n boete plus opgeskorte gevangenisstraf plus gemeenskaps-diens). Die appellant se vertoë moet misluk, om redes wat reeds duidelik moet wees uit wat ek hierbo gesê het omtrent die landdros se uitspraak en die uitoefening van sy diskresie. Soos die hof a quo nie

17 geregtig was om die vonnisse te verswaar nie, so is hierdie hof nie geregtig om dit te versag nie. Die bevel van die hof is soos volg:

  1. Die appél word gehandhaaf vir sover dit betrekking het op die verswaring van die appellant se vonnisse deur die hof a quo.

  2. Die appél word afgewys vir sover dit betrekking het op die vonnisse wat die landdros die appellant opgelê het.

  3. Die volgende gedeelte van die bevel

van die hof a quo word tersyde ge-

stel:

"The sentence is increased by deleting the order that the sentences on counts 1 and 2 run concurrently, and by substitut-ing the order that 2 years of the sentence on count 2 is to run concurrently with the sentence on count 1. The

18

result of that is that the appellant is sentenced to an effective 8 years of imprison-ment."

4. Die volgende gedeelte van die bevel

van die hof a quo bly van krag:

"The convictions are confirmed and the appeal against sentence is dismissed."

(Dit beteken dat die bevel van die landdros

dat die vonnis op aanklag 2 tesame met die

vonnis op aanklag 1 uitgedien word, bly

staan, met die gevolg dat die appellant se

effektiewe gevangenisstraf 5 jaar bly.)

A S BOTHA AR

F H GROSSKOPF AR

STEM SAAM

NICHOLAS Wnd AR

▲ To the top