Theron, Van Der Poel, Brink, Roos v Simonsig Landgoed en 'n Ander (125/1992) [1994] ZASCA 81 (27 Mei 1994)


SAAKNOMMER: 125/92

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

THERON, VAN DER POEL, BRINK, ROOS APPELLANT

en

SIMONSIG LANDGOED EN 'n ANDER RESPONDENTE

CORAM: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF, GOLDSTONE,

VAN DEN HEEVER et HARMS ARR

LEWERINGSDATUM: 27 MEI 1994

UITSPRAAK

2 HARMS AR

Kragtens 'n bevel van hierdie hof gedateer 22 Maart

1994 het die appellant se appèl met koste geslaag en is die

respondente se eise teen die appellante afgewys.

Geleentheid is aan die partye verleen om skriftelike betoog

in te dien oor die vraag of die kwalifiserende fooie van

drie van die appellant se getuies, t. w. menere Van der

Vyver, Bosman en Labuschaigne, toegelaat kan word al dan

nie. Die appellant was 'n firma van geoktrooieerde

rekenmeesters. Die respondente het gepoog om die appellant

vir skadevergoeding wat sou voortgevloei het uit beweerde

professionele nalatigheid, aanspreeklik te stel. Hierdie

persone was van die vennote waaruit die firma destyds

bestaan het. Hulle was dus nie alleen getuies nie maar

regtens ook mede-gedingspartye, en hulle getuienis was

nie bloot feitelik nie maar ook deskundig van aard.

Aangesien die appellant in die hof benede onsuksesvol was,

het 'n toekenning van hulle kwalifiserende fooie nie

ontstaan nie. Tydens die appèl is in die betoogshoofde van

3 die appellant om 'n bevel in dier voege gevra. Die

respondente se advokate het nie met hierdie aspek gehandel

nie en dit het ook nie tydens betoog te berde gekom nie.

Daarom dan die noodsaak vir die aanvullende betoog en

hierdie uitspraak.

In Texas Co (SA1 Ltd v Cape Town Municipality 1926 AD

467 op 488 het Innes HR die volgende gesê:

"Now costs are awarded to a successful party in order to indemnify him for the expense to which he has been put through having been unjustly compelled either to initiate or to defend litigation as the case may be. Owing to the necessary operation of taxation, such an award is seldom a complete indemnity; but that does not affect the principle on which it is based. Speaking generally, only amounts which the suitor has paid, or becomes liable to pay.

4 in connection with the due presentment of his case are recoverable as costs."

Hy het bygevoeg dat daar uitsonderings op die reël bestaan, maar het die vraag of die kwalifiserende fooie van 'n getuie wat ook 'n party is, toegeken kan word, oopgelaat (op 489). Die probleem wat in die Texas-saak te berde gekom het, was die volgende: Die verweerder (die Munisipaliteit) het van sy eie personeel as getuies gebruik en vir daardie doeleinde moes hulle hulself kwalifiseer om te kon getuig. Die verhoorhof het as koste 'n bedrag gelykstaande aan hulle salarisse vir die tydperk van voorbereiding toegeken. Bierdie bevel is op appèl ter syde gestel omdat die voorbereidingswerk nie inbreuk op die Munisipaliteit se gewone werksaamhede gemaak het nie en omdat dit nie ekstra uitgawes vir die Munisipaliteit meegebring het nie. Die feit dat die Munisipaliteit andersins van eksterne getuies gebruik sou moes maak en hulle vergoed, was ontersake omdat dit nie is wat gebeur het nie. Die werknemers het ook nie 'n aanspraak op vergoeding vir hierdie addisionele dienste gehad nie. Vgl. ook die benadering in Number Plates & Siqns (Pty) Ltd 1943 CPD 94. Wat opval is dat geverg is dat die party daadwerklik 'n addisionele uitgawe moes aangaan alvorens hy die koste kon verhaal.

In The Government v The Oceana Consolidated Co 1908 TS 43 het Smith R gepoog om die oorsprong van die

5 toekenning van kwalifiserende fooie na te speur, maar sonder veel sukses. Die aangeleentheid word tans deur die Hofreëls gereël. Reël 70(3) vorm die basis van taksasie. Daarvolgens is die doel van taksasie om die suksesvolle party "ten volle te vergoed vir alle uitqawes redelikerwyse deur hom aangegaan" en moet "al die koste en uitgawes" toegelaat word wat nodig of gepas was (my beklemtoning). Die Tarief van Gelde van Prokureurs wat deel van reël 70 vorm, bepaal onder item E6 soos volg:

"Getuienis: Billike en

redelike vorderings en

uitgawes wat volgens die

mening van die

takseermeester behoorlik

aangegaan is vir die

verkryging van getuienis en

die bywoning van getuies

wie se getuiegeld by

taksasie toegestaan is: Met

dien verstande dat die

voorbereidingsgelde van 'n

getuie nie sonder 'n bevel

van die hof of die

toestemming van alle

belanghebbende partye

toegestaan word nie." Die voorbehoudsbepaling is nie verder gekwalifiseer nie. Dit vereis bv. nie dat die betrokkene

6 moes getuig het nie (Stauffer Chemical Co & Another v Safsan Marketina & Distribution Co (Pty) Ltd & Others 1987 (2) SA 331 (A) 355C-H). Dit bepaal nie uitdruklik dat die toekenning van voorbereidingsgelde net op nie-partye van toepassing is nie. Dit is ook nie, luidens die bewoording, slegs op opinie-getuienis van toepassing nie maar teen die agtergrond van die reël moet dit waarskynlik beperkend uitgelê word (sien in hierdie verband Barratt v Barratt & Another 1966 (3) SA 364 (D); Champion v Morkel 1971 (2) SA 121 (R) 128) . In die lig van reël 70(3) moet die voorbereidingsgelde egter uit koste en uitgawes bestaan. Dit is in ooreenstemming met die uitgangspunt in die Texas-saak waarna reeds verwys is. Dit is egter, vir doeleindes van hierdie saak, nie nodig om 'n finale uitsluitsel oor die uitleg en toepassingsgebied van die reël te gee nie.

Die feit dat die regshulp toegestaan kan word, beteken egter nie dat dit toegestaan moet word nie. Dit bly diskresionêr. Dit is dan vir die party wat aansoek doen vir die toestaan van 'n spesiale bevel om die hof te oortuig dat hy op sodanige regshulp geregtig is. In 'n geval soos die huidige sou dit beteken dat die appellant inligting aan die verhoorhof moes voorgelê het waaruit dit blyk dat die vennote koste en uitgawes aangegaan het ten einde hulle vir die deskundige gedeelte van hulle getuienis voor te berei. Dit het nie gebeur nie. Dit is natuurlik anders in die geval van die gebruik van 'n buite-deskundige - in so

7 'n geval kan aanvaar word dat hy hom teen vergoeding moes voorberei.

Namens respondente is verder voorgehou dat dit ondoenlik sou'wees om, in die lig van die omstandighede van hierdie saak, voorbereidingsgelde toe te laat. Daar is betoog dat die getuies se getuienis in 'n groot mate met die feite te doen gehad het; dat die komponente van hulle getuienis wat met deskundige aspekte gehandel het, inhoudelik en tydsgewys van geringe omvang was; dat dit nie moontlik is om te onderskei tussen die tyd gespandeer aan feite-insameling en tyd gespandeer om hulle as deskundiges voor te berei nie; en dat daar nie getuienis is dat professionele fooie verbeur is a.g.v. die voorbereiding nie. Hierdie faktore is ook gewigtig en bygevolg is ek van oordeel dat die appellant nie aangetoon het dat hy geregtig is op die uitoefening van 'n diskresie in sy guns nie.

Die kwalifiserende fooie van menere Van der Vyver, Bosman en Labuschaigne word dus nie toegelaat nie.

LTC HARMS Appélregter

VAN HEERDEN AR stem saam

EM GROSSKOPF AR stem saam

GOLDSTONE AR stem saam

VAN DEN HEEVER AR stem saam

▲ To the top