S v Sello (290/1993) [1994] ZASCA 94 (30 May 1994)


Saaknommer 290/93

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

PETRUS SELLO Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, HOWIE ARR et MAHOMED Wnd AR

VERHOOR: 25 Mei 1994

GELEWER: 30 Mei 1994

U I T S P R A A K

HOWIE, AR

2

HOWIE AR,

Appellant kom kragtens art 316A van die Strafproseswet, 51 van 1977 in hoër beroep teen die doodvonnis wat in die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling aan hom opgelê is weens moord.

Die vervolging het voortgespruit uit appellant se optrede gedurende Saterdagnag 12 Desember 1992. Tussen elf- en twaalfuur het hy in 'n straat in die ou woonbuurt van Dewetsdorp ene Elsie Ntsabiseng teëgekom. Hulle het vroeër die dag in h taverne ontmoet waar 'n stryery tussen appellant en 'n seun in Elsie se geselskap plaasgevind het. Appellant was toe by die taverne aanwesig saam met h mansvriend van hom, ene Simon Kgomo. As gevolg van daardie stryery is Elsie toe weg van die taverne.

Simon het getuig dat hy en appellant vanaf

3

elfuur die oggend by die taverne was en dat hulle daarna by sy ouerhuis gedrink het.

Volgens Elsie was appellant gedrink toe sy hom die nag raakgeloop het. Tydens hierdie ontmoeting was appellant in besit van 'n skaapskêr. Hy het die opmerking gemaak dat hy haar nou gekry het en wou doodmaak. Hy het toe voortgegaan om haar h bloeiende wond met die skaapskêr in die gesig toe te dien en haar verder aan te rand met die klaarblyklike bedoeling om haar te verkrag. Sy het getuig dat hy mettertyd die skaapskêr weggegooi het en aan haar gesê het dat hy gemeenskap met haar wou hou terwyl sy bebloed was. Sy het egter ontsnap.

Nie lank daarna nie - dit is onmoontlik om die tydsverloop akkuraat te skat - gaan appellant na sy huis in die woonbuurt. Hy neem 'n lang yster tuinvurk en h kombers en stap dorp toe. Hy kom uiteindelik by die huis van die oorledene aan, 'n 65-jarige afgetrede

4

onderwyseres wat alleen gewoon het. Met behulp van die tuinvurk forseer hy die agterdeur oop en breek by die huis in met die bedoeling om te roof.

Daar tref hy die oorledene in haar nagklere aan. Hy dreig haar met die spitvurk en beveel haar om stil te bly. Hy sit toe haar 3 radio's by mekaar en beveel haar om hom in haar motor uit die dorp te neem. Hy wou nie gehad het dat mense hom sien bestuur nie. Uit vrees vir sy dreigemente stem die oorledene toe.

Hulle klim in die motor, sy nog steeds in haar nagklere en appellant met die radio's. Hy beveel haar om Botshabelo toe te ry en sy bestuur soontoe. Die vurk word in die huis agtergelaat.

Naderhand beveel hy haar om stil te hou sodat hy kan bestuur. Hulle ruil plekke om en hy bestuur toe verder. By h draai ry hy egter te vinnig. Die motor verlaat die gruispad en ry vir h kort afstand deur die

5

veld voordat hy dit weer op die pad kan kry. Intussen

slaan die oliebak hard teen h rots en olie begin om sterk

uit te lek. Kort daarna gaan staan die motor in die

middel van die pad. Die oorledene spring uit en begin

om weg te hardloop. Sy struikel en val omtrent 5 treë

van die kar. Appellant is amper onmiddellik by haar.

Hy tel toe h groot swaar klip op wat daar rondlê en gooi

dit op haar kop. Dit veroorsaak massiewe

hoofbeserings en gevolglik haar dood. Hy gaan terug na

die motor en haal h vloeibare petroleumgasbottel uit wat

agter in die motor gelê het. Met behulp van die gas voer

hy h ongeslaagde poging uit om die lyk aan die brand te

steek. Hy neem toe stappe om die motor ook aan die brand

te steek maar hierdie poging misluk ook. Laastens neem

hy die radio's en verdwyn van die toneel. Die volgende

dag verkoop hy een van die radio's en die ander verpand

hy. Met die geld ry hy met h huurmotor Kuruman toe. Op

6

Kuruman word hy gedurende Januarie 1993 gearresteer maar nie voordat hy nog twee keer by twee persele aldaar ingebreek en gesteel het nie.

In die Hof a quo is appellant, benewens die moord van die oorledene, ook skuldig bevind, eerstens, aan aanranding op Elsie met die opset om haar ernstig te beseer, en, tweedens, aan huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede. Op elkeen van die twee ander klagtes is gevangenisstraf opgelê.

Appellant het met betrekking tot die meriete getuig. Beide met betrekking tot die mate waartoe hy onder die invloed van drank op die betrokke nag verkeer het, asook wat hy alles aan die oorledene gedoen het, was hy 'n uiters onbevredigende getuie. Die Verhoorhof (Hattingh R en assessore) het nietemin die volgende versagtende faktore ten opsigte van die moord bevind: 1. Dat appellant sterk drank ingehad het maar nie

7

beskonke was nie.

  1. Dat hy nog betreklik jonk was.

  2. Dat die roof beplan was maar dat daar by daardie stadium geen sprake was van voorbedagte rade om te vermoor nie.

Wat strafverswarende faktore aanbetref het die Hof die volgende bevind ten aansien van die gebeure self, naamlik, dat die moord voortgespruit het uit 'n beplande roof; dat lg 'n aanval op 'n bejaarde, weerlose dame in haar eie huis behels het; dat die oorledene geen bedreiging vir hom ingehou het nie; dat sy met direkte opset vermoor is; dat appellant haar heeltyd aan erge angs moes onderwerp het; en dat hy haar op laaghartige en gemene wyse gedood het waar hy genoegsame geleentheid gehad het om tot besinning te kom.

Die Hof het ook appellant se vorige veroordelings as 'n strafverswarende faktor beskou. In

8

1986, op 16-jarige ouderdom, is hy houe met 'n ligte rottang opgelê ten opsigte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Drie-en-'n-half jaar later is hy 5 jaar gevangenisstraf opgelê weens verkragting; 18 maande van daardie vonnis is voorwaardelik opgeskort. Altwee daardie veroordelings hou natuurlik verband met die onderhawige reeks misdade.

Die Verhoorhof het ook ag geslaan op die feit dat appellant na die pleging van die moord skuldig bevind is aan diefstal en ook ten opsigte van die twee huisbrake op Kuruman. In al drie gevalle is hy gevangenisstraf opgelê.

Na my mening staaf die getuienis die Verhoorhof se bevindings ten aansien van strafverswarende en starfversagtende faktore ten volle.

Die vraag is egter nou of die doodvonnis na hierdie Hof se mening die enigste gepaste straf is.

9

Tydens die aanhoor van die appèl het appellant se advokaat (wat nie by die verhoor verskyn het nie en ook nie die hoofde van betoog opgestel het nie) toegegee dat appellant se neigings tot inbraak, oneerlikheid en geweldpleging hom as 'n gevaar vir die gemeenskap bestempel en dat daar dus slegs een ander moontlike gepaste vonnis was, dit wil sê lewenslange gevangenisstraf. Daardie toegewing is volkome tereg gemaak.

As mens die aandag alleen op die moord vestig -die omstandighede daarvan wat aanleiding daartoe gegee het en hoe dit gepleeg is - ly dit geen twyfel nie dat die opgelegde straf 'n gepaste straf is. Maar die aard en omstandighede van die misdryf vorm natuurlik net 'n gedeelte van die geheelbeeld wat in ag geneem moet word by beantwoording van die vraag of die doodstraf die enigste gepaste straf is.

Wat myns insiens van kardinale belang is in die

10

onderhawige geval is om deeglik aandag te skenk aan die rol wat drank gespeel het en wanneer die bedoeling om te dood gevorm moes gewees het. Dit spreek vanself dat 'n mens in hierdie verband op afleidings moet staat maak en boonop die saak moet beoordeel, nie net op die feite wat bo redelike twyfel bewys is nie, maar ook op redelike moontlikhede wat nie uitgeskakel is nie en wat derhalwe as feite aanvaar moet word.

Volgens die patoloog wat die lykskouing uitgevoer het, was daar afgesien van die dodelike hoofbeserings, h opgerolde stoflap deels geknoop om die oorledene se nek onderliggend waaraan daar imprimeringsmerke en kneusings van die keelvel was. Hierdie was aanduidend daarvan dat meer as een wurgaksie met die hande uitgevoer was en ook dat die stoflap as 'n ligatuur gebruik is. Ook aanwesig was punksiewonde van die bors en linkerskouergebied wat nie anders veroorsaak

11

kon gewees het nie as met die tuinvurk. Die punksiewonde het egter nie diep gepenetreer nie.

Van die feit dat die spitvurk in die oorledene

se huis gevind is, moet noodwendig afgelei word dat die

punksiewonde ten tye van die roof toegedien is en nie

tydens die moord nie. Die oënskynlike rede waarom

daardie wonde toegedien is, is dat appellant daar besig

was om die oorledene te terroriseer. Hy kon haar daar

en dan met die spitvurk van kant gemaak het as hy wou.

Aan die ander kant wou hy klaarblyklik met die buit wegkom

en vir daardie doel was dit nodig dat die oorledene in

staat was om te bestuur. Hoe dit ook al sy, dit is

onmoontlik om te bevind, as die enigste redelike afleiding

uit die punksiebeserings dat die bedoeling om te dood

reeds voor die vertrek van die huis gevorm is. Dieselfde

geld wat die implikasies van die stoflap betref d w s

indien die nekbeserings by die huis toegedien is.

12

Appellant kon die stof lap in die huis gebruik het in h poging om te verhoed dat die oorledene om hulp roep en dit kon maar om haar nek gebly het tydens die voertuigrit. Dit blyk onwaarskynlik te wees dat hy dit saamgeneem het in die motor met die oogmerk om dit later te gebruik. Boonop is daar niks wat aandui dat daar voldoende geleentheid was, nadat die voertuig gaan staan het, vir appellant om die stoflap om die oorledene se nek te sit voordat sy probeer het om te. ontsnap. En indien hy dit gebruik het net oomblikke voordat hy die oorledene met die klip aangeval het dan was die verwurging alles deel van die laaste dodelike aanranding.

Tot sover dus bied die lykskouings-bevindings geen steun vir die afleiding dat die bedoeling om te vermoor gevorm is voordat die oorledene probeer het om weg te hardloop nie.

Sover dit ander aspekte van die saak aangaan,

13

was dit appellant se getuienis, vir wat dit werd was, dat hy by Botshabelo of elders van die kar sou afklim en dat die oorledene van daar af sou kon terugry na haar huis toe. Wat meer waarskynlik is, indien appellant enigsins daardie nag tot heldere denke in staat was, was dat hy vir haar op 'n verlate plek kon laat afklim het en self die kar behou het om sodoende van haar af weg te kom. Hy kon dan op 'n veilige afstand die kar geabandonneer het en hom verder uit die voete gemaak het. Dit was derhalwe nie nodig om haar dood te maak om sy eie vryheid te verseker nie.

Daar moet voorts onthou word dat die plek waar die moord plaasgevind het baie naby aan Botshabelo was. Dit was immers sy bestemming. Dit blyk onwaarskynlik te wees dat appellant kon beplan het om die oorledene daar dood te maak waar daar mense was en hy moontlik gesien kon word. Hy kon per slot van rekening haar vroeër by 'n

14

eensame plek langs die pad doodgemaak het en daarna weggery het. Dit het hy nie gedoen nie. Presies daardie geleentheid het hom voorgedoen toe hulle sitplekke geruil het.

Gepaardgaande met die voorgaande oorwegings is die aanvaarbare getuienis van Elsie dat op 'n stadium wat, as 'n redelike moontlikheid nie lank voor die roof was nie, appellant gedrink was. Weliswaar was hy volgens haar nie slingerend nie maar dit laat steeds die moontlikheid oop dat hy nietemin tot so 'n mate deur drank geaffekteer was dat hy geen inhibisies meer gehad het nie en dat hy lus gevoel het, of ten minste bereid was, om op te tree soos hy nie sou opgetree het as hy nugter was nie. Die aanval op Elsie, gesien teen die agtergrond van die dag se drinkery, lyk beslis soos die optrede van 'n persoon wat nadelig deur drank aangetas is. Mens dink veral aan sy begeerte om gemeenskap te hê terwyl sy so bebloed was.

15

Die feit dat hy betreklik kort daarna dorp toe gestap het om roof te pleeg lyk alles behalwe konsekwent en rasioneel; amper asof hy gereken het dat as hy nie vir Elsie kon verkrag nie, hy eenvoudig dan by iemand sou gaan inbreek.

Ek verloor nie uit die oog nie dat hy nogtans besef het dat dit gevaarlik vir hom sou wees as mense sien dat hy die oorledene se motor bestuur, maar daar is voldoende aanduidings, selfs voordat hulle weggery het, dat appellánt se optrede deur drankinname beïnvloed is.

Wat betref die rit Botshabelo toe, is dit wel een afleiding dat appellant reeds die bedoeling gehad het om die oorledene dood te maak voordat hy in die motor geklim het. Aan die ander kant is dit ewe moontlik dat hy net wou wegkom en weens sy drankinname nog glad nie aandag bestee het aan wat van die oorledene sou word nie. Dit is van belang dat die motor weens meganiese redes gaan

16

staan het. Dit was nie sy plan om daar stil te hou nie. En die oorledene se poging om weg te hardloop kon hom onverhoeds betrap het. Indien dlt wel die geval was - en die redelike moontlikheid daarvan kan myns insiens nie uitgeskakel word nie - sou sy reaksie om haar agterna te sit en met die klip aan te val op die ingewing van die oomblik gewees het en glad nie voorbedag nie.

Dit volg na my mening dat die saak beoordeel moet word op die basis dat daar 'n kousale verband was tussen appellant se drankinname en sy misdadige optrede op die betrokke nag; dat voordat die motor gaan staan het hy tot geen besluit gekom het wat hy met die oorledene sou doen nie; en dat dit eers toe sy weggehardloop en gestruikel het dat hy die bedoeling gevorm het om haar dood te maak.

Op daardie grondslag moet dit duidelik wees dat, hoewel die moord van die oorledene 'n skokkende,

17.

afgryslike en verderflike misdryf was, die saak as geheel nie vergeiykbaar is met die posisie wat sou geheers het indien presies dieselfde moord gepleeg sou gewees het deur 'n nugter oortreder wat die moord vooraf beplan het nie. In lg geval sou daar min indien enige rede gewees het om nie die doodvonnis as die enigste gepaste straf te beskou nie.

Na ernstige oorweging van al die feite meen ek dat lewenslange gevangenisstraf ook 'n gepaste straf is en dat om daardie rede die uiterste vonnis nie die enigste gepaste straf is nie.

Daar is geen suggestie dat appellant 'n gevaar vir sy mede-gevangenes of die gevangnispersoneel sou wees nie.

18

Bygevolg slaag die appèl. Die doodvonnis op aanklag 4 word ter syde gestel en in die plek daarvan word lewenslange gevangenisstraf opgelê.

C T HOWIE AR

Hefer AR)

Mahomed Wnd AR) Stem saam

▲ To the top